Skryfkompetisie: 67-woord-gedig vir Mandela-dag 2018

  • 0

Vanjaar word die 100ste herdenking van Nelson Mandela se geboortedag gevier.

In die lig van Mandela-dag op 18 Julie nooi LitNet jou om ’n gedig van 67 woorde te skryf. Jy mag oor enige onderwerp skryf, solank die woordtelling 67 is.

Nelson Mandela het hom vir 67 jaar toegewy aan sosiale geregtigheid. In die gees van Mandela-dag word Suid-Afrikaners aangemoedig om 67 minute van hul tyd op te offer en iets te doen wat tot voordeel van ander is.

Reëls:

  • Slegs een inskrywing per persoon
  • Jou inskrywing moet in die vorm van ’n gedig wees.
  • Die gedig se titel vorm nie deel van die 67 woorde nie.
  • Let wel: Weens proeflees en redigering kan die woordtelling van jou gedig verander in die weergawe wat op LitNet gepubliseer word. Die inskrywing wat ons ontvang moet egter presies 67 woorde lank wees om vir die prys te kwalifiseer.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Deur in te skryf gee jy toestemming dat jy ingeteken word op LitNet se nuusbrief, wat jy een keer per week per e-pos sal ontvang. Jy kan enige tyd uitteken.
  • Jou inskrywing mag in enige van Suid-Afrika se amptelike tale wees.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die sluitingsdatum is 31 Julie.

Hoe om in te skryf:

Stuur ’n e-pos na 67woorde@litnet.co.za wat die volgende bevat:

  • Jou naam en van
  • Jou posadres en telefoonnommer
  • Jou skryfstuk (in die e-pos self of in ’n afsonderlike Word-dokument aangeheg).

Pryse

Jy kan een van twee boekpakkies wen met die volgende boeke wat deur LAPA-Uitgewers, Penguin Random House,  NB-Uitgewers en Protea Boekhuis geskenk sal word:

Boekpakkie 1

Mentje, kind van Pas-Opkamp 
Skrywer: Irma Joubert

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799385939

Sy is so verskriklik eensaam. So verskriklik bang. Haar hart is verskriklik stukkend. Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, beleef die Tweede Wêreldoorlog in al sy genadeloosheid. Eers moet sy onderduik in ’n geheime kamp vol Joodse vlugtelinge, en daarna beleef sy die hel wat die tyd net voor die bevryding voorafgaan, wanneer Britse troepe gestuur word om ’n brug in Arnhem oor te neem.

In hierdie bloedige slag word ’n Suid-Afrikaner, wat deel is van die Britse Leër, gewond en die jonge Mentje red sy lewe. Maar wat word van die wesie? Hoe oorleef ’n alleenkind gedurende die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945?

Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort. Soos gewoonlik is haar navorsing puik.

Die Pas-opkamp het werklik bestaan. Foto’s is op die internet beskikbaar.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Mentje, kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert


South African can work
Skrywer: Frans Rautenbach
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776092406

What will it take to turn South Africa around? In this insightful and provocative book, Frans Rautenbach proposes a complete overhaul of policy thinking, and provides fresh arguments that effectively address South Africa’s unemployment, race problems and lack of education. He weighs the pros and cons of rent-seeking, the free market, affirmative action, unions, decentralisation and other issues, and in doing so tackles such contentious topics as racism and white privilege, political correctness, state funding of education, and mounting evidence that trade unions substantially suppress employment growth.

In South Africa Can Work, Rautenbach argues, for example, that the only antidote to foster growth and prosperity is free enterprise, which has, significantly, not been tried here; that tripartite, corporatist negotiations to manage the economy of a country (as in the Netherlands, Sweden or Germany) have invariably failed in multi-ethnic societies like South Africa; and that countries – whether rich, middle income or poor – where the bulk of university funding comes from the private sector not only have higher-quality, but also significantly more accessible, tertiary education.

Written by a labour lawyer with a proven track record in his field, South Africa Can Work speaks effectively to a cross-section of readers of all disciplines, and brings sorely needed good news.

South Africa can work: ’n onderhoud met Frans Rautenbach


Kat se blad
Skrywer: Philip de Vos
Illustreerder: Piet Grobler

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485308065

’n Versameling stuitige strokies deur Philip de Vos en Piet Grobler wat die wildste, stoutste verwagtinge oortref. Dit het oorspronklik telkens op De Kat se agterblad verskyn. Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Piet Grobler is ’n bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geïllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen.


Hello, Crochet
Skrywers: Anisa Fielding, Cornel Strydom en Elsbeth Eksteen

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798174022

In this unusual crochet book, each pattern is used as a base for four different interpretations, depending on your style – bohemian, artistic, classic or romantic. The patterns range in difficulty, and include pretty things for yourself, your home, babies and children, and for use as gifts. There are also suggestions for using the same pattern for more than one project. The perfect book for anyone who loves to crochet.


Die laksman se dogter
Skrywer: Gerda Taljaard

Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781485903666

Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie.

Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sê nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria.

Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het.

Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie.

Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?

Die laksman se dogter: ’n onderhoud met Gerda Taljaard


Maalvleis
Skrywer: Karen Hart
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798175692

In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy ’n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en ’n groot verskeidenheid burgers. Met ’n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.

Maalvleis deur Karen Hart: ’n onderhoud


Liewe Heksie en die helikopter
Skrywer: Verna Vels
Illustreerder: Vian Oelofsen
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798177146

Karel Kat kom kuier in Blommeland met sy nuwe helikopter. Almal kry ’n kans om saam te ry - selfs koning Rosekrans. Maar sal Liewe Heksie kan help wanneer Karel en die koning per ongeluk in groot moeilikheid beland?

Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2- tot 4-jariges.


Kleurkels Kunswerke
Skrywer: Thomas Pavitte
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798173896

Ontdek van die grootste kunswerke met hierdie kopkrap-inkleurboek. Alhoewel dit soos ’n spul sirkels lyk, skuil daar op elke bladsy ’n meesterstuk wat wag om onthul te word. Dit sluit bekende kunswerke soos Die soen en Die Venus van Milo in. Besluit net op vyf kleure of kleurskakerings en begin inkleur. Jy gaan ure se inkleurpret hê en boonop die bladsy kan uitskeur om as geskenk vir ’n vriendin te gee of dit vir jou huis te raam. Siedaar, jy het jou eie meesterstuk geskep!


’n 1 000 punte-tot-prente-boek: Diere
Skrywer: Thomas Pavitte
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798173902

Onthou jy nog daardie punte-tot-prente-tekeninge van kleintyd? Herontdek vandag weer hierdie lekker. Verbind die punte, wat in groepe van honderd verdeel is, elk met ’n ander kleur, sodat jy maklik die volgende punt kan kry. Jy het ’n halfuur tot ’n uur per skets nodig asook ’n bietjie konsentrasie en geduld. Die eindresultaat: ’n diereprent wat jy met trots kan raam en jou boonop ure se pret verskaf het. Punte-tot-prente-tekeninge het duidelik hul kinderskoene ontgroei!


Boekpakkie 2

Being Kari
Skrywer: Qarnita Loxton
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708015

For Kari du Toit, Valentine's Day will never be the same again.

When the love of her life reveals he's been unfaithful to her, life, romance, and everything in-between come crashing down. Suddenly it seems as if her previous life – one far removed from Bloubergstrand's sandy beaches – is slowly catching up with her. But then after ten years of silence, Kari receives a call from her estranged brother.

At the foot of Devil’s Peak, where neighbourly salaams and burkas are as ordinary as yellow polka-dot bikinis in Blouberg, she once again becomes Karima Essop, daughter of Amina and Farouk Essop. Daughter, sister, deserter.

For Kari, sometimes finding love means going back to where you came from.

Being Kari: an interview with Qarnita Loxton


Op pad
Skrywer: Dana Snyman
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624077176

Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met ’n optelhond – en met ’n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.

Op pad deur Dana Snyman: ’n lesersindruk


foodSTUFF: Reflections & Recipes from a Celebrated Foodie
Skrywer: Tony Jackman
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798172899

foodSTUFF is Tony Jackman’s refreshingly view of life and the food that goes with it.

He relates every heartache, every joy, and does not shy away from imparting the pain of the loss of a family member or his troubled relationship with his father. The stories of his journey towards adulthood are counterbalanced by rich tales from his life.

foodSTUFF has many meaty recipes, spicy poultry dishes, some of Jackman’s eccentric signature dishes, and desserts he likes to spoil his friends with.


The Baking Book
Your Family
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798171861

The Baking Book includes old favourites and fabulous new ones.

The recipes range from breads, cookie jar fillers, cakes and tarts to fruity bakes, traditional South African favourites and pastries. And it also caters for the health-conscious with recipes for gluten-free bakes and low-sugar options.

Whether you are baking for pleasure or need to take something to work, you’re sure to find the perfect recipe here! 


Deeg
Skrywer: Theresa de Vries
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798172714

Die enigste boek oor deeg wat jy ooit nodig sal kry.

Alle soorte deeg om terte of pasteie te maak word bespreek – broskors-, blaarkors, skilferkors, warmwaterkors-, fillo- en strudeldeeg, ook die gewilde Marokkaanse ouarkdeeg. Leer al die fyner kunsies van deeg: bestanddele, toerusting, basiese beginsels, asook die algemene foute wat by deeg kan voorkom en die oorsake word bespreek.

Word ’n bobaas bakker!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top