
Hier is al die inskrywings vir Week 3. Skryf nou in vir Week 4!
Kompetisiebesonderhede:
Anton De Bruin
Dampies en doppe word nou swaar belas
My cilla by Spur rook ek in ʼn glaskas
ˮSmoking can kill you!ˮ
Te duur word daai gin-proe
Maar ʼPhosa lag breed oor die staatskas.
Suzette van der Merwe
En daar kry ons toe vir Ramaphosa
ʼn Venda is hy, nie ʼn Xhosa
Maar wat gee hy om
as die stemdag nou kom
Vir hom sal hul stem – wat ʼn trauma
Jade L. Mc Menamin
Kwaksalwery
Die kondoom om die nek van die kroek
laat die comrades hul kop krap en vloek:
Eish, die muti is sterk
en die dolos hy werk,
maar Tokʼlosh is nog lós in sy broek!
Jannie Smith
Oplaas die begrotingsrede van Mnr. Mboweni,
(Aggenee man, Tito, is ons beursies nie al lankal pê nie?)
Hy skenk nog miljarde vir Eskom se blapse,
Deel uit aan petrol, brannas en skywe nog rapse,
Sal ek nie maar die vrou se kredietkaart ˮverlêˮ nie?
Ignatius Barnardt
Dertig silwer tenders die prys:
nouʼs ek met die Duiwel gekys.
Ek weet ekʼs ʼn dief,
maar help my, ʼseblief!
8 Mei staan my naam op die lys.
Pieter Verster
’n Sekere ou koop toe mos ʼn uitgevrete buffel,
maar nou wil hy ons sommer dadelik karnuffel.
Gee my nou gou-gou jou plaas,
waarheen almal hulle kan haas,
en al my buffels heerlik kan knuffel en snuffel.
Jaco Groenewald
Eleventy-seven gemis
Leermeester Zuma is weggevat
Lesse soos om met Lifebuoy te bad
Ek mis sy gedans
Ag gee hom weer kans
Want Cyril is ʼn kramp in my gat
Brenda Meiring
Die lewe is maar swaar as president
Op die wêreld se grootste kontinent.
Kritiek oor die stortkop,
Die giggel, die tel-flop,
My Dubai-pêlle aan almal bekend.
Leandri Engelbrecht
Rietskraal kinders, kaalvoet-krom
hul klere bakhand verruil vir gom.
Rama-wat nou weer? Jou vrinne se slenters,
jou vlag verraai, jou land is flenters.
Deurmekaar, en op sy kop, onomkeerbaar andersom.
Hein Viljoen
Begroting
Ons seergeagte finansminister Mboweni
meen soos ʼn aalwyn moet ons nie gaan lê nie
al raps hy ons met sondetaks
las weer vir Eskom vervlaks
al wil ons gʼn bitter of soet by ons brannas hê nie
Marieta McGrath
Die landsleier sê ʼn tablet
Sal leerders van domgeit kan red
As elkeen een kry
Kan hul net soos hy
Dit lees op die skoolputtoilet
Marietjie Stoop-Hosking
Bafana Manana
Adjunk-Minister Manana
het ʼn vrou opgevoed by Cubana
Bruin, wit en swart
skree: ”Wie slaan ha’ so hard!”
Van toe af heet hy net “Ana”.
Paula Zeeman
Ou Cyril het vinnig gesnap
Om die eier-riel lekker te trap.
Gooi sy steps met ʼn smile,
Hou die beat vir ʼn while.
Waar dit jeuk, kan hy net nie nou krap.
Louis L.S.J. Krüger
Rooi beret vir hom
Vet mannetjie daar uit die Noord
spreek maar altyd dieselfde woord:
hy gaan alles kry
om heerlik te bly
oor armes is hy ongestoord
Marius Botha
Eskom
Evkom word toe Eskom voorwaar
toe kom kul jou hier, kul jou daar
so vloei geld heen en weer –
krap gou my rug vir nog ʼn bietjie meer
hou net jou bek, want ons sorg mos vir mekaar
Marlize Drinkwater
Geagte meneer Ramaphosa
was nie ʼn Zoeloe of Xhosa
Hy werk lat dit bars
maar almal trek dwars
Moet ons eintlik net sê ˮwhosa?ˮ
Hannetjie Taljaard
Zuma het bedank as ons leier,
hy kon nie die burgers meer weier.
Sy tassies gepak –
weer die knoop deurgehaak,
regeer nou van agter die sluier.
Plasticboer
Tri-Camera
Kamerade se dade, juis of onjuis,
Word per kommissie op tie-wie gewys.
Met meer take en funksies
As die Raad van Provinsies
Word bejaarde regters ons Derde Huis.
Ilna Stander
Die siele in ons parlement
wys vinger, lag, lieg insolvent.
Die reg gatoorkop.
Verneuk, omgedop.
Blink botter aan elkʼ agterent.
Jacqueline de Klerk
Ons praat politiek
Ons president Ramaphosa
Ken al elf tale, tot Xhosa.
Die Rooies ken kef
Wil die res op-EFF
In sy tjops is debatte se prosa.
Maricel Botha
Die potholes bespikkel ons paaie
Ry deur of ry om hulle draaie
Want Supra en Ace
Deel die Nobelprys
Vir: Grootste Verkeerspanieksaaier
Stephen Thompson
Daar sluip ʼn gees rond in Afrika
Wat die goed van mens nie verdra
Nagtelik voed dit wortels van selfsugtigheid
Wat arrogansie verhef na ʼn saligheid
Afrika Politiek, Wet, Social, is die gees se grootste welslae.
Thys Nywerheid
Hy sit heeldag op Facebook en kla oor sy lot
Hy is die gunsteling seun van ʼn spierwit god
maar in die ˮgoeie ou daeˮ
het hy net so gekla
In sy sewe slaapkamer Waterkloof krot.
Georgina Miles
Politiek is ʼn hengse debakel
Almal maak ʼn groot spektakel
Helen Zelle is vodde
ANC moet jy nie bodder
Dit maak my skoon kapabel
Cordier de Beer
Klippe Kou
Malema jou tong is mos los –
so sê wena, wa’ kry jy kos?
Uit die hand wat jy byt
van die boer? (tot jou spyt)
of Kentakkie uit die VBS fonds?
Zerelda Esterhuizen
SA se torings van Babel
maak ons net miserabel
die land is verpand
Cyril se koppie is innie sand
Stuur ons net iemand kapabel!
Louise van Eeden
Kragteloos
Die krag is weer af in die nag,
Daarʼs werk in die huis wat nog wag.
Trek nader ʼn kers
en skryf maar ʼn vers
oor kragteloos voel teen die Mag.
Karen Louw
Plaas
Julius wou ’n plaas gaan t’rugsteel
boer is maklik, dit vra mos nie veel –
leer kla steen en been
die bank gee nie, hy leen
om pap te laat reën, kos sakke meel
Marinette Coertzen
Daai narre oppie podium waar ligte skyn
Gee al ons stemmers ʼn moerse hoofpyn
Skeer ons vir ʼn gek
Hou eerder jou bek
Swart duim virrie beste harlekyn
Marna van den Berg
Kragkaskenades van Eskom
Laat sirkus se meester nou grom
Sy tande wat kners
ʼn Verdomde kers?!
Die soustreinstem val deur die drom!!!
Sanet van Tonder
ʼn Jong man met ʼn rooi beret
wil met die ou geel hemde baklei.
Hy sing en raas,
hy skuim en blaas,
maar wil ook op die soustrein ry.
Herman Jonker
Die kleurkwessie
geel is vir steel en groen vir miljoen
Antie Pat kies vir haar hemp lemoen
rooi is rassisties
en blou optimisties
jou stem het nog steeds met kleur te doen
Jeff Baxter
Daar was ʼn leeu van die weste
Met vegvernuf allerbeste
Op ʼn dag by langlaagte
Het ʼn Lemetfort-koeël met graagte
Einde gemaak aan ons beste
Sonja Saaiman
Daar was eens ʼn man ʼnaamd Aggrizzi
Wat sing voor die Zondo-kommissie
Nou is hy stil
Oor die lot wat so kul
Want hy wil nie ʼn klikkiebek weesʼie
Isolet Jansen
Narsisme
Politici het ʼn mandaat,
al het party nie ʼn (rug)graad(t),
om na kiesers te vry
wil elk die meeste mag kry,
hul is ieder en elk ʼn vraat!
Margaret de Beer
In koninklike kamers gepas
lê kunsskatte diep in ʼn kas
Deliss het gesê
koloniste wil hê,
Alles moet bly soos dit was.
Santi Kruger
ʼn Sekere nar van Suid-Afrika
Wat ʼn rooi pakkie dra
Gorrel en vuisswaai
Maak ʼn groot lawaai
In die Parlement wil hy ook kla
Christa du Plessis
Tante Helen
Ons tant Helen, ʼn vrou uit een stuk
Wat als in die Kaap so kon regruk
Sy twiet waarlik feit
Toe smyt hul haar uit
En daar draai die DA se geluk!
Sunita Keyser
Parlement
Dié plek is waar staatsmanne sit
Genoem word die agbare lid
Maar is net ’n horde
Altoos roep tot orde
Om ons nie ’n oor aan te sit
Igna Smit
Die land wat altyd brand
Suid-Afrika wat altyd brand
Dis nasionale sport van land
Krap iets hier erg jou gat
Loop toyi-toyi in daai pad
Niks meer anni kant, net puin in sand
Coyla Kock
Van Hunks se Tafeldoek
Almal het geskree hiep-hiep-hoera
Vorentoe Ramaphosa
Totdat hulle kliek
Duiwel-jy-kennie-paniek
Is ietsie wat lelik kan pla
Koot Pieterse
Uit ʼn need’rige Nkandla-krot
het Zuma, heel soetjies en bot
sy vroue, bywywe,
sy land se bedrywe,
gehamer, gespyker, die lot
Beverley le Grange
Ry of bly
Politieke melktrein wil hy ry
Geldwassery sal op lysie bly
Wysie van kruisie
Melk elke huisie
Terrein vol pluisies is wat oorbly
Eunice Basson
Pravin Gordhan moet fyn kalibreer
want ons staatskas is nie gesentreer
sy optel en aftrek en deel
mag hom nou allermins verveel
want ons geld weeg ligter as ’n veer


Kommentaar
Kan ou nog inskryf vir die limmerieke kompetisie
Ja, een inskrywing per persoon vir die duur van die kompetisie, wat oor 10 weke strek.
Stuur ek die rympie net per epos of is daar n spesifieke inskrywingsvorm ? Hoe maak ek om in te skryf ?
Hallo Duifie - lees alles oor die kompetisie, reëls en wenke hier: https://www.litnet.co.za/politieklimeriek/. Skryf in deur jou limeriek per e-pos te stuur na: politieklimeriek@litnet.co.za.