Hier is al die inskrywings vir Week 10. Die wenner word Woensdag aangekondig. Die kompetisie is nou gesluit – dankie vir almal wat deelgeneem het! Die algehele wenner word op 26 April aangekondig.
Lorentza Barnard
Cyril wil die jeug aan ʼn boom vas tou
Als mooi praatjies om ons hier te hou
Mmusi praat van koalisie
Andile preek sy pikswart visie
Vra ek met melkwit vel, waarheen dan nou?
Marinta Skupin
Towerkrag van die teater
Al vergapende aan hierdie skouspel
Word ons meegevoer, ons vloek en skel
Muurbou Brexit blok dit!
Sit die krag aan fokkit
Sjjj ... Daar staan ons rot en kaal toe die gordyn weer vel
Vera Swart
Met verkiesing op pad
Raak die tonge baie glad
Maar voordat jy vergeet
Moet jy altyd net weet
Stem liewer vir name sonder blad
Ronel Ries
Staan jy in die regte skoene
Kwalifiseer jy vir Bosasa-miljoene
Maar gekke soos ek
Wat die rande moet rek
Kan maʼ vergeet van sulke visioene
Cornelia van Coller
Die 10% kontrak
ʼn Man, ene Eisj Magashule
Sê hy is gʼn niemand se foolʼie
Die tien persent per kontrak
Bring kleingeld in sy gatsak
En boonop sonder ʼn geboelie
Hannes Barnard
Koning kla: Alles lyk soos ʼn balk
Hulle gil: Dis die skuld van die valk!
Sy oog het ʼn splinter
Werp dit in die winter
Maar steeds lyk alles soos ’n balk?
Comari Lategan-Schoeman
Ons oud-president spaar sy kragte
Vir aksie in pikdonkernagte
Hy maak graag beloftes
Selfs soms onbeskoftes
En lag dan oor minnares-klagtes
Lydia van Rooyen
Politiek polemiek, die krag is af
Wie gaan die verkiesing kafdraf
Leuens en beloftes word nooit gehou
En nes dit verby is, sien jy als vou
Al die manifestoʼs net skoon laf
André Louw
Max het jou werklikwaar weer ʼn eie koerant
Malema skree: “Gee terug die land”
Steve sing vir Amanda
Almal huil oor Rwanda
En my vrou maak huis aan die kant
Klaas van Wyk
Padvarke ..?
Die sprokie van Tito en die Tolle
Bring SANRAL tot can-can kaperjolle
Solly dans voor by die vreugdevlam
Wat bewys e-Tol is ʼn leë pram
En ons paaie die wenakker vir grawende molle
Gielie Hoffmann
Onse Cyril gee dit graag horings
Glimlaggend by belhamels, magnate en konings
Ek wonder wat hom kielie
Of voel hy net ʼn mielie
Terwyl hy waai uit sy ivoortorings
Driekie Grobler
Haal nou jou vingers uit die kas
Want jy dra by tot die land se las
Ek waarsku jou, ou pêl
Jou dae is reeds getel
Trek die skoen aan as dit jou pas
Barend Visser
ʼn Land nog al die tyd in rep en roer,
gevaarlikste “job” op aarde om hier te boer.
ʼn Getwis, gestry, wie was eerste hier?
Dit gaan so aan, dag vir dag, uur na uur.
Swart, wit. Wit, swart. Wat kies jy, broer?
Sasha Botha
Daar is agt-en-veertig partye
Soos ʼn spyskaart met lekkernye
As jy bestel by ˮKFCˮ
maar hulle het nie hoenderstukkies nie
Hoekom staan mens dan in die lang rye?
Chrisjolet Nieuwenhuizen
Eskom die kragreus is gatetsie
Raymond lei die Zondo-kommissie
Die steenkool is vrot
Die Guptas is vort
Dis beurtkrag vir ons by ʼn kersie
Annette Laten
ʼn Ou kameraad Pravin
Het amper sy gat gesien
Nou spaar hy elke kriesel
En spandeer dit op diesel
Dat die volk weer die lig kan sien
Gerhard Scheepers
’n Minister van Education
Het hier ʼn lelike ding begin
Vryheid van spraak se moe*
Twiet Ta Steve ʼn af Boe!
Wie kuns mag sing sal die staat besin


Kommentaar
Dankie vir al jul moeite by Litnet en vir digters oral.
Wat van 'n limeriek oor iets soos kuns besoedeling en lug of beweegruimte (as julle wil) besoedeling en taal daarby doen maar meer spesifiek oor 'n sekere lokale motormaatskappy wie afhangend is van 'n Oosterse eiland nasie vir sy bestaan, 'n nasie wie eeue lank al uiters kunstig is en baie, baie sterk oor eie kultuur voel, en daarvoor rotsvas staan? Al gehoor van Japan?
Hulle het ook briljante motoringenieurs.
Dankie vir al julle moeite by LitNet hiermee, en digters oral.
Wat van 'n limeriek oor drake, kuns besoedeling, beweegruimte en Japan-kunstenaars soos min deur baie eeue heen, motoringenieurs om maar net van te droom of miskien in te voer en 'n liefde en respek vir eie kultuur soos min met die selfrespek by om daarvoor op te staan en taal?