
Foto: Niklas Ohlrogge op Unsplash
LitNet publiseer al baie jare lank skolevraestelle in ons skoleafdeling. Dit is lekker om in die hartjie van die wintereksamen as ’t ware ’n ruiker van dankwoorde te ontvang. Ons plaas ’n dankie-brief wat spontaan by ons opgedaag het hier onder en wens die leerders wat nog besig is met eksamen sukses toe. Gebruik gerus van die gratis oefenvraestelle vir die res van die jaar se voorbereiding. Die LitNet-redaksie
Baie dankie aan LitNet. My kind is disleksies en in graad 5. Die vraestelle help baie as riglyne, want ek kan nie staatmaak op wat in sy skoolwerkboeke aangaan nie. Ons werk deur die vraestelle by die huis en sover het hy nog elke kwartaal geslaag.❤️ CH (voorletters ter wille van anonimiteit)
Lees ook:
Graad 5: Wiskundevraestel en -memo – heelgetalle tot patrone
Graad 5, Junie: Natuurwetenskappe en Tegnologie ‒ vraestel en memorandum


Kommentaar
Baie dankie.
Graad 4 vraestelle beskikbaar?
Goeiedag! Hier is 'n indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder