Hello,
Onlangse gesprekke verwys. Veral die onder Die effek van Spiritualiteit op Godsdiens geskiedenis afgeskop deur Kobus de Klerk.
In die lig daarvan word die volgende geplaas en word dit duidelik gestel deur myself dat hierdie net 'n argument is wat aangebied word soos dit bestaan 'daar buite' en ek nie weet of dit geldig of ongeldig is nie. Met dit as agtergrond word die volgende tog nog steeds aangebied, vir die doeleindes om die gedagtes te prikkel.
Professor Shlomo Sand se argument kan soos volg verwoord word.
Sand verwerp die bestaan ??van 'n Joodse nasie wat meer as tweeduisend jaar gelede verban is en daardie verspreiding of dan diaspora, oorleef het. Die meerderheid van die Jode van Oos-Europa voer Sand aan is die afstammelinge van die wat tot Joodse geloof bekeer is op Europese bodem. Hierdie konsep weerspreek dan Israel se Verklaring van Onafhanklikheid, waarvolgens "Eretz-Israel (die Land van Israel, Palestina) die geboorteplek was van die Joodse volk en hier hul geestelike, godsdienstige en politieke identiteit gevorm het.
Sand se argument begin met die 19de eeu Europese konsepte van die nasieskap. Sand beweer dat die Joodse geskiedkundiges soos Graetz was diep beïnvloed deur Duitse idees van die "Volk" waarop die idee van die moderne staat gebou is en dat hierdie nasionalisme het as fondasie die kwessie van ras en suiwerheid. Sand volg dan hierdie spoor tot en met die formulering 'n denkbeeldige entiteit, 'n ras, Joodse mense wat uit hul land verban is, en dus verdien om terug te keer na dit 2000 jaar later. Hierdie verhaal volgens Sand is fiksie en die Joodse volk is dus 'n "invention".
In 'n onderhoud word die volgende vraag aan Sand gevra:
Is jy bewus van die feit dat sommige van jou kritici jou minag?
Sand antwoord dat dit veel erger is as dit en dat hy gehaat word en beskuldig van 'ontkenning van die Joodse volk'.
Sand dui ook aan dat indien sy tesis korrek is daar meer as 500 jaar gelede geen Franse mense, 'n Russiese volk, Italiaans mense of Viëtnamese mense was nie en dan aan die hand van daardie logika ook geen Joodse volksgebied nie.
Sand brei soos volg daarop uit en formuleer dat daar nie so iets was soos nasionale grondgebied wat aan die Joodse mense sedert die Bybelse tyd behoort het nie. Dit is 'n mitiese verklaring wat kenmerkend is van die nasionale leiers in die moderne geskiedenis van die afgelope 200 jaar. Die territoriale mite het goed gewerk het sedert die begin van die 20ste eeu. Zion is nie die enigste geval. Nasies in die hede en met die oog op die toekoms, skep 'altyd' die geskiedenis van 'ewige' mense wat terugstrek tot diep in die verlede. In die begin van die vorige eeu kan dit aangevoer word was elke Fransman oortuig dat hy 'n 'Gaul' was net soos die Duitsers in die eerste helfte van die vorige eeu, wat geglo het hulle was die direkte afstammelinge van die Germane. En alhoewel dit grootliks uitgesterf het in mees onlangse denke bly dit ingeplant binne die histories-politieke bewussyn van baie Israeli's.
Wat hier waardevol is is die gevaar wat so 'n historiese nasieskap kan bring. Daar was onlangs 'n vlaag van briewe wat in oortreffende trap gegaan het met 'n formulering van 'n Afrikaner nasie gebaseer op ras wat apart staan en onder skoot is. Hierdie is te wagte en het alle moderne nasie-state verhale geskep wat daarop gemik is om as legitimering vir kulturele, taal-en politieke hegemonie van die dominante groep te dien. Daardie briewe moet in daardie lig gesien word en so ook die brief in vyf dele wat die verbygaan van 'n historiese tuisland betreur.
Weereens, ek weet nie of daar 'n ope seisoen op die Afrikaner is nie.
Sand bevestig ook dit waarmee ek en Chris in ooreenstemming is naamlik die volgende:
'I have a higher regard for studies by archaeologists such as Israel Finkelstein although I am also persuaded by Bible research conducted by non-Israeli and non-Zionist scholars, like Niels Peter Lemche, Philip Davies and Thomas Thompson. I rely on them and have adopted their approach that the Bible was written more or less between the fifth century B.C.E. and the third century C.E. It began to be written after the political-intellectual elite was exiled from Judah to Babylon. The books of the Bible were apparently composed only after many of those who had been in Babylon came to Jerusalem with the agreement of the Persians. There is no doubt that the talented authors knew the meaning of exile first-hand: It resonates like a concrete threat throughout the Torah and the books of the prophets'.
Die volgende sal veral deur Angus waardeer word:
“Researchers such as Thompson view the Bible as theological fiction: In the same way that Shakespeare’s ‘Julius Caesar’ is not informative in regard to the ancient period of imperial Rome, the Bible cannot teach us historical facts. The stories in the Bible are the basis of Western civilization and also the basis for the New Testament and the Koran. They are astonishing literary texts, but the last thing they are is history books − which is why I, as a historian, ignore them. Finkelstein and Herzog found that the Exodus from Egypt never happened and that the land of Canaan was not conquered swiftly; not to mention Abraham, who is a mythological figure. In short, I think that modern Jewish nationalism − Zionism − took theology and turned it into history.”
Hierdie stellings is oop vir debat.
Kritiek teen Sand se argumente is soos volg:
Ewe belangrik is wat Sand nalaat om te bespreek. Vir 'n menige aantal Jode is argumente oor die rasse-oorsprong onaanvaarbaar en meer belangrik, irrelevant. In plaas daarvan, is Joodse kontinuïteit wat berus op godsdienstige faktore, insluitende die nakoming van die Torah, die studie van die Talmud, die daarstelling van gemeenskap en die lewe van die sinagoge en onderhou van die van die liturgie die kern. Dit is hierdie wat die belangrike skakels tussen geslagte van die Jode vorm.
Om Joodse geskiedenis te ondersoek byna sonder verwysing na sy godsdienstige literatuur en lewe is soos 'n poging om Islam te bespreek sonder om die Hadith, die sharia of die rol van die Moslem-gemeenskap in berekening te bring.
Sand ignoreer feitlik vir alle praktiese doeleindes die vervolging en antisemitisme as bydraende faktore in die vorming van Joodse verhale.
Soos verwag kan word veroorsaak Sand se stellings oproer en was hy onlangs 'n gas op Nightwaves van BBC Radio 3:
What does Shlomo Sand have to say about the land of Israel?
An interview with controversial Israeli historian Shlomo Sand whose latest book, The Invention of the Land of Israel, deconstructs the age-old legends surrounding the Holy Land.
http://www.bbc.co.uk/programmes/p015bll1
Hierdie is 'n program van 20 Februarie 2013.
Hierdie dan 'n aanduiding van 'n debat wat al woed van 2009 met Shlomo Sand se argumente.
Baie dankie
Wouter

