Die effek van Spiritualiteit op Godsdiens geskiedenis

  • 35

Wouter,

Jy sê in jou kommentaar dat die teologie wat ek hier weergee 'aanvaarbare spekulasies' binne 'n bestaande godsdienstige raamwerk is en dat teologie nie geskiedenis is nie, alhoewel die gelowige persoon wel sy teologie as geskiedkundig sal ervaar en jy sê ook dat Judaïsme 'n 5700 jaar geskiedenis het.

Ek wil jou egter graag daarop attent maak dat Godsdiens nie net bloot ’n empiriese ervaring op 'n tydskaal is wat later jare as gewone gebeurtenisse in 'n afgelope geskiedkundige era gesien kan word, nie, soos 'n antieke pot of instrument wat aan sekere volke en gebruike in 'n historiese verband gekoppel kan word, nie. Godsdiensgeskiedenis is veel meer as dit - Godsdiens is selfs veel meer as die kulturele gebruike wat as religieuse gebruike getipeer kan word. Om die Godsdiensgeskiedenis te kan verstaan, moet jy ook in staat wees om die Spirituele inslag van die Godsdiens te kan verstaan, want na alles is Godsdiens niks anders nie as die uitlewing van die mens se Spiritualiteit in sy strewe om met God 'n verhouding te bewerkstellig, nie.

Dit is juis in hierdie opsig waar die geskiedenis in Godsdiens verband onderskei word.

Maar jou tipe geskiedenis benadering van die Godsdienstige geskiedenis kom nie by hierdie diepliggende, tiperende en identifiserende of onderskeidende aspekte van Godsdiens uit nie, omdat jy en die geskiedkundiges wat jy normaalweg aanhaal, 'n sekularistiese benadering volg wat nie begrip het vir die allerbelangrikste en onderskeidende Spirituele aspekte van die Godsdiens nie en derhalwe ook nie die onderskeidende invloed  wat die Spirituele aspekte op die teologiese geskiedenis het, nie.

Daarsonder is die sekulêre geskiedkundige benadering van weinig waarde, en sal dit hoofsaaklik ’n stel gebruike kan identifiseer, wat egter niks sê omtrent Spirituele doel van sulke gebruike nie. Dit is dus futiel om Godsdienstige geskiedenis op so 'n sekularistiese manier te benader - na alles - dit is juis waaroor Godsdiens gaan, dit gaan uit en uit oor Spirituele uitlewing en Spirituele ervaring.

Dit is juis die onderskeidende aspek wat die HERE Jesus Christus so duidelik uitgewys het - daardie gebrek aan Spiritualiteit van die afwykende judaïsme soos die ware Godsdiens verword het en wat begin het in die tyd van Jesaja (Jesaja 29:13 gm Mattheus 15:9 en verder bevestig in Kolossense 2:18–22 en Titus 1:14), ongeveer 690 vC wat daartoe gelei het dat die judaïsme alreeds in die Nuwe-Testamentiese era God nie meer ken nie. Hierdie tendens word glashelder uitgespel deur die HERE Jesus Christus waar Hy aan die Judaïste verduidelik dat hulle ook uit die biologiese stam van Abraham van die Eerste Verbond, die Ou Testament is, maar nie Spirituele kinders van Abraham (dus die Ou-Testamentiese Verbond) is nie omdat hulle die spoor met hul judaïstiese gebruike (die HERE Jesus verwys daarna as gewone gebooie van mense wat Hy in Sy Goddelikheid steeds verwerplik vind, net soos die profeet Jesaja en ander gewaarsku het eeue tevore – sien weer Mattheus 15:9 gm Jesaja 29:13) só byster geraak het dat hulle God nie meer ken of herken nie en Sy Woord nie meer aanvaar, nie en wat steeds so beoefen was in die tyd van die HERE Jesus op aarde en het die HERE Jesus dit juis só bevestig en daardie mense, die judaïste, daaromtrent tereggewys (Johannes 8:37-43).

Die HERE Jesus Christus het juis die aanvanklike ware Godsdiens, waarvan die judaïsme afgewyk het, kom her-instel en dit sien ons, onder meer, deur Sy bevestiging dat Hy júís gekom het om die 5700+ (op daardie stadium 3700+) jaar oue Godsdiens soos saamgevat in die Wet en profete te vervul en nié te ontbind, nie - let op die HERE Jesus se direkte en ernstige waarskuwing in Mattheus 5:17-19 hieromtrent. As die Christendom dus ’n nuwe Godsdiens was, soos jou onkundige agnostiese en sekulêre kommentators graag beweer, sou die HERE Jesus juis nie die ou, ware Godsdiens soos saamgevat in die Wet en profete te kom bevestig en te vervul nie, maar dit ontbind ter wille van ’n nuwe Godsdiens. Trouens, die gansie essensie van die profete was juis dat God belowe het dat HY die Messias sal stuur om die verval en vervreemding wat deur die judaïsme ontstaan het, te kom regstel.

Die HERE Jesus het dus ook die Godsdienstige gebruike nagekom en dit word so bevestig deur Sy besoeke aan die tempel op Sabbatte, ens, maar só ’n die wyse dat die nodige Spiritualiteit, waarmee dit aanvanklik beoefen was onder leiding van, byvoorbeeld, Moses, daarin uitgeleef kan word tot eer van God, in skrille kontras met die dooie vorm religie van die judaisme  – sien die HERE Jesus se verduidelikings in Lukas 14:16-21; Mattheus 12:1-12, ens.

Die judaïsme het dus met die Ou Testamentiese ware Godsdiens gemaak soos mense soos Cornelius vandag met die Christendom doen – hulle het selektief te werk gegaan en hul eie lewelose religie versin – daarop dat die HERE dit gebooie van mense noem.

Die onderskeiding kom dus nie in die voorkoms van sekere gebruike nie, maar in die Spirituele doel en wyse waarop dié gebruike toegepas word. Daarom sal géén sekularistiese benadering die Godsdienstige geskiedenis korrek kán interpreteer nie. Daarom sal die sekularis en die agnostikus ook nie kan onderskei waar die judaïsme as afwykende religie van die oorspronklike Godsdiens afgewyk het, nie.

Daarom ook, is jou bewering dat teologie nie geskiedenis is nie, nie korrek nie en is jou (en die enkele geselekteerde sekulêre kommentators wat jy uitsoek vir jou kommentaar om by jou agnostiese siening in te pas) sekularistiese benadering van teologiese of Godsdienstige geskiedenis van geen werklike waarde nie terwyl bekende en gerekende teologiese en Godsdienstige geskiedkundiges soos Philip Schaff en verál Adolf Deissmann (wie hierdie aspek in besonder beklemtoon) deur jou geïgnoreer word en terwyl die feit dat die ware teologie en geskiedenis omtrent die Godsdiens steeds in die hede by alle vooraanstaande en gerekende teologiese kweekskole aangebied word, omdat die allerbelangrikste Spirituele verband ingesien en aangespreek word in die interpretasie van Godsdienstige geskiedkundige gebeure.

Dit is straks jóú siening as agnostikus en die agnostiese en sekularistiese kommentators wat jy verkies, wat doelbewus die onderskeidende Spirituele invloed vermy, omdat julle geen begrip van die werking daarvan toon, nie – dít, terwyl Godsdiens júís oor Spiritualiteit gaan en noodwendig ook die geskiedenis daaromtrent onderskeidend beïnvloed.

Christendom is nie ’n nuwe Godsdiens nie – dit is die oudste Godsdiens wat bestaan en inderdaad ook die enige ware Godsdiens en is alles behalwe spekulasie. Sommige mense, soos sekulariste, raak verward deur die feit dat dié Godsdiens dinamies is in die uitlewing en toepassing daarvan, verál na die koms van die HERE van die Jode, van die Godsdiens, van álle mense, Self. Die HERE Jesus se gelykenis, dat ’n mens ook nie nuwe wyn in ou leersakke gooi nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan, maar ’n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue, is ‘n baie doeltreffende verduideliking van dié dinamika van die oudste enigste ware Godsdiens op aarde en bied terselfdertyd bevestiging van die ou, ‘beleë’ herkoms van Die Christelike Godsdiens, waar die HERE Jesus daarna verwys as ou (beleë) wyn wat wynkenners se gunsteling is (Lukas 5:37-39).

Wanneer mense hulle dus met gesag oor oor Godsdiensgeskiedenis wil uitlaat, sal hulle eers die Spiritualiteit van die Godsdiens waaroor hul wil kommentaar lewer, onder die knie kry, anders verstaan hul weinig of niks daarvan, nie. Hoe sal die agnostikus of selfs sekularis, dit regkry?

Kobus de Klerk

  • 35

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus,

    In jou waan pronk jy met: "Hoe sal die agnostikus of selfs sekularis (sic), dit regkry?"

    Ja Kobus ... en wat van selfs jy, die spiritueel intelligente?  

    Nee wat Kobus, wyl ek ooreenstemming met jou daarin het dat ons Geestelike ervaringe, empirie, net aan ons eie hart gekoppel kan word, en nie aan 'n bepaalde geskiedenis of ritus soos die intellektuele probeer nie, dwaal jy soos gewoonlik oor jou uitsluit van ander (in jou waan - selfs ook die Jode), van God se genade en trou.

    Die intellektuele argumente waarmee jy gedurig vir Wouter beïndruk, is genadiglik net tot jou kammahof op die werf beperk; hier waar jy aanklaer en regter (nes 'n wafferse Duiwelskind graag sou wou), oor ander se harte speel.

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Hello Kobus, 

     
    Baie dankie vir die reaksie. Baie van die argumente is bekend en word weereens herhaal, soos van die volgende voorbeelde uitlig: 

    Jy (Wouter) en die geskiedkundiges wat jy normaalweg aanhaal, 'n sekularistiese benadering volg wat nie begrip het vir die allerbelangrikste en onderskeidende Spirituele aspekte van die Godsdiens. 

    Die klem weer op die 'spirituele', nou al 'n handelsmerk van jou en wat ongelukkig beteken dit word deur jou gebruik om alle kritiek die hoof te bied en aantevoer dat die persoon, beide die leser en die deskundige sonder die nodige spirituele insig is. 

    Asook: 

    Jou (Wouter) bewering dat teologie nie geskiedenis is nie, nie korrek nie en is jou (en die enkele geselekteerde sekulêre kommentators wat jy uitsoek vir jou kommentaar om by jou agnostiese siening in te pas) sekularistiese benadering van teologiese of Godsdienstige geskiedenis van geen werklike waarde nie terwyl bekende en gerekende teologiese en Godsdienstige geskiedkundiges soos Philip Schaff en verál Adolf Deissmann. 

    Dit is nie duidelik hoe die verskil tussen teologie en geskiedenis vir jou opgeklaar moet word nie. Vir my as 'n leser is dit maklik en kan ek onmiddelik sien wat is teologie wat 'n geskiedenis daar probeer stel en wat werklik as die geskiedenis buite die teologiese teks staan en die verskil tussen die twee. 

    Deismann is teologie, terwyl 'n Diarmaid MacCulloch 'n historikus, gay net soos ek en die het jy al as 'n diskwalifikasie gebied. 

    Diarmaid MacCulloch sou volgens jou dan teen die prikkels skop en het daarom 'n agenda teen die Kerk.

    Aan die hand van sy onlangse Gifford lesings, Silence, A Christian History word daar 'n onderhoud met hom gevoer. 

    Die titel is soos volg: 

    Diarmaid MacCulloch: Am I anti-Catholic?

    The acclaimed historian on what our ancestors didn’t tell us, and how his religious views have changed

    Die vraag: 

    Does being gay make you a better historian? 

    Die antwoord:

    ‘Immensely, immensely,’ ‘From a young age, four or five onwards, I began to realise that the world was not as it pretends to be, there are lots of other things there. You learn how to listen to what is being half-said or implied, and that’s a transferable skill.’

    As a historian, much of his energy has been spent countering Catholic revisionism. He recently had a public clash with his ‘old friend’ Eamon Duffy, whom he accused of being ‘a Catholic historian rather than a historian who is Catholic’. The revisionists have done a useful job, he says, of dismantling the Protestant myth of reformation. ‘But it’s in danger of becoming an orthodoxy, just as the old Anglican picture was.’

    Bogenoemde bevestig dat die speurwerk wat 'n historikus bied van onskatbare waarde is en 'n teenvoeter is vir die herskrywing van die geskiedenis waarmee jy besig is en dan so in groter konteks die Reformasie teenoor die Roomse Kerk en die Christendom teenoor Judaisme.  

    Ek haal hierdie aan vir jou wat ek aan Chris geskryf as 'n manier om bogenoemde brief van jou verder te antwoord: 

    Die boek se titel is Jewish-Christian Debates : God, Kingdom, Messiah aan hand van Jacob Neusner & Bruce Chilton. 

    Jacob Neusner: He has taught at Bard College. He has also taught at Columbia University, University of Wisconsin–Milwaukee, Brandeis University, Dartmouth College, Brown University, and the University of South Florida. He lives in Rhinebeck, New York. 

    Neusner is a former member of the Institute for Advanced Study in Princeton, and is a life member of Clare Hall, Cambridge University. 

    Bruce Chilton: He is a scholar of early Christianity and Judaism, now Bernard Iddings Bell Professor of Religion at Bard College, and formerly Lillian Claus Professor of New Testament at Yale University. He holds a degree in New Testament from Cambridge University (St. John's College). He has previously held academic positions at the Universities of Cambridge, Sheffield, and Münster.

    Bogenoemde kwalifikasies is gewoonlik waarna ek kyk om die akkuraatheid van 'n stelling te oordeel.

    Neusner is meer bekend aan my aangesien ek al ander boeke en onderhoude en opstelle onder gehande gehet van hom, veral die 'Blackwell Companion to Judaism' waarvan hy die redakteur is. 

    Chilton is nuut aan my. 

    Die paragraaf is soos volg: 

    For the 2000 years now drawing to a close for Christianity, no less than for the 1400 years of Islam, not to mention the 5700 years Judaism counts from the creation of the world as accounted for by the Torah. 

    Jou(Chris, elders) vraag bevestig en wys uit die vermenging hier tussen 'werklike historiese' verloop en dan Judaism se teologiese vertelling van die 5700 jaar. 

    Dit is veral die 'from the creation of the world...'

    Hierdie toets ek dan aan die Blackwell Companion to Judaism en hoofstuk twee bevestig die 'teologiese geskiedskrywing', waar die tekste dan 'n geskiedenis vir die volk skep, wat oorspring en ontwikkeling verklaar. 

    Die hoofstuk gaan dan aan en bevestig dat van die oudste bewoonde 'stede' kan gevind word by Jericho en gaan terug tot en met 9000 BCE. 

    Verstommend en laat dit die verbeelding gallop, wie was daardie mense? 

    Israel egter kom eers na vore as 'n onafhanklike gebied in die brons tydperk tussen 3000 en 2000 BCE met 1550 BCE as die mees onlangse tydperk. 

    Indien 3000 BCE aanvaar word, dan verwys dit na 'n 5000 jaar strekking terwyl 1550 BCE dan 'n 3600 tydsverloop aandui. 

    In beide gevalle is dit antiek en vul dit 'n mens met wonder dat dit behoue gebly het vir duisende en duisende jare en direk en indirek die grondslag geskep het vir beide Christen geloof en Islam. 

    Wat nie kan ontwyk word nie, is dat die Christendom tot 'n groot mate die geskiedenis van Joodse tekste absorbeer het en daarop uitgebrei het.

    Enige vertelling wat dit nie kan erken nie, soos jou inleidende brief is verdag en kan ek nie vertrou nie. 

    Maar ook, Kobus, hierdie is nie meer 'n onderwerp waaroor ek eindelose debat wil voer nie, aangesien die werklikheid so duidelik deur my gesien word, net soos ek besef ons gaan mekaar nie oortuig nie en in ek in elke geval tog poog om elke tradisie op sy eie terme te ontmoet en nie soek na reg en verkeerd nie. 

    Die enigste oplossing wat  vir my sin maak wat godsdiens aangaan is pluralisme. 

    Die aansprake van wie die waarheid in pag het, laat ek aan jou oor en ander in die veelvuldige tradisies wat ook so 'n standpunt huldig. 

    Ek staan dus buite die teologie, al heg ek waarde daaraan, maar staan veel eerder in die stroom wat geskiedkundig van dit probeer sin maak. 

    Baie dankie

    Wouter  
  • Kobus de Klerk

    Hallo Wouter

    Ek en jy het lang gesprekke oor Dermaid McCulloch gevoer - hoe hy as sekularis homself op teologiese geskiedkundige gebied waag en die gevolge daarvan.  Die feit dat McCulloch op 'n stadium in sy lewe sy broekspante op kerkbanke  deurgeskuur het, beteken niks - as ek Angus reg verstaan, gaan hy ook (soms) kerk toe ... en het ons al op hierdie forum dominees gehad wat eintlik geharde ateïste is met 'n flair vir dooie religie. Genadiglik is diegene nie meer 'in bediening' nie... maar dui dit net daarop dat die feit dat hulle in die kerke gesien word, niks op aarde beteken behalwe dat hulle valslik daar sit, nie. Kyk na Cornelius, byvoorbeeld - hy boer blykbaar in die katolieke kerk daar in Kaapstad, maar verwerp heimlik hulle leer met dit wat hy gedurig hier verkondig of hy verstaan nie wat hy self doen nie.

    Die ander skrywers wat jy nou as gesag vir jou aanhaal, het duidelik dieselfde vertrekpunt.

    Jy beklae jou dus weer omdat ek die roete van Spiritualiteit volg, waarop jy, soos ek sien, geen antwoord (kon) gee behalwe om dit vanuit jou persoonlike oogpunt as agnostikus te probeer kritiseer en te probeer voorgee dat dit bloot 'n truuk is van my om jou sans-Spirituele sienswyse die hoof te bied. Dit, ten spyte daarvan dat ek vir jou presies uit die Woord verduidelik met verwysings hoe die Spirituele aspek deurslaggewend die rol speel in die ontleding en interpretasie van die Godsdienstige geskiedenis van die judaisme en die Christelike geloof.  Jy verwys nie eens daarna nie, en het duidelik geen raad daarmee nie en verstaan dit as agnostikus, waarskynlik glad nie.

    Maar die kwessie van Spiritualiteit by die ontwikkeling en gang van teologiese en Godsdienstige geskiedenis is van kardinale belang.

    Antwoord vir my asseblief hierdie een vraag - is dit nie so dat Godsdiens juis die voertuig van die gelowige  mens is om sy Spiritualiteit jeens God uit te leef, nie? Jy kan tog sekerlik nie met enige mate van eerlikheid ontken dat dit so is nie.

    En omdat dit dan so is dat Godsdiens juis daaroor gaan dat die mens sy Spiritualiteit jeens God daarmee uitleef, hoe kan jy dan met 'n mate van eerlikheid selfs, kom voorgee dat die verstaan van die rol van Spiritualiteit in die ontleding en interpretasie van Godsdiens in historiese verband, geen rol speel, nie?

    Die feit is, sonder begrip van die Spiritualiteit waarmee Godsdienstige gebruike uitgevoer was, is die geskiedkundige relevansie daarvan vir die Spiritueel onkundige geheel en al verborge, en sal hulle die tipe dinge kwytraak wat jy en jou sekulêre skrywers wel doen. Dit is iemand wat 'n blou motor met n basiese vorm en 'n binnebrand enjin van ver af sien en iemand vertel hom dit is 'n Ford. Nou kyk hy en sien baie sulke blou motors met basies dieselfde vorm en almal het binnebrand enjins, en hy dring aan daarop dat hulle almal Ford karre is. Die kenner sal egter die motors se binnewerke nagaan en dadelik sien dat dit nie altyd dieselfde is nie, want dit het heeltemal 'n ander fabrikaat enjin en ratkas en aandrywing stelsel, hoewel die basiese vorm en kleur ooreenstem, want die een het by die ander geleen.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk

    Jy tik: "Die kenner sal egter die motors se binnewerke nagaan en dadelik sien dat dit nie altyd dieselfde is nie, want dit het heeltemal 'n ander fabrikaat enjin en ratkas en aandrywing stelsel, hoewel die basiese vorm en kleur ooreenstem, want die een het by die ander geleen".

    Kobus, ek sou daarmee kon ooreenstem indien jy "kenner", Kenner, gespel het.

    Miskien 'n baie klein verskilletjie op jou sleutelbord, maar dis in direkte teenstelling tot jou waan dat jy - 'n eenvoudige mens en modderwese nes ekke - ander se binnewerke (harte) kan nagaan!  

    Net God ken ons harte (binnewerke) - geen mens ken eens sy eie nie.  

    Kobus, ek wonder of jy na al die jare, minstens die bevestiging wat ek soveel maal daarvoor uit die Bybel vir jou aanhaal, self sou kon aanhaal?  

    Hoop beskaam egter, daarom; soos daar geskrywe staan: Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge (uit Jeremia 17). En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree (uit Romeine 8).  

    Mag Jesus Christus onse KENNER, self ons binnewerke nagaan.  

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Die BBC dokumentêre program, 'A History of Christianity', van Dermaid McCulloch is 'n landmerk as dit kom by die ondersoek van hierdie onderwerp. As jy dit nog nie gesien het nie moet jy regtig 'n plan maak. Ek is seker dat jy dit baie sal geniet.

    My gunsteling gedeelte was waar McCulloch die trappe van Skellig Michael met 'n groot glimlag begin van onder en toe so halfpad, bleek in die gesig, erken dat dit dalk nie so 'n goeie idee was om dit uit te probeer klim nie. Hoeveel ander sou hierdie gedeelte uitgesny het? Kan mens anders as hou van hom?

    Chris

  • Hello Kobus

     
    Bogenoemde oortuig nog steeds nie, maar word dit verstaan dat dit is wat jy moet skryf as die rugsteen van jou argumente. Geen probleem daarmee nie en is dit verstaanbaar want dit is 'n pakket wat jy aanbied om jou argument te voltooi. 
     
    Die realiteit is egter dat geen van die 'spirituele, spiritualiteit', nodig is om die verloop van tyd en tradisies te verklaar nie, 'n buitestaander kan dit doen, let wel 'n ingeligte en vakkundige kan dit doen en heel akkuraat die werkinge en ontwikkeling wat oor tyd geskied het aanbied vir die belangstellende leser te bied. 
     
    Spiritualiteit, het ek glad nie 'n probleem mee nie, die term, idee, konsep bestaan en word mildelik gebruik deur die wat in die geloof staan, alle tradisies, met ander woorde en is daar nie 'n algemeen aanvaarde uitlewing daarvan nie, waar daar 'n enkele verklaring is nie. 
     
    Jy behoort goed te onthou hoe ek hier die idee van spiritualiteit ondersteun het, maar gestop het op die punt waar dit gebruik word om enige kritiek stil te maak. 
     
    Beide jy en Rowan Williams, synde Rowan Williams die mees onlangse voorbeeld wat nou by opkom, gebruik en poog om spiritualiteit te verklaar. 
     
    Dit is ook duidelik dat julle nie dieselfde betekenis daaraan heg nie. 
     
    Hierdie is dus die grootse uitdaging wat aan die konsep van spiritualiteit ook gestel word, naamlik die diversiteit wat in die term opgesluit is. 
     
    Diversiteit is werklik die norm van die bestaan en daarby kan nie verbygekom word nie. 
     
    Indien ek mag, dan sal ek die intellektuele onderbou van jou, Cornelius en my eie denke soos volg beskryf: 
     
    Kobus: 
     
    Daar is een enkele waarheid wat nie versoen kan word met ander aansprake tot die waarheid nie en is die uiteinde daarvan dat jou argumente sal aanvoer dat die ander tradisies se aansprake tot die waarheid foutief is. 
     
    Cornelius: 
     
    Daar is een enkele waarheid, naamlik God, en dat ten spyte van die verskeidenheid in hulle verskille tog nog steeds funksioneer onder hierdie enkele waarheid. Dit dan die grondslag waarop sy argument berus dat elke persoon tot dieselfde God bid. 
     
    Wouter
     
    Daar is 'n verskeidenheid van tradisies, elk met sy eie aanspraak tot die waarheid en kan nie versoen word nie. Dit is nie 'n poging om aansprake te relativiseer nie, maar slegs om erkenning te gee aan die ontwikkeling oor duisende jare wat die stand soos dinge nou daarna uitsien te verklaar. 
     
    Daarom, weereens, diversiteit is die norm, en daardie diversiteit moet mee gereken word. 
     
    Die vraag is soos altyd, wat is die werklike aard van ons bestaan hier. 
     
    Elders het ek geskryf, en dit is nou meer persoonlik, 'ek is agnosties oor die aard van die bestaan', bedoelende hoe kan ek weet wat die werklike aard van die bestaan is en is daarom oop vir verklarings wat die aard van die bestaan probeer verduidelik.
     
    Hierdie is dus nie net beperk tot religie nie, maar alle onderwerpe.  
     
    Om af te sluit, vyf duisend jaar se Judaisme kan nie afgemaak word nie en moet dit deel vorm van die ingeligte persoon se denke wat 'n oordeel oor hierdie vraagstukke moet maak. 
     
    Dit is deel van die historiese rekord en staan daar vir kennisname en ontleding en kan nie ignoreer word nie. 
     
    Maar, nog belangriker, hierdie gesprek met jou is volgens my nie so verbete soos dit in die begin was nie toe ons begin het met die argumente nie, ongeveer drie jaar terug, en is dit nou meer gefokus op jou ervaring en verklaring soos dit is in jouself en my kennisname daarvan en sal dit nie goedkoop probeer maak om dit as 'n 'truuk' te beskou nie. 
     
    Laaste sake van hierdie kommentaar: 
     
    Maar ek moet vra, 144 rondtes oor die mane van Jupiter? 
     
    Die het ek grootliks gemis weens siekte en dan wat was die uitslag oor die donkies?
     
    Lekker dag waar jy ook al is en kyk mooi na daardie Ford van jou, maar maak seker dit is 'n 'Afrikaanse Ford en swart van kleur'. Is die legende nie, dat jy kon enige kleur kry, so lank dit swart was volgens Henry Ford en is dit duidelik Henry sou nie hierdie blou Ford kon plaas nie. 
     
    Is dit nog steeds 'n Ford? 

    Baie dankie
    Wouter
  • Hello Cornelius

     
    Hopelik sal jy nog ontdek dat intellektuele argumente nie die skel is wat jy dit graag wil maak nie net soos jy sal leer dat jou 'ervaring' of wat jy aandik as 'empirie' nie geprojekteer word tot 'n waarheid wat die hele bestaan omvat nie en dat dit nodig is om buite jouself te staan indien komplekse sake verstaan wil word. 
     
    Hoe eenvoudig, sing en dans en 'happy clappy' jy ook al daaroor wil wees. 
     
    Daarom dan die intellektuele roete as 'n teenvoeter tot bogenoemde. 
     
    Baie dankie
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter,  

    In jou verwaande intellektualisme veronderstel jy die volgende omtrent my - Cornelius: Daar is een enkele waarheid, naamlik God, en dat ten spyte van die verskeidenheid in hulle verskille tog nog steeds funksioneer onder hierdie enkele waarheid. Dit dan die grondslag waarop sy argument berus dat elke persoon tot dieselfde God bid.   

    Ek gaan jou vergewe op grond van jou moontlike taal onvermoë. My geloof in God, het niks met waarheid, of leuens te make nie.  

    Fundamentaliste druk hulself in geykte clichés soos "een waarheid".  

    Of meen jy in jou onthutstheid dat ek 'n fundamentele teïs is? Ek buig nederig in meelewing saam elke hart, al die biljoene daarvan, op aarde.

    Soos selfs "Dolf" my Hindoe beskouing aan jou uitgewys het; God openbaar in besonder, uniek, aan elkeen - vandaar moontlik die waan dat die Hindoes derduisende gode aanbid- dit, wyl ek nes Hindoe, eens is dat elkeen in God se genade, God, in hul eie hart mag aanbid.

    Wouter,  kennis is mag - wyl dit jou ervaring verryk en vaardighede dien.

    Ouderdomsbeperkings is juis om die rede so.

    Kennis sonder ervaring (buiten in die geval van vaardighede), is indoktrinasie.

    (lees asseblief my vorige kommentaar hierbo om Kobus de Klerk se intellektuele verwaandheid as "kenner van binnewerke" te begryp - miskien moet ek dit maar in 'n "volledige bydrae", soos Kobus sou, uitdruk).

    Cornelius

  • Hello Chris

     
    Daardie DVD het ek en het dit opgeraap die dag toe ek dit gesien het en dit al twee keer gekyk en sal dit maklik weer kan kyk. 
     
    Daardie reeks bevestig die diversiteit van die Christendom en wat met die beweging van Paulus kon gebeur het indien dit nie kon aanpas nie en uitgebrei het nie.
     
    Die toneel in Suid-Korea, die gemeente singende, 'Ek het 'n vriend in Jesus'.
     
    Ek het dit saam met my ma gekyk en sy het onmiddelik opgekyk toe sy dit hoor en was merkbaar verbaas om dit te gesien het en kon ek uitbrei oor hoe Christenskap in al sy vorme die aarbol gevul het en hoe dit my met wonder vul. Dit is 'n lang pad van stowwerige Palestina , meer as 2000 jaar gelede tot die wolkekrabbers van Suid-Korea.  
     
    Hierdie DVD sal ek ook graag wil aanbeveel aan die wat hier lees en dit dalk nog nie gesien het nie. 
     
    Dit is makliker as om deur 1200 bladsye te stoei, synde die boek waarop hierdie DVD gebaseer is. 
     
    Dan moet ek ook erken, ek 'like' McCulloch net soos sy subtiele humor ook vir my uitstaan en hy die werkings van die wereld verstaan en dan sonder twyfel 'n ingeligte historikus is en gereeld op BBC Radio 4 se In Our Time & Start the Week sy opwagting maak en altyd goeie kommentaar lewer. . 

    Dit is altyd waardevol om deur so gids vergesel te word. 
     
    Baie dankie

    Wouter 


  • Hello Cornelius 

     
    Is jy nie al moeg vir jou hart nie? 
     
    Jy vergewe my die volgende uit jou hart en die goeie mens wat jy is en ook omdat daar fout met my taalgebruik is. Hoe grootmoedig van jou om so mildelik te vergewe. Het jy nou al almal hier vergewe nie?
     
    Die fout is met die volgende stelling van my: 
     
    Daar is een enkele waarheid, naamlik God, en dat ten spyte van die verskeidenheid in hulle verskille tog nog steeds funksioneer onder hierdie enkele waarheid. Dit dan die grondslag waarop sy argument berus dat elke persoon tot dieselfde God bid. 
     
    Maar dan kom jy en sleep ouderdomsbeperking in, wat net jy sal verstaan en gaan verder dat, 'wyl ek nes Hindoe, eens is dat elkeen in God se genade, God, in hul eie hart mag aanbid'.
     
    Nou wat is dit? 
     
    Een God? 
     
    Verskillende 'Gode'? 
     
    Die aanbid gedeelte is nie die probleem, dit is 'n gegewe, elkeen sal bid, binne die raamwerk van die tradisie waarin die persoon funksioneer. 
     
    Die vraag is, na wie word daar gebid? 
     
    Dalk moet jy begin om sonder omhaal te beskryf wat jy werklik glo, en gaan buite net jou eie hart en ervaring, dink oor hoe die bestaan daarna uitsien en poog om dit korrek te beskryf. 
     
    Ek sal help, en jou die inleiding gee: 
     
    Ek Cornelius glo dat: ...
     
    Al sou dit 'n gevreesde 'volledige reaksie' verg. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • CorneliusHenn

    Wouter, jy is duidelik histeries... kalmeer 'n bietjie, dan lees jy weer hoeveel maal ek jou al geantwoord het ... nie te danke, Cornelius.

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Jou eie argument draai teen jouself – jy sê dat geen van die 'spirituele, spiritualiteit' nodig is om die verloop van tyd en tradisies te verklaar nie en dat 'n ingeligte en vakkundige buitestaander dit kan doen en heel akkuraat die werkinge en ontwikkeling wat oor tyd geskied het, aanbied.

    Jy kon egter nie ontken of selfs enige teenargument lewer, dat mense juis hul Spiritualiteit jeens God uitleef deur hul Godsdiensbeoefening, nie. Dus is dit nie slegs my persoonlike siening vir ’n persoonlike argument nie, maar inderdaad ’n universele eienskap van Godsdiens en verál, die doel van Godsdiens.

    Dan volg dit ook logies dat hierdie inherente Spirituele eienskap tog ’n onderskeidende invloed op die wyse en veral die doel van die Godsdiensbeoefening van geval tot geval móét hê. Tog, wanneer jy en die kommentators wat jy graag aanhaal, die geskiedenis van Godsdiens wil bestudeer en afleidings maak daaroor, laat jy daardie diep, onderskeidende wesenskenmerk van Godsdiens, naamlik die Spiritualiteit wat dit onderlê en die effek en invloed wat dié belangrike eienskap daarop het, heeltemal buite rekening omdat jy as agnostikus en die sekulêre kommentators wat jy telkens sorgvuldig vir daardie hoedanigheid uitsoek, geen eie werklike begrip of aanvoeling daarvoor het nie en dus ook nie weet hoe om dit te hanteer, nie. Dus, ek gebruik nie Spiritualiteit om enige argument te ‘stop’ nie, maar inderdaad om aan te dui hoe jy dit ignoreer asof dit nie bestaan nie, terwyl dit ’n oorwegende en kardinale rol speel in juis die aspekte wat jy probeer bespreek. Jy word dus gestop deur jou eie onkunde daaroor en die onvermoë wat dit meebring, ten aansien van ’n onderwerp waarin dit ’n essensiële rol speel.

    Jy en veral jou kommentators, voldoen dus self hoegenaamd nie aan jou eie vereistes om sinvolle kommentaar te lewer, nie – want jou vereiste is (tereg) juis ingeligtheid en ’n vermoë om die werking van die Godsdiens te interpreteer, terwyl julle oningelig is aangaande die kardinale aspek van Godsdiensbeoefening, naamlik Spiritualiteit en beskik julle ook nie oor die kundigheid om die werking daarvan te verstaan en hoe dit in die onderskeiding tussen verskillende Godsdienste wat op die oog af ooreenkomste toon, ’n deurslaggewende rol speel, nie.

    Om een van die wesenskenmerke en funksionarisse van Godsdiens, naamlik Spiritualiteit, sommerso eenkant toe te probeer skuif net omdat jy dit nie kan baasraak nie, is ooglopend kansvattery en wys maar net op die dubbele standaarde van die agnostikus – die hoë vereistes vir gelowiges (kundigheid en die vermoë om die werking te verstaan en verklaar), maar wanneer dit by julself kom, word daardie selfde vereistes afgewater tot dit julle onkundige posisie pas, met ander woorde, julle pas dit nie ook op julself toe, nie.

    Om dus voor te gee dat jy Godsdiens kan ondersoek sonder om ag te slaan op die allerbelangrikste komponent van die Spiritualiteit daarvan en die invloed wat dit het op die aanwending en doel van verskillende gebruike, is bloot om jouself net verder te mislei en is daardie benadering juis deel van daardie selfdesepsie van die agnostikus. Dit is ook kenmerkend hoe jy dan ’n kundige soos Rowan Williams eenkant toe wil probeer veeg sonder enige grondige rede daarvoor, behalwe net dat jy die sekulêre of agnostiese kommentator verkies omdat jy self een is en beter kan begrip toon op daardie vlak. Jy verstaan so min van die Godsdienstige begrip Spiritualiteit dat jy meen ek en Williams sien die saak verskillend en dat die begrip ‘spiritualiteit’ kwansuis divers is, terwyl daardie begrip eintlik nie soseer divers, as omvattend, is nie.

    Dus, Spiritualiteit ondervang die totale metafisiese werking van die mens in die spirituele realm, terwyl Godsdienstige Spiritualiteit as besondere verskyningsvorm juis die mens se interaksie met die Godheid ondervang.

    Wat die ander historiese aspekte aanbetref, is die bewering dat Judaisme 5700 oud kan wees, net eenvoudig nie korrek nie. Dit is welbekend dat die meeste oorblyfsels van die volk wat uit ballingskap (wat ongeveer 590 v.C. en daarna plaasgevind het) gekom het ongeveer 70 jaar later, juis van die stam van Juda was. Dit is tóé dat hulle as ‘Jode’ bekend geword het en hulle landstreek, Judea (’n Graeco-Romeinse naam). Dit is dáár waar hulle religie, Judaisme, sy volle beslag verkry het. In die Tobit (1:18 – wat gedurende die ballingskap saamgestel is) word daar na die koninkryk van Juda voor die verstrooiing by daardie naam verwys.

    Die koninkryk van Juda het op die allervroegste eers ongeveer 930 v.C. ontstaan ná die dood van Salomo, toe die koninkryk van Israel in twee geskeur het. Dit was ook die begintyd van grootskaalse Godsdienstige verval (met enkele uitsonderlike konings na) wat uiteindelik tot die ballingskap gelei het. Daar was grootskaalse sinkretisme wat met ander buurvolke se afvallig religieë ontstaan het en waarteen die HERE Juda deur die profeet Sefanja (1:1-6) gewaarsku het dat dit vir Hom tot gruwel is, net soos die HERE deur die profeet Hosea (10:5) met Israel gedoen het. Vandag getuig, onder meer, die judaïstiese kabbala steeds daarvan.

    Judaisme is duidelik die afvallige afsplinter religie wat deur daardie Judeërs veral ná die terugkeer uit ballingskap, bevorder is - vandaar die naam. Die naam ‘Judeërs’ is op daardie laat stadium algemeen gebruik om na Jode te verwys en ook dan die Joodse religie van die tyd – judaisme.

    Wat dus gebeur, is dat jou kommentators se kennis nie so vêr strek as om dié onderskeid te tref, nie – vir hulle verwys die woord ‘judaisme’ gewoon na die religie van alle Jode en dit is ’n  baie growwe fout of oorsig.

    Die Godsdiens waarop die Christendom volledig geskoei is, is juis die Godsdiens wat deur Noag en sy seuns beoefen was en later deur Abraham en sy gevolg en nóg jare later jare deur God ná die eksodus, gesuiwer en georden is via die profeet Moses. Dit is op die vroegste eers na die eksodus dat daar van ’n koherente volk sprake was, wat eerder as ‘Hebreërs’ bekend gestaan het juis omdat hulle 'vreemdelinge' was wat verenig het onder Moses en as ’n volk deur die woestyn na Kanaän gelei het (in inter alia die antieke Nuzi tablette word na so 'n groepering verwys).

    Die eerste Godsdienssuiwering het duidelik dus plaasgevind met die sondvloed toe slegs gelowiges – Noag en sy gevolg - oorleef het. Die Christendom verklaar daardie geskiedenis as ontstaansdeel van sy eie. Die tweede suiwering en ordening onder Moses - hierdie geskiedenis wat deur die Christendom as integrale eie geskiedenis aangegee - en die finale ordening en suiwering van die ware Godsdiens, met die advent van die HERE Jesus Christus – die Nuwe Testament, God Self in die Woord, Wie Mens geword het.

    Dít is die ware en oudste Godsdiens wat in die Christendom sy finale beslag gekry het.

    Die Christelike Godsdiens is baie maklik onderskeibaar van die judaisme en was nog áltyd vir die kundige oog en begrip só onderskeibaar. Twee van die wesentlike verskille waar daar nog nóóit ooreenstemming was nie, is juis die lering omtrent die aard en Wese van die ware Messias én die feit dat Christelike Godsdiens geeneen van die 613 rabbiniese presepte, wat só ’n wesentlike deel van die judaisme se torah uitmaak, aanneem nie – hierdie presepte is deur die fariseërs voorgehou as 613 wette van God en dit is juis dié presepte (waarna die HERE Jesus Christus verwys as gebooie van mense wat met Hom niks te make het, nie – sien Mattheus 15:9; Markus 7:7) wat die judaisme as ‘nuwe’  afsplintering onderskei van die oorspronklike Godsdiens soos dit tevore in die Mosaïese Godsdiens georden is (wat pertinent deur die HERE Jesus Christus as gesaghebbend en bindend bevestig word – sien Mattheus 5:17-19) en wat die Christelike Godsdiens ten volle ten grondslag lê… selfs nog vóór die Hebreër gelowiges as Jode of Judeërs bekend gestaan het en lank voor die Joodse afsplinter religie, judaisme.

    Die wyse waarop die klem op die Spirituele inslag van die Wet en die profete gelê word in die Christelike Godsdiens, in skrille kontras met die judaisme se lettergebonde, Geeslose menslike interpretasies daarvan, word juis gevind in die leringe van die HERE Jesus Christus Self – sien Mattheus 5:20-48 en dié stem ooreen met die oorspronklike Godsdiens soos uit die Mosaïese ordening daarvan (Levitikus 19:13, 18, ens.)

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus

     
    Om te begin, baie dankie vir jou kommentaar. 
     
    Net 'n paar regstellings van my kant af ook.
     
    Die verwysing na 'spirituele, spiritualiteit', staan, aangesien die res van my vorige antwoord dit duidelik gemaak het dat in hierdie term is daar 'n groot verskeidenheid opgesluit wat weereens op die diversiteit dui en bevestig dat die term nie as 'n enkele konsep nie gebruik kan word, maar sal so verskillend wees soos die persoon en die tradisie wat dit gebruik.
     
    Daar word ook deur my aanvaar dat die konsep, die idee, die uitlewing van spiritualiteit, 'n komponent van religie is, en het ek dit nog nooit ontken nie en is ek ontvanklik vir beskrywings van dit en het jou al ondersteun in dit, maar gestop voor die punt waar jy dit gebruik, soos jy nou weer doen, as die enigste middel wat ontleding en korrekte interpretasie moontlik maak.
     
    Rowan Williams, sal ek nooit eenkant toe veeg nie, ek het doodgewoon net te veel respek vir sy intelligensie, sy aanvoeling, sy bereidwilligheid tot dialoog en sal Williams in teenstelling tot jou, 'n radikale ander verklaring bied vir sy geloof en die oorsprong daarvan en sal dit nie Judaisme uitsluit nie.
     
    Na Williams luister ek gereeld, en lees sy Faith in the Public Square en heg baie waarde aan sy menings en sou graag sy The Wound of Knowledge: Christian Spirituality from the New Testament to St.John of the Cross in Kindle formaat wou bestel. 
     
    Bestelling oor die pos neem net te lank nou en moes my maar beperk tot sy uitsprake oor die onderwerp. 
     
    Vergelyk die verskil tussen jou inslag met die volgende van Williams: 
     
    On Christianity, public life and politics'
     
    The significance of trying to shape public opinion within the Church is something quite different from an institutional programme on the part of the Church to impose its vision on everybody else.'
     
    Om dan terug te keer na die geskiedkundiges, hulle het dus nie hierdie kwalifikasie wat jy vereis nodig nie. 
     
    Dit is nie die vereistes wat genoem in die veld van geskiedenis nie of die manier hoe 'n geskiedkundige beoordeel word nie.
     
    Die enigste vereiste is dat die geskiedkundige, ewewigtig sal wees en haar sal beperk tot betroubaarheid.
     
    Voorheen het ek 'n vergelykende brief oor Lanzmann versus Irving geskryf, Lanzmann is die gids wie ek verkies. 
     
    So ook met Judaisme, gee my 'n Neusner en het ek probeer aandui waarvandaan die stelling van 5700 jaar kom, maar dit ook getemper met 'n ander moontlikheid van 3600 jaar.
     
    Dit is weereens in teenstelling met wat jy aanbied en in kontras tot die algemeen aanvaarde historiese rekord oor hierdie onderwerp en waar Judaisme, antiek of redelik nuut dan, nie beskryf word as afvallig nie, en daar 'n daadwerklike poging is na meer as 2000 jaar se ontkenning, nou erkenning te bied aan Judaisme.
     
    Dit is vordering en moes al lankal gebeur het.
     
    Daarom moet ek tot die slotsom kom, dat jy aan die verkeerde kant van die geskiedenis staan en weereens in kontras tot soveel wat as vakkundig korrek aanvaar word. 
     
    Hierdie is nie nuut nie, en is dit grootse uitdaging wat gesprek met jou betref. 
     
    Daar is geen oplossing daarvoor nie. 
     
    Net soos ek poog om na jou menings te luister en te probeer verstaan, al weet ek dit sal nooit versoen kan word nie.
     
    Dalk sal ons maar moet ooreenkom om te verskil?
     
    Nogtans, dankie vir die moeite en reaksies van jou kant af, en vir die rekord, ek verstaan presies wat jou argument is en dit is heel aangenaam in 'debat' om dit te weet. Dit maak nogal 'n verskil. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Hallo Wouter

    Ek dink ons twee het al lankal ooreengekom om te verskil en daarom is dit wat ek weergee, nie juis met die doel om jou te oortuig nie, maar om die rekord reg te stel.

    Jy maak die aanmerking dat ek nie hou by wat jy as vakkundig korrekte geskiedenis aanvaar nie en dat ek 'weereens' (vreemd, ek sou nou weer sê 'nog steeds', want op geen stadium het ek met jou akkoord gegaan oor die onderwerpe nie) 'in kontras'  staan daarmee.

    Die is egter opmerklik hoe jy jou vaag op 'vakkundige korrekte geskiedenis' beroep, maar nooit enigiets doen om dit wat ek weergee, te weerlê nie. Jy maak die een na die ander vae bewerings daaroor.

    Maar dit is waarskynlik omdat jy besef dat die sogenaamde 'vakkundig korrekte geskiedenis' juis komende is van kommentators wat net so agnosties soos jy is en ook heeltemal sekulêr.

    Jy versuim ook om na enige ander geskiedkundige kommentators te verwys wat in die bediening staan en wie eintlik by die erkende en aanvaarde (in gelowige kringe - en dit is die meerderheid van mense) kweekskole. Jy kan nie die wesentlike betrokkenheid van Spiritualiteit by die ontstaan, beoefening en werking van Godsdiens ontken, nie, maar probeer dit steeds dan, verbasend genoeg, wegredeneer as onbenullig wanneer dit kom by die onderskeiding van sekere Godsdienstige gebeure uit die verlede, uit die geskiedenis - besef jy nie daardie Godsdienstige gebeure is juis 'n reeks Spiritueel gegronde en gemotiveerde manifestasies nie? Want dit is al waaroor Godsdiens gaan - die gaan oor mense se nadering tot God op Spirituele vlak. Punt.

    Ons weet dus - dit pas die agnostikus en sekularis hoegenaamd nie om ag te moet slaan en erkenning moet verleen aan die wesentlike werking van Godsdienstige Spiritualiteit want dit is buite hulle veld en hul bestaanswêreld en daarom sal hulle alles doen om die aspek uit die gesprek te hou, soos wat jy mos darem ook doen. Maar dit moet jy begryp, die massas gelowiges en hulle Godsdienstige geskiedkundiges het absoluut geen probleem om die rol, werking en onderskeidende kenmerke van Spiritualiteit te eien en te waardeer nie. Jou lippediens aan die bestaan van spiritualiteit gaan dus ook net tot waar dit dieper gaan as op jou klere. Dan raak jy ongemaklik en verstoot dit.

    Daar is ook 'n ander probleem.

    Julle waninterpreteer die tendens wat sommige erkende kommentators het om die klem te laat val op die ontwikkeling van die Christelike Godsdiensgeskiedenis sedert die koms van die HERE Jesus Christus en daarna, met ander woorde, die Nuwe Testamentiese era, om te dink dat dit dan sou beteken hulle gee daarmee te kenne dat die Christendom 'n sogenaamde  'nuwe' Godsdiens is komende van die judaisme.

    Waarom daar egter eintlik soveel klem val op die huidige Nuwe Testamentiese era, is omdat dit die opwindende finale era van die ware Godsdiens inlei via die antieke Abrahamiese en Mosaïese era wat sy finale beslag kry in die Nuwe Testament. Die Nuwe Testament is dus die Nuwe Verbond wat die logiese konsekwensie is van die Noagiaanse en Abrahamiese Verbonde en juis daardie feit dui die oorsprong van die Christelike Godsdiens aan - 'n realistiese aspek wat jou agnostiese en sekulêre kommentators nie kan weerlê, nie.

    Terloops, jou aanhaling van Williams wat volgens jou sou moes kontrasteer met my siening van spiritualiteit, speek daardie aspek glad nie aan nie - die aspekte wat jy met die aanhaling vermeld, verduidelik glad nie spiritualiteit nie en het te make met die invloed van kerklike denominale dogmatiek (its vision, verwysende na die betrokke kerk de denominale dogmatiek of beleid). Dit sou help as jy kennis sou hê van hoe kerklike (sonder daardie hoofletter) dogmatiek, wat eintlik maar daardie denominasie se kerklike politiek is, verskil van die breë Evangeliese boodskap wat die kerke moet uitdra. Jy sou dan beter kon verstaan waarvan daar gepraat word.

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus, 

     
    Dit is inderdaad so, daar is geen poging van beide se kant af om die ander te oortuig nie en is dit ook so dat ons nog nooit in akkoord was nie, net soos beide die ander se argumente aangebied onaanvaarbaar vind.
     
    Net soos jy my argumente verwerp, verwerp ek joune, vir oneindige rondtes.
     
    Dit is dalk hoekom ek nie al my boeke van die rak gaan afhaal en 'n opstel met voetnotas hier plaas nie, weens bogenoemde redes asook dat ek bewus is die konsensus is teen jou in die vakkundige gebied en dat dit jou nie van mening sal laat verander nie.
     
    Ek kon sekerlik 'n historiese verloop van die Joodse volk hier probeer opskryf het, maar die veronderstelling wat ek huldig is dat 'n redelike ingeligte persoon dit sal weet, terwyl die wat jou argument volg nie deur dit oortuig sal word nie. 
     
    Die debat hier gaan nie die konsensus daar buite verander nie. 
     
    Na hierdie siklus van briewe tot 'n einde gekom het, gaan daar nog steeds nie ooreenstemming wees oor spiritualiteit nie en is van die gebruike wat nou al na vore kom om spiritualiteit in kontradiksie tot religie te formuleer, net soos Christenskap tog 'n tradisie van spiritualiteit insluit. 
     
    En bevestig ek weereens dat ek die bestaanswêreld van spiritualisme huldig en daar nie gepoog word om die aspek uit die gesprek te hou of slegs lippediens te bied daaraan. 
     
    Die kommer is juis om spiritualiteit korrek te verwoord en nie te volstaan by slegs jou formulering daarvan nie. 
     
    Dus is my uitsig wyer as wat jou uitsig daarop sou wees, volgens my waarneming daarvan.  
     
    Geskiedenis as 'n vakgebied herhaal ek, het nie as 'n vereiste die spiritualiteit wat jy aanvoer is noodsaaklik vir dit nie en dit word bevestig deur die wat in die praktyk staan dat dit 'n voorvereiste is om goeie geskiedenis te praktiseer nie. 
     
    Om dit vir religie 'n vereiste te maak, is niks anders as 'n spesiale pleidooi en het as doel om die waarmee daar verskil word te diskwalifiseer. 
     
    Rowan Williams, indien dit aanvaar word, dat die stelling gebruik nie van toepassing was, was juis gebruik om die verskil in inslag tussen jou en Williams te bevestig. 
     
    Williams wat perke aan die Kerk se rol in die samelewing sit en ook pluraliteit ondersteun. 
     
    (Hier verwys ek na 'n opstel in sy nuutste versameling van opstelle, Faith in the public square).
     
    Die oorsprong van hierdie debat is te vinde in hoe die geskiedenis van Judaisme daarna sou uitsien en is jou weergawe baie duidelik hier formuleer en is daar geen verdere kommentaar wat ek daarop gaan lewer nie. 
     
    Maar let op na die inleidende paragraaf van Williams se bespreking van McCulloch se werk, A History of Christianity: 
     
    Diarmaid MacCulloch begins with what turns out to be one of many tours de force in summarising the intellectual and social background of Christianity in the classical as well as the Jewish world, so that we can see something of the issues to which the Christian faith offered a startlingly new response. 
     
    Greco-Roman religion had ended up with an uneasy mixture of the cult of the emperor (increasingly odd as the empire became a military dictatorship constantly changing hands after bloody conflicts) and a chaotic plurality of local rites and myths. 
     
    The Jewish world was marked by a lively tension over how Jewish identity was to be understood. What Christianity brought into all this was a definition of Jewish identity that opened up to become a definition of human identity independent of any particular state apparatus; it created, you could say, the very idea of a religion as a form of belonging together that did not depend on political loyalties.
     
    In bogenoemde word twee belangrike aspekte gelees. 
     
    Williams as Christen het geen probleem om positief met die Joodse vraagstuk te handel nie en is daar geen sprake van een is afvallig terwyl die ander die vervulling van 'n komplekse hemelse plan is nie. 
     
    Williams sluit sy ressensie soos volg af: 
     
    ... a triumphantly executed achievement. This book is a landmark in its field, astonishing in its range, compulsively readable, full of insight even for the most jaded professional and of illumination for the interested general reader. It will have few, if any, rivals in the English language. The story is told with unobtrusive stylishness as well as clarity. And at a time when Christianity's profile in our culture is neither as positive nor as extensive as it has been, this book is crucial testimony to the resilience of the Christian community in a remarkable diversity of social settings. The first three thousand years do not seem likely to be also the last.
     
    Dit bevestig die tweede aspek, naamlik dat Williams, net so 'n gelowige soos jy, het geen twyfel om die werk as betroubaar te aanvaar nie en doen dit geen afbreuk aan sy geloof nie. 
     
    Williams het geen sorge met die feit dat die geskiedkundige se werk wat hy bespreek agnosties, (ongelowig), of heeltemal sekulêr is nie.
     
    Bogenoemde is waardevol, aangesien dit die debat nader laat beweeg aan dit wat as aanvaarbaar beskou word. 
     
    Die enigste toets wat daar was, was om dit 'n betroubare rekord, redelik en ewewigtig is, daardie toets volgens Williams is geslaag. 
     
    Ek sluit as met 'n uitdaging, wat nie maklik deur almal hier opgeneem sal word, myself ingesluit wat soos volg gaan, en jare terug deur my gelees was in die New York Times se filosofiese artikels.
     
    There is one respect in which philosophers’ arguments are far superior to those of lay people. To be taken seriously, a philosophical argument has to begin from a thorough understanding of an opponent’s’ position and formulate the position so that it is as plausible and attractive as possible. Lay people by contrast, typically load the dice by attacking the weakest versions of their opponents’ views they can find.
     
    We could greatly improve the quality of our debates if we simply held to the philosophers’ rule of understanding and charitably formulating our opponents’ views. 
     
    Daar is meer as net die bietjie wat aangehaal is, maar dit was hierdie sin wat vir my waardevol was: 
     
    We could greatly improve the quality of our debates if we simply held to the philosophers’ rule of understanding and charitably formulating our opponents’ views. 
     
    Die het gedoen, deur aan jou te bevestig dat die logika van jou argumente gevolg word, al is dit volgens my 'net', spekulasies binne 'n aanvaarbare raamwerk. 
     
    Daar kon nog steeds gesien word, hoe jou argumente moontlik waar kan wees, al betwyfel ek dit aan die hand van kennis wat nie in detail hier geplaas is nie en is dit veel meer as wat gewoonlik haalbaar is met gesprek deur ander met jou. 
     
    Daardie Jupiter en sy mane, dit bly 'n probleem, want dit beteken aan die hand van bogenoemde is jy nie bereid 'to formulate a position so that it is as plausible and attractive as possible', net soos jou verwerping van Judaisme ook weereens dit bevestig. 
     
    Sekerlik sal jy verskil. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Hallo Wouter,

    Ja, ek verskil.

    Wat die Jupiter gesprek aanbetref, is dit juis jou sielsgenote wat weens hulle verknogtheid aan hulle sekulêre dogma daaromtrent weier om my kant van die saak te probeer insien – jou kritiek slaan hulle dus tussen die oë.

    Net so ook met jou benadering tot dit wat ek weergee. Jy volg die hoofstroom sekulêre skrywers en alhoewel jy beweer dat jy my kant insien, dien jy dit slegs met die lippe – omdat jy daardie stukke filosofie wat jy omtrent debatvoering en filosofie, kwoteer en na waarde ag, maar self ook moet probeer begryp wat dit alles werklik behels. Dus, jy, soos jy ook dan nou in jou laaste kommentaar waarop ek hier reageer, sê, verwerp wat ek sê en dus is jou mededelings dat jy my kant van die saak insien, van nul en gener waarde – lippediens.

    Jy vertolk ook Williams se kommentaar op McCulloch heeltemal verkeerd in die rigting wat wou pas. Williams maak dit duidelik dat McCulloch baie moete gedoen het en ’n sekere stel inligting die wêreld instuur wat sekere perspektiewe daarstel, maar op géén stadium maak Williams die bewering soos jy beweer, dat hy McCulloch se werk as betroubaar vanuit die Christelike oogpunt, aanvaar nie. Die probleem is dat Williams nie reguit te werk gaan nie en dit veroorsaak dat mense daarin lees wat hulle wil. Sien dit so – as Williams werklik moes aanvaar wat McCulloch alles kwytraak as betroubaar  ten  aansien van die Christendom, dan sou Williams baie van sy oortuiginge moes prysgee, wat hy nie doen nie.

    Jou interpretasie van Williams ten aansien van McCulloch is dus met vooroordeel ten gunste van McCulloch se sekulêre benadering maar ten koste van objektiewe beoordeling.

    ’n Voorbeeld van bogenoemde is waar jy die hantering in die boek en wat deur Williams uitgelig word, van die spanning wat tussen Romeinse politieke bestel en vir-die-Romeine nuutgevonde Christelike Godsdiens bestaan het en hoe dié spanning in die destydse Joodse gemeenskap onder Romeinse heerskappy die hoof gebied is deur ’n Christelike identiteit, word deur die volgende aanhaling wat jy plaas, duidelik uitgewys: “The Jewish world was marked by a lively tension over how Jewish identity was to be understood. What Christianity brought into all this was a definition of Jewish identity that opened up to become a definition of human identity independent of any particular state apparatus; it created, you could say, the very idea of a religion as a form of belonging together that did not depend on political loyalties.”

    Kyk egter nou na jóú interpretasie daarvan en ons sien dat jy selfs ten aansien van jou eie gekose aanhalings, heeltemal van spoor afgaan juis vanweë daardie sterk vooroordeel en gepaardgaande vooropgestelde premis wat jou dwing om daarin te lees wat jy daarin wil sien, al staan niks daarvan daar, nie. Dit is dieselfde probleem wat Cornelius, byvoorbeeld, het – jy doen presies dieselfde.

    Wat die aangehaalde stuk juis tot die teendeel vir ons uitwys, is dat die Christendom eg Joods was en die Jodedom hul identiteit weer dáárin kon vind, ongebonde aan vreemde politiek en kultuur en dat die Christelike Godsdiens by noodwendige implikasie véél ouer is as die tydsgewrig waarin dit in Greaco-Romeinse verband gesien word – die laat stadium waar daar vir die eerste keer na Judeërs en Jode en hulle religie, judaisme, verwys is.

    Weereens, niks wat jy aangehaal het, ondersteun jou werklik in wat jy daaromtrent sê, nie, want die vooroordeel waarmee jy dié dinge bejeën, laat jou nie toe om objektiewe ondersoek te doen, nie.

    Jy word ook mislei deur die klem wat in daardie besprekings op die Nuwe Testamentiese tyd geplaas word, omdat dit die Nuwe, finale Era inlei, maar dit beteken hóégenaamd nie dat die Nuwe Testamentiese Era sonder die Ou-Testamentiese era kon bestaan, nie – die Nuwe-Testamentiese Era is juis die volvoering, die volbrenging, die volwasse wording, van die Ou Testamentiese era en is onlosmaaklik daaraan gekoppel.

    Julle pogings om die Nuwe Testamentiese era en Christelike Godsdiens te probeer skei van die Ou-Testamentiese era en oorspronklike Godsdiens, is soos om ’n volwassene van sy kinderjare te wil ontkoppel – net die dwaas sal soiets probeer en dan natúúrlik nie slaag nie … Maar dit is ’n groter dwaas wat dit nie kan insien, nie.

    Dit is maar ’n kwessie waarop ons almal moet let – daardie kwessie van objektiwiteit. Dit is wat ek doen. Ek word nie gelei om die feite te probeer interpreteer in ’n rigting nie, maar eerder waar die feite self heen lei. Feite spreek altyd vir hulleself.

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus

     
    Met die volgende aanbieding volg ek die Blackwell Companion to Judaism (Jacob Neusner and Alan Avery-Peck) (Location 495-539 en net gefokus op die belangrikste temas).
     
    Die Bybelse weergawe van die oorsprong en vroeë geskiedenis van antieke Israel is sonder twyfel 'n teologiese vertelling wat YHWH se optrede as die primêre oorsaak van Israel se bestaan ??en ervaring in die antieke wêreld ten doel het.
     
    Sommige beweer dat die Bybelse verhaal is dus 'n werk van fiksie en glad nie ernstig opgeneem moet word as geskiedenis nie en dat baie van die name soos Abraham, Moses, Dawid, Salomo nie tot grondslag gekom het of bevestig was tot lank na die tydperke waarin hulle was veronderstel om geleef het nie.
     
    Tog moet dit aanvaar word dat van die bevindinge gebaseer op die argeologie en Ou Nabye Oosterse tekste bied 'n mate van historiese agtergrond vir die basiese buitelyne van die Bybelse verhale.
     
    Soos enige teks funksionerend in geskiedenis het hierdie Bybelse verhaal sy eie historiografiese perspektiewe, en dit het sy eie belangrike doelstellings en spesifiek het dit as oogmerk die weerspieëling van die geskiedenis van Israel en Juda wat poog om die oorsprong van Israel te verduidelik as 'n poging om deur God om orde te bring in die wêreld, en die Babiloniese ballingskap as 'n daad van Goddelike straf.
     
    Ten einde die Hebreeuse Bybel se aanbieding te verstaan van Israel se geskiedenis, is dit belangrik om die historiese grondslag waarop dit gebaseer is in oorweging te bring.
     
    Die volk van Israel het relatief laat in die gebied van Kanaän arriveer, alhoewel Kanaän tekens toon van wêreld se oudste bewoonde 'stede' - Jericho, byvoorbeeld, dateer terug tot 9000 BCE. 
     
    In kontras tot dit word Israel eers genoem as 'n onafhanklike 'staat' in 1000 BCE.
     
    Soos alreeds aangedui en word dit nou weer herhaal, die oorsprong van Israel kan egter teruggevoer word so ver as die begin van die Brons tydperke van 3000 - 2000 en 2000-1550 BCE onderskeidelik.
     
    Gedurende hierdie tyd het Semities-sprekende, semi-nomadiese mense bekend in Mesopotamiese bronne as die Ammuru, "Westerlinge" begin om in te beweeg in die omstreke van die Arabiese woestyn aan die westekant van Sumerië of Babilonië in die gevestigde gebiede van die sogenaamde "Vrugbare Halfmaan", wat gestrek het van die Tigris en die Eufraat riviere in Mesopotamië of moderne Irak, deur Sirië en die ooste van Turkye, en Suid-in die land Kanaän of dan moderne Israel. 
     
    Gebiede, nedersettings, wat belangrik is vir die latere geskiedenis van Israel, soos Hebron, Sigem, Silo en Bet-El, is gestig gedurende hierdie tydperke, terwyl ander soos Dan, Megiddo, Bet Shean, en Jerusalem volgens sekere aanduidings gestig is in vroeër tydperke. 
     
    Alhoewel die Amoriete oor die algemeen beskou word met agterdog in die Hebreeuse Bybel (Gen 15:16: & Josh. 24:15), sien  sommige hierdie tydperk as die sogenaamde "Patriargale" of "Ancestral" tydperk van Abraham en Sarah en hulle nageslag ...
     
    Nog 'n moontlike voorloper tot die mense van Israel kan gevind word in die Laat Bronstydperk, 1550-1200 BCE toe ander groepe van semi-nomadiese mense bekend in antieke Nabye Oosterse rekords as die Habiru of Apiroe begin om te beweeg in die land Kanaän van die woestyn gebiede in die ooste. Sommige het probeer om die Akkadiese term Habiru gelyk te stel met die Hebreeuse term `Hibri (Hebreeus) maar die taalkundige argumente is nie heeltemal oortuigend nie.
     
    Die term self verskyn om te dien in Akkadies as 'n aanwysing na die barbare wat as die buite die 'aanvaarde beskawing', gestaan het en wat rofweg in die tyd afspeel waarin Abraham in Gen. 14:01 tot 03, waar hy geroep is a 'n Hebreër. (Abraham as barbaar?)
     
    Kanaän gedurende hierdie tydperk was 'n versameling aparte 'stad-state' wat onderhewig was aan Egipte. 
     
    Die tekste geskryf gedurende hierdie tydperk deur die verskillende Kanaänitiese stad-staat leiers na hul Egiptiese heersers maak voortdurend melding van die rol van die Habiru met betrekking tot die konflikte wat ontstaan ??het tussen die 'stad-state'. 
     
    Die leiers van Megíddo en Jerusalem in die besonder kla oor die bedreiging wat aan hulle deur die alliansie tussen Koning Lubayu van Sigem en die Habiru. Sigem, natuurlik, was die plek van belangrike Israelitiese verbond seremonies by die tyd van Moses en Joshua.
     
    Egiptiese rekords gedurende hierdie tydperk te praat van Habiru / Apiroe slawe terwyl 'n 'monument vab 1224-1216 BCE die eerste verwysing na Israel bevat wat in die hiërogliewe as 'n grondlose, nomadiese groep verteenwoordig word.
     
    Met die begin van die Ystertydperk wat strek van 1200-1000 BCE het was 'n groot deel van die land van Israel in konflik. 
     
    Hierdie konflik was veral in die grensgebiede wat gelykstaande is aan die moderne 'West Bank' en die laagliggende kusvlakte wat gedien het as die tuisland van die Filistyne.
     
    Die Filistyne is oor die algemeen geïdentifiseer met die sogenaamde 'sea peoples' wat gepoog het om Egipte binne te val in die twaalfde eeu BCE en vestig hulle in die kusvlakte van Israel na hulle verslaan is deur die Egiptenare.
     
    Hulle was die eerstes wat yster in antieke Kanaän gebruik het en wend hul kundigheid aan om wapens te vervaardig en 'n alliansie tussen die vyf vernaamste stede te organiseer. 
     
    Die doel was blykbaar die oorheersing van die handel roetes deur Kanaän, en die getuienis van konflik by die grense van die kusvlakte en die gebergte dui op 'n vroeë konflik tussen die Filistyne en die minder gevorderde bewoners van die gebergte, wie baie identifiseer as vroeë Israeliete.
     
    Die tydperk van konflik geëindig het in ongeveer 1000 BCE wat ooreenstem met die begin van die Dawid-Salomo ryk, soos verteenwoordig in die Hebreeuse Bybel.
     
    Daar is geen antieke rekeninge van die opstand in die noorde van Israel teen die koningshuis van Dawid, maar latere Assiriese en Babiloniese rekords erken dat die koninkryke van Israel en Juda bestaan ??het as afsonderlike state. 
     
    Natuurlik is dit onmoontlik om aan die hand van die ou Nabye Oosterse rekords of argeologiese ondersoek te kan bevestig of ontkenning van God se betrokkenheid in die geskiedenis van Israel en Juda te bied. 
     
    Dit is, na alles, 'n bewering van godsdienstige geloof eerder as van bewysbare wetenskap. 
     
    Nietemin, soos bewys bevestig bogenoemde die basiese raamwerk van Israel en Juda se geskiedenis, soos aangebied in die Hebreeuse Bybel, en dit dui op 'n begrip van die redes waarom so geskiedenis geskryf is. 
     
    Geskiedenis word nie net geskryf om die verlede op rekord te plaas nie maar ook om as die basis vir die verstaan van die hede te dien en as 'n grondslag vir die neem van besluite oor die toekoms te voorsien. 
     
    In hierdie verband moet die verhaal en geskiedenis vanaf Genesis tot en met Konings verstaan ??word as 'n poging om YHWH se verhouding met Israel en Juda te formuleer en 'n vertelling daar te stel wat aandui tot watter mate YHWH beheer het oor geskiedkundige gebeure.
     
    Volgens die Hebreeuse Bybel het YHWH vorm gegee aan Israel. Israel verlos van Egiptiese ballingskap en gee aan Israel die beloofde land, en straf Israel met latere ballingskap weens hul mislukking om aan Goddelike verwagtinge te voldoen.
     
    Maar met die verval en afval kom die belofte van 'n beter toekoms, in beide die Joodse en Christelike vorm. 
     
    Vir die Jood is daar herstel na die ballingskap en 'n nog beter toekoms. 
     
    Die Christen sien daardie herstel in die koms van Christus en grootliks die grondslag van jou argumente van verval en afvalling en dan die koms van die Messias. 
     
    Bogenoemde bied die konteks en word dit aan die leser gelaat om te oordeel. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Kobus

     
    Soos ooreengekom, is daar ooreengekom om te verskil maar is jy te kras met jou ontleding van my stelling van 'verwerping'.
     
    Dit was die inleidende gedagtes tot die eindpunt van wat my brief se doelstelling was, naamlik dat 'debat', 'argumente', misluk omdat daar nie gepoog word om die beste moontlike weergawe van jou teenstander se argument te probeer vind nie. Daardie verwerping wat so standaard is in vele argumente is juis wat as 'n probleem in my inleiding uitgewys is. Indien hierdie gesprek werlik van nul en gener waarde was nie, sou ek al afgestap het van dit, soos ek al gedoen het met Cornelius of hier dit tot 'n end probeer bring het, maar die gesprek gaan voort, alhoewel die natuurlike einde dalk nou naby is. 
     
    Jou nuwe ontleding van Christenskap is 'n manier waarop die Jode hul identiteit kon herwin is 'n slim herinterpretasie om weereens die Joodse geskiedenis te kaap. Verskoon die term as dit te kras is. 
     
    Jou slim herontleding slaag nie en is dit weereens 'n geval van Christenskap wat in die skuld van Judaisme is en was die bedoeling nie soos jy impliseer dit was nie en het die verwysing van Williams die volgende in gedagte:
     
    A History of Christianity (Diarmaid MacCulloch)Kindle Location: 1730-48  | Added on Tuesday, April 23, 2013, 08:02 PM
     
    "Qoheleth’s smile at human folly is chillier than that of the Greek Cynics or Stoics; at the end, it falls away and dims into a description of the decay of old age moving towards the grave. Yahweh provides no comfort, but ‘the spirit returns to God who gave it. Vanity of vanities, says the Preacher; all is vanity.
     
    But this was not the only mood in post-Exilic Jewish literature. It was capable of directly contradicting Job and Qoheleth, with calls to activism in leading a morally upright life, such as those in the Book of Proverbs, whose cosy assertions of the value of everyday goodness have provided material for settled Jewish or Christian societies ever since. 
     
    Writers seeking to rebuild Israel gave unambiguous answers to the great question aroused by Jewish experiences after 586. 
     
    They created new sets of laws and careful restorations and extensions of past ceremonial practice in the Temple, taking care that most of it was represented as a return to ancient decrees of the Lord from before the Exile. 
     
    They stated in ever more extreme terms the message of separation which had been the centrepiece of the Deuteronomistic reform movement; now they had the catastrophe of the Babylonian captivity to ram home the point that Yahweh wanted obedience to his law and had severely punished the nation for not providing that obedience. 
     
    Never again should Israel make the same mistake. On this principle was founded the continuing existence and development of Judaism. Like its daughter religion, Christianity, Judaism has often fostered the idea that it has an exclusive approach to the divine. 
     
    Yet this claim to exclusivity was coupled with a remarkable new feature of Yahweh’s religion – or perhaps really a return to its miscellaneous origins amid the displaced people of the Habiru. From this period under Persian rule comes an acceptance that it was not necessary to be born a Jew to enter the Jewish faith: what was necessary was to accept fully the customs of the Jews, including the rite of genital circumcision performed on all Jewish males. One could then be accepted as a convert (‘proselyte’, from a Greek word meaning ‘stranger’ or ‘foreigner living in the land’). 
     
    It was enough to accept the story which Judaism told: so in theory, Judaism could become a universal religion. 
     
    Jews did not generally take that logical step of thought. It was left first to Christianity and then to Islam to make it a great theme of their faith."
     
    Dit bevestig die oorsprong van die idee en kan dit nie ontken word nie. 
     
    Dit is maar ’n kwessie waarop ons almal moet let – daardie kwessie van objektiwiteit. Dit is wat ek doen. Ek word nie gelei om die feite te probeer interpreteer in ’n rigting nie, maar eerder waar die feite self heen lei. Feite spreek altyd vir hulleself.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Hallo Wouter,

    Ek wonder waarom jy McCulloch aanhaal terwyl ons Williams se kommentaar bespreek het, om sodoende te probeer om te weerlê wat ek gesê het? Duidelik is Williams se afleiding van die feite soos dit selfs deur die bevooroordeelde bril van McCulloch voorgedra is en wat deur jou in jou vorige kommentaar waarop ek gereageer het, aangehaal het, in ooreenstemming met my eie. Waarom sou jy nou McCulloch, wat nié ’n gelowige Christen is, nie, maar ’n sekulêre geskiedskrywer, wil probeer gebruik om dít wat ek weergee, te weerlê?

    Dan wonder ek ook boonop of jy hoegenaamd verstaan wat jy self van McCulloch aanhaal – want ek verwys in my vorige weergawe na die aanhaling wat jy verskaf het, welke die Nuwe Testamentiese Era tydens en net na die HERE Jesus Christus se koms en Hemelvaart uitwys as synde die era waar, aldus Williams, na aanleiding van McCulloch se navorsing (let wel, nie sy interpretasie en opinie daarvan nie) “Greco-Roman religion had ended up with an uneasy mixture of the cult of the emperor (increasingly odd as the empire became a military dictatorship constantly changing hands after bloody conflicts) and a chaotic plurality of local rites and myths. The Jewish world was marked by a lively tension over how Jewish identity was to be understood. What Christianity brought into all this was a definition of Jewish identity that opened up to become a definition of human identity independent of any particular state apparatus; it created, you could say, the very idea of a religion as a form of belonging together that did not depend on political loyalties”, terwyl jy dan vir McCulloch aanhaal oor ’n era véél later, die post – 586 n.C. tydperk.

    Dit is ’n bespreking van die verwarring en beroering binne die Judaisme wat hy aanspreek en het met die Christendom niks te make nie.

    Blykbaar kom jy nie agter wat daar aangaan, nie. Die feit dat McCulloch na die Christenskap as ‘daughter religion’ verwys, verbaas nie, want dit is presies die tipe insigloosheid wat ons van ’n sekulêre geskiedkundige soos McCulloch kan verwag omdat hy, soos verskeie ander met dieselfde probleem, nie kan insig verkry in die pre – Nuwe Testamentiese ontwikkeling van die oorspronklike Godsdiens tot by waar dit in Nuwe -Testamentiese Christendom kulmineer (volwassenheid bereik), nie, deur juis weg te breek van judaisme, die geloofsversaker, renegaat – religie.

    Maar die eienaardigste is dat jy self nie kan insien dat McCulloch se eie tog deur die geskiedenis, hom uitbring by die posisie waar hy self skrywe “Yet this claim to exclusivity was coupled with a remarkable new feature of Yahweh’s religion – or perhaps really a return to its miscellaneous origins amid the displaced people of the Habiru”.

    Die meeste gerekende geskiedskrywers meen dat die Habiru júís die Hebreërs van ouds was, omdat die ander nasies nie geweet het wie hulle is en waarvandaan hulle kom, nie – vandaar dat daar na hulle verwys word as ‘habiru’ en ‘ibri’ (soos uit die Amárna briewe uit die argief van Amenophis ?III en Amenophis IV van Egipte verwys word asook die nóg ouer Nuzi tablette) en later die naam Hebreërs afgelei van die Egiptiese woord ‘Aperioe’ én daar is ’n direkte verband tussen dié naam en die afstammelinge van Sem, die stamvader van Heber en Abraham – die ooreenkoms met Heber is voor die hand liggend.

    Dus, McCulloch sélf  (sien die deel wat ek aanhaal in vetdruk) verleen dus erkenning aan die Godsdiens wat tóé al, lánk voor die judaisme sy ontstaan had, bestaan het en dit is volkome te versoen met die Christelike Bybel, die opgetekende Woord, want dit staan vas dat die Christen Bybel die Christelike geloof deurtrek tot by Adam en verál via Noag, Sem en natuurlik, Abraham, Izak en Jakob.

    In hierdie hele verhaling is dit duidelik waar die judaisme vir die eerste keer behoorlik beslag gekry het, nes ek die heeltyd weergee  – tydens die ballingskap en net daarna – McCulloch se aanhaling bevestig dit.

    Maar, soos dit met die sekulêre kommentator gaan, kan hy self nie onderskei nie en kan dus ook nie besef wat die wesentlike verskil tussen Christendom as die oudste, oorspronklike Godsdiens is en die judaisme, nie. Uit jou eie aanhaling blyk die verskil “They created new sets of laws and careful restorations and extensions of past ceremonial practice in the Temple, taking care that most of it was represented as a return to ancient decrees of the Lord from before the Exile. They stated in ever more extreme terms the message of separation which had been the centrepiece of the Deuteronomistic reform movement; now they had the catastrophe of the Babylonian captivity to ram home the point that Yahweh wanted obedience to his law and had severely punished the nation for not providing that obedience” – die judaisme.

    Dit skril teen elke beginsel van die ware, oorspronklike Godsdiens, die Christelike Godsdiens – daardie maak van hul eie nuwe reëls waarna McCulloch verwys, wat hulle tot Goddelike wette probeer verhef (die Christendom daarenteen onderhou die oorspronklike Goddelike Reg) en die eksklusiwiteit van die judaisme (die Christendom daarenteen, is die Godsdiens vir alle nasies – judaisme kon nie daarby kom nie want dit is nie die ware Godsdiens nie) en die liefdelose, Geeslose afdwinging van 613 wette as 'n vorm-religie tot die mate dat hulle die Messias verwerp deur  hulle dooie, lewelose vorm-gebondenheid (en dit is juis hierdie toepassing van die wet wat deur Paulus so indringend teengewerk word want die wet op daardie manier, is dood) asof God dit óóit só wou hê (die Christendom se kontrasterende twee Groot Liefdesgebooie as die samevatting en uitlewing van die oorspronklike Goddelike Reg) …

    Dus ek dink nie jy verstaan werklik wat jy lees nie, nie eens jou eie keuse van skrywers, wanneer dit by sake Gods kom, nie, weens jou agnostisisme.

    En só herhaal ek vir jou, in die hoop dat jy, voordat jy dit later weer papegaai, sal probeer insien wat die strekking en implikasies van die volgende is …

    Dit is maar ’n kwessie waarop ons almal moet let – daardie kwessie van objektiwiteit. Dit is wat ek doen. Ek word nie gelei om die feite te probeer interpreteer in ’n rigting nie, maar eerder waar die feite self heen lei. Feite spreek altyd vir hulleself.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Die Ou Testament vertel die 'geskiedenis' van Israel vanaf die eerste mens tot met die hoogtepunt van hierdie vertelling: die koninkryk van Josía. Hierdie hoogtepunt bring al die legendes, mites en dalk sekere geskiedkundige karakters en gebeurtenisse bymekaar. Hierdie proses begin alreeds met die koningskap van Hiskía (Hezekiah). Met die ontydige dood van Josía, die ballingskap van Juda en die terukeer na Jerusalem word daar verder geskaaf aan die teks van die Ou Testament. Die oorsprong van die JEDP hipotese lê in hierdie proses. Who Wrote the Bible'van Richard Eliott Friedman bied 'n baie leesbare weergawe van die geskiedenis van hierdie teorie en verduidelik dan met voorbeelde hoe dit werk. Hy gee ook 'n paar van sy eie idees wat nie heeltemal ooreenstem met die van Julius Wellhausen (wie se Prolegomena ek nog nie gelees het nie) wat maak vir 'n stimulerende lees.

    Jy vind dit dalk interessant om ook te kyk na die werk van Israel Finkelstein en Neil Asher Silberman (The Bible Unearthed - Archaeology's New Vision of Ancient Israel and the Origin of Its Sacred Texts) en dit te vergelyk met die gevolgtrekkings van Friedman.

    Dit is seker baie moontlik dat jy alreeds bekend is met minimalisme in die Ou Testament en ek sal graag jou opinie daaromtrent wou hoor. Ek het nog baie min gelees oor die onderwerp, maar vind die argumente vir 'n sewende-eeuse oorsprong van die Ou Testament onweerstaanbaar.

    Chris

    Ns. Intussen het ek Three Faiths, One God - The Formative Faith and Practice of Judaism, Christianity and Islam van Jacob Neusner in die hande gekry. Sodra ek met die boek waarmee ek tans worstel klaar is begin ek lees daaraan.

     

  • Hello Kobus, 

     
    Nee, nog steeds nie, bied jy 'n vertelling wat as 'n betroubare aanduiding vir die geskiedkundige waarheid beskou kan word nie. 
     
    Niks wat jy hier geskryf het is tot op datum bevestig deur eksterne geskiedkundige bronne nie en bly die verhaal die van 'n groep en die kronkelpad en draaie wat daardie nasie oor duisende jare ervaar het en onder die term Jode, Judaisme, Israel gekenmerk word. 
     
    Hierdie is dus die geskiedenis van 'n groep wat oor 'n lang tydperk verwoord word en aandui hoe die groep hul eie geskiedenis opgeskryf het en daarmee 'n tradisie en identeit daar gestel het. Die probleem kom met jou slim ontleding waar jy weereens die Christen geloof voorrang probeer gee met die volgende aanhaling: 
     
    Wat die aangehaalde stuk juis tot die teendeel vir ons uitwys, is dat die Christendom eg Joods was en die Jodedom hul identiteit weer dáárin kon vind, ongebonde aan vreemde politiek en kultuur en dat die Christelike Godsdiens by noodwendige implikasie véél ouer is as die tydsgewrig waarin dit in Greaco-Romeinse verband gesien word – die laat stadium waar daar vir die eerste keer na Judeërs en Jode en hulle religie, judaisme, verwys is. 
     
    Die punt waarby jy uitkom is dat die Christendom dan veel ouer is, maar dan moet die metode waarvolgens daarna gekyk word die riglyne volg wat jy daar stel. 
     
    Hoe kan dit aanvaarbaar wees, die kronologiese verloop van die werklike geskiedenis moet eerbiedig word, dit kan nie na willekeur deur jou aangepas word en jy volgens eie oordeel verklaar wie is afvallig en wie is nie. 
     
    Dit is 'n verdraaide 'Christen blik' op die geskiedenis van 'n groep wat nou buite Christene staan, kan nie staan nie. 
     
    Tesame daarmee poog jy dan om dit te draai en te formuleer dat die Christendom eg Joods was en die Jodedom hul identiteit weer dáárin kon vind. 
     
    Indien dit werklik so was, hoekom was daar nie 'n algehele aanvaarding van hierdie nuwe pad tot identiteit en het 'n groot groep mense gekies om buite dit te staan en die identiteit van Jood te behou. 
     
    Die rede daarvoor is eenvoudig, hierdie nasie, volk, groep, het 'n trotse tradisie en geskiedenis wat eie aan hulle is, daar is dus geen rede om daardie identiteit te wil opgee om aan Christenskap te wil behoort nie en het Judaisme niks verloor deur nie so te doen nie. 
     
    Dit is die Jood/Judaisme  se volste reg en doen geen afbreuk van die geldigheid van hulle geloof en die geskiedenis wat dit voorafgaan nie en dan te kom en te probeer aanvoer dat die name wat die volk oor 'n tydperk genoem is, die oorsprong is wat jy soek vir jou eie 'ware geloof', kan nie staan nie, en moet respek betoon word aan die groep wie se geskiedenis dit is en die pad wat die groep oor tyd geloop het. 
     
    Daar is na Diarmaid MacCulloch in detail verwys sodat die konteks van Williams se bespreking duideliker kon wees en dan bevestig dit die ontdekking wat vir al wat 'n Christen 'n openbaring is: 
     
    Yet this claim to exclusivity was coupled with a remarkable new feature of Yahweh’s religion – or perhaps really a return to its miscellaneous origins amid the displaced people of the Habiru. From this period under Persian rule comes an acceptance that it was not necessary to be born a Jew to enter the Jewish faith: what was necessary was to accept fully the customs of the Jews, including the rite of genital circumcision performed on all Jewish males. One could then be accepted as a convert (‘proselyte’, from a Greek word meaning ‘stranger’ or ‘foreigner living in the land’). 
     
    Die openbaring wat bevestig hoe die idee van 'n universiele geloof posgevat in die Joodse tradisie en hoe Paulus dan later daarmee gehardloop het. 
     
    Die skuld is daar en 'n aspek wat na duisende jare nou vergete is. 
     
    Daarmee moet gehandel word en bevestig weereens tot watter diep mate Christenskap sy wortels in Judaisme het. Waar Judaisme geensins as afvallig beskou word of nie as die oorsprong gehuldig moet word en dit aanvaar moet word dat die verhale opgeskryf die Joodse verloop verwoord en die mitiese oorsprong van jou 'ware geloof nie'. 
     
    Die verhale van die Jode se voorvaders, Abraham, Isak, Jakob en Jakob se twaalf seuns (en een dogter) maak die grootste deel van Genesis (12-50) uit. 
     
    Die doel van J was die skepping van die land se pre-geskiedenis. Hier word verwys na dit wat vandag Israel genoem kan word en deur Jode bewoon word. 
     
    Die historikus J, skrywer van die eerste vyf boeke het gepoog om 'n struktuur daar te stel waar die plaaslike tradisies van die voorvaders verwoord kon word. Om dit te doen is die metode van genealogiese gebruik en die verhaal van opeenvolgende geslagte vertel en het as gebied waarin die verhaal afspeel die hele streek van die land van Israel. 
     
    Om dan te kom soos jy doen en aanvoer dat Habiru die mitiese oorsprong is van jou 'ware geloof' is net te dik vir 'n daalder. 
     
    Nieteenstaande jou beweringe kan dit genoem word dat hierdie metodiek is 'n verskynsel wat voorkom in die vroeë Griekse tradisies ook en word die patroon gevolg waar die voorvaders uiteengesit in die geslagte van Abraham tot en met die twaalf seuns van Jakob, en daardeur die bevestiging bied vir die stamme van Israel (= Jakob). 
     
    Volgens J, is daar alreeds in die tyd van die voorvaders beslis wat die lot van hulle nageslag gaan wees soos bepaal deur God se beloftes van nasieskap, land, en voorspoed tot in die duisendste geslag. 
     
    Hierdie beloftes word herhaal aan elke opeenvolgende generasie, sodat daardie beloftes en verloop van tyd 'n historiese betekenis aan die tydperk as 'n geheel en die episodes in dit gee en dan hiermee die kronkel en draaie van hierde nasie bevestig.
     
    Dit laat nie toe dat 'n buitestaander soos jyself dan kan kom en hierdie geskiedenis probeer kaap nie, hierdie is verhaal van oorsprong en wedervaringe wat die Jood/Judaisme/Israel aan hulle self vertel, die fondasie van hulle identiteit.  
     
    Hierdie is dan die wyse waarvolgens J 'n belangrike nuwe dimensie aan die Israelitiese-Joodse gevoel van identiteit geskep het, want dit formuleer 'n kriteria vir die nasionale identiteit wat eens slegs op 'n etniese identiteit gebaseer was na een wat as grondslag het 'n gemeenskaplike stel voorvaders aan wie die Here 'n  onvoorwaardelike belofte van nasieskap en identiteit gegee het. 
     
    Selfs na die val van die staat en die verlies van 'n land, kon die mense in ballingskap en diaspora of  verspreiding 'n gevoel van identiteit behou. 
     
    Dit word bereik deur middel van hul band met Abraham en die aspirasies van die patriargale beloftes en die verbond gesluit met God.
     
    Daarom dan is die definisie van godsdiens as 'n openbare en kommunale meelewing so waardevol en word dit uitgeleef in Judaisme boodskap en die bevestiging wat dit bring in die omgewing van die lewe van 'n groep wat homself "Israel," betekenis, soos ons sal sien , die erfgename van die heilige mense van wie die Hebreeuse Skrif of "Ou Testament" praat.
     
    Judaisme/Israel het nie 'n "Ou Testament" nie. 
     
    Daar is net die Hebreeuse tekste en nie volgens die manier wat jy dit sou wou lees nie. 
     
    Net soos die woord "Israel" in die Bybel en in die kanonieke geskrifte van die godsdiens, Judaïsme, verwys na die heilige gemeenskap wat deur God geroep was in die tyd van Abraham en Sarah en God aan hierdie wat geroep is die Torah ("onderrig") by die berg Sinai gegee het en onder die beskerming staan waarna in die gedigte verwys word wanneer die digter praat van die volgende, "Die een wat die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie." 
     
    Die Psalmskrywer en die Profete, die wyse manne van Judaïsme oor alle tye en ook so in die gebede van Judaïsme leer bevestig dat die woord "Israel" beteken "die heilige gemeenskap." "Israel" in die Joodse vorm die eweknie van "die Kerk, die mistieke liggaam van Christus" in die Christendom, net soos daarop moet gelet word dat vandag "Israel", "die staat van Israel", ook beteken. 
     
    Hierdie is dus die buitelyne van 'n groep se vertelling oor hulle identiteit. Hierdie vertelling laat nie toe die mitologie waarmee jy hier vorendag kom nie en daarmee 'n vertelling bied wat deur geen eksterne historiese rekord bevestig word nie. 
     
    Dit word wel verwoord deur sekere teologiese skrywers wat jy al hier aangehaal het, maar geen vertelling wat ek gelees het bied 'n bevestiging vir jou argumente. 
     
    Hierdie is presies dieselfde patroon gevolg met jou ontkenning van Galileo se ontdekking in 1610 van Jupiter se vier grootste mane, 144 rondtes het die twis gegaan met geen einde nie. 
     
    Die verhaal is, dat Galileo het gedink dat dit sterre is wat hy waargeneem het maar het met insig uitgepluis wat werklik aan die gang was, hier was 'n hemelse liggame met ander hemelliggame wat om dit sirkel. Vir 'n Bybelse kosmologie wat die aarde in die middelpunt van alles geplaas het was hierdie implikasies van kardinale belang en het duisende jare se denke not niet gemaak wat aangevoer het die aarde is die middelpunt van die heelal. Galileo se prestasie staan maar hierdie insig het nie 'n einde gebring aan onkunde en magiese denke en hardkoppigheid en is Galileo se kritiese denke en nuuskierigheid van uiterse belang in debatte soos hierdie, waar ontekenning die norm is. 
     
    Soos gewoonlik, maak van jou ander gunsteling maniere ook weer 'n opwagting: 
     
    Sien dit so – as Williams werklik moes aanvaar wat McCulloch alles kwytraak as betroubaar  ten  aansien van die Christendom, dan sou Williams baie van sy oortuiginge moes prysgee, wat hy nie doen nie.
     
    Dit is nie wat Williams doen nie en gee niks prys nie en beaam die prestasie van McCulloch. 
     
    Die tweede manier, is die verwysings na sekulêre benaderings en dat McCulloch kwansuis sy objektiewe beoordeling daardeur verbeur. 
     
    Spiritualiteit, jy het jou weerhou van 'spirituele intelligensie', aangesien jy seker nou al besef dit word glad nie ernstig opgeneem as 'n manier van ontleding nie en dat dit slegs 'n spesiale pleidooi van jou kant af is, om alle alternatiewe argumente te diskwalifiseer. 
     
    Beide denkers word deur jou diskwalifiseer, al wat mag staan is jou 'ware geloof' se mitiese oorsprong. 
     
    Net soos Jupiter se mane ontken word, ontken jy Israel jsy geskiedenis en staan jy vierkantig aan die verkeerde kant van die geskiedenis. 
     
    Hierdie is my laaste skrywe aan jou onder hierdie onderwerp en kan die laaste woord dan sekerlik joune wees.
     
    Soos reg in die begin aangedui, jou vertelling is bekend aan my, en dit is in my agterkop en as ek hoegenaamd iets in historiese werke, let wel nie teologie nie, lees wat ondersteuning bied vir wat jy hier formuleer sal ek die eerste een wees wat 'n brief tot daardie hier sal plaas en jou stellings bevestig.
     
    Tot die volgende onderwerp en die verskille vooruitspruitend daaruit. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Chris, 

     
    Hierdie is 'n harde neut om te kraak, daardie komplekse wisselwerking tussen dit wat beskryf word as werklike geskiedenis en dan 'n teologiese vertelling van daardie geskiedenis. 
     
    Daar is baie studies wat hierdie die hoof bied en is dit veral die volgende boeke wat die uitdagings baie duidelik maak. 
     
    In die volgende volg ek, A History of Histories: Epics, Chronicles, Romances and Inquiries from Herodotus and Thucydides to the Twentieth Century van John Burrow. Hoofstuk 12 en in Kindle terme, Location 3299-3339 en word die belangrikste temas soos volg verwoord. 
     
    Die verskille tussen Bybelse en Bybels geïnspireerde en klassieke geskiedskrywing is veelvuldig van aard. 
     
    Die historiese boeke van die Bybel is nie gebonde aan die reëls van die klasieke retoriek nie en alhoewel die Bybel mite en die epiese insluit asook ekstasiese liedere, gedigte en klaagliedere is dit gevul met die gewone huislike dag tot dag en is daar niks wat buite hierdie boeke staan nie, hetsy Goddelik of menslik. 
     
    Niks is vir dit vreemd nie, alles vind 'n plek in hierdie boeke en vertellings en die verhaal wat dit formuleer. 
     
    Burrow verwys na die aspek van priesters en aartsvaders, konings en profete. 
     
    Ten spyte van hierdie konings en profete en ander belangrike figure is dit in essensie egter die verhaal 'n volk, die kinders van Israel en hulle verhouding met hulle God en hulle lotgevalle oor tyd wat onlosmaaklikbaar godsdiens en geskiedenis verweef. 
     
    Die rede hiervoor is weens die feit dat God beskou word as die een wat beslis oor die verloop van die geskiedenis en dat dit volgens God se wil geskied. 
     
    Daar is geen uitsonderings nie en 'n manier om te ontsnap van hierdie almag nie. 
     
    God is daarom alomteenwoordig en almagtig in 'n manier wat heeltemal verskil van die manier hoe die noodlot, geregtigheid en die wil van die in die 'hemel' (Zeus et al) in die klassieke historiografie uitgebeeld word. 
     
    Hebreeuse geskiedenis word met voorbedagte rade gelei, asook die opskryf van dit, lank voor die Christendom, as direk geïnspireer is en is daar geen geen uitdrukking van twyfel, die gesag is God homself. 
     
    Hierdie geskiedenis en die vertelling daarvan het 'n herhalende patroon van sonde en straf en met verlossing, afval en herstel, is dan die algehele patroon. 
     
    Dit het 'n begin (Adam, Noag en die belofte aan Abraham) en is daar 'n begin en 'n einde: die sonde en dan die laaste oordeel, met heil vir 'n paar. 
     
    Die Pentateug, die eerste vyf boeke van die Hebreeuse geskrifte, wat waarskynlik verwys na die gebeure aan die einde van die tweede millennium BCE is geskryf in die eerste helfte van die eerste millennium BCE en is dit versamel in die tweede helfte, in die kanon van die Bybelse boeke soos dit vandag daarna uitsien: 
     
    Considered as a whole, of course, the Hebrew scriptures are immensely heterogeneous, comprising various genres of ancient literature: creation myth, national epic, wisdom literature, genealogies and king lists, songs and prayers, laws and detailed ritual prescriptions, prophecy and protracted warnings of divine wrath, often clothed in symbolism, though without the oracular sites prominent in the Hellenistic world. They also contain something like ‘political history’, especially in the books of Samuel, Kings and Chronicles. Yet on a wider view they have too an extraordinary narrative coherence, presenting a view of the fate of mankind and subsequently of God’s Chosen People from the Creation and the expulsion from Paradise as a result of Adam’s sin to the second beginning of mankind with Noah, after the Flood; then to God’s promise of land and favour to Abraham, vindicated in the deliverance from Egyptian captivity; then the journey of the people through the wilderness under their great leader Moses, by whom they are handed down God’s law. They conquer and settle their Promised Land, the land of Canaan. All this can be described as foundation myth merging into epic. 
     
    Niks van hierdie is nuus vir jou en is hierdie wat as die konsensus beskryf kan word om hierdie 'Bybelse geskiedenis' te verwoord en in konteks te plaas. 
     
    Die temas word soos volg verder beskryf. 
     
    The people transgress again, rather as the world’s inhabitants had done before the divine punishment of the Flood; they suffer a second exile, this time to Babylon, under Nebuchadnezzar; the Temple in Jerusalem, the centre of their national cult of Yahweh, is destroyed. Their return from this exile, or ‘captivity’, and the rebuilding of the Temple are owed to the Persian Great King Cyrus, whose empire has succeeded that of Babylon as supposedly (though spuriously) prophetically described in the Book of Daniel. This unity of theme, whose protagonist is the children of Israel and whose divine orchestrator is Yahweh, is no doubt the product of judicious editing and selectivity, with the part sometimes standing for the whole and significant events symbolically magnified and simplified.
     
    Met hierdie kennis en agtergrond, hoe kan enige aanspraak dat hierdie werklike geskiedenis is ernstig opgeneem word. Dit is jammer dat dit so ooglopend gesien kan word deur die wat buite die geloof staan en dan het jy 'n Kobus De Klerk wat op hierdie put en dan 'n alternatiewe verhaal daar stel om sy skepping van die 'ware geloof' te probeer fundeer, net soos hierdie as werklike geskiedenis deur vele gelowiges aanvaar word. 
     
    Bogenoemde lees ek dan saam met die volgende: A Companion to Western Historical Thought (Blackwell Companions to History) (Lloyd Kramer and Sarah Maza)Kindle Location 460-94  
     
    The Priestly History (P)
     
    The Priestly historian (P), writing in the period of reconstruction in Judah in the late 5th century BCE, has expanded and modified the earlier history of J in a number of significant ways. 
     
    To J's primeval history P has added, as a prologue, a cosmology that includes the origins not only of human, animal and  plant life as in J, but also the rest of the cosmos. 
     
    This is done in a series of  pronouncements by the one deity distributed over the course of six days. When  this basic order has been established and confirmed as "very good," the seventh day is consecrated as a holy day of rest in imitation of the creator's rest.It has long been observed that P's presentation of creation is greatly at variance with that of J in Genesis both in the manner of presentation and  also in the ordering of the individual acts of creation. 
     
    This is largely due to  the fact that P has taken up the cosmogonic myth of origins and demythologized   or rationalized various features of it, so that dividing the waters of the  abyss is no longer the mythical slaying of the demonic monster; the word that  empowers "earth" to bring forth her fruit is a pale reflection of the great mother goddess; the sun and moon who "rule" the day and night have, in P,  become great lamps in place of gods. 
     
    Thus, the "genealogy of heaven and  earth" (2:4) follows the fixed succession of events that one finds in theogonies,   but in a rationalized form to make it conform to the monotheistic theology of the P tradition.P's prologue in this universal history begins with the creation of time itself  by virtue of the god's creation of light that makes possible the first day. 
     
    This  creation of time is then used as the temporal measurement for the rest of the  days of creation. 
     
    Furthermore, the primary function of the heavenly bodies is  to regulate times and seasons, months, and years. 
     
    The sacred days, especially  the Sabbath, are reckoned as part of this cosmic order. Once this ideological foundation for precise chronology has been established,  P attempts to order the rest of the history into a strict chronological scheme.In the Babylonian antiquarian tradition, the chronology of the world was  fixed by the descent of kingship from heaven at the beginning of time, its  renewal after the flood and its strict chronological succession to historical  times. 
     
    A later variant of this tradition tells of the creation of the king as a  special human being to rule over the rest of ordinary humanity by the transmission   of divine attributes from the various deities to equip him for the task  of governance. 
     
    P has taken over this myth, even retaining the hint of the divine  council: "Let us make humans in our image and after our likeness and let them  have dominion...." Yet the myth has been democratized to apply to all  humanity and its relationship to the rest of creation. 
     
    So universal history is no longer determined by the chronology of a line of Babylonian kings, but by  humanity from Adam to his offspring. It is a single history of one humanity  under a single unnamed deity who controls the whole of the cosmos.
     
    The chronology of the flood story is also  modified to make the flood one year in length and fitted into the larger  absolute chronology within the life of Noah. 
     
    The lives of the patriarchs are  likewise supplied with a precise chronology for the principal events in their  lives, especially as they relate to births and deaths.
     
    Another important aspect of P's historiography is his attempt to periodize  history into certain eras. 
     
    This was already suggested to some extent by J's  major divisions, but P heightens these in particular ways. 
     
    The first period  begins with the first human pair to whom the god extends his blessing of  fruitfulness and an injunction to rule the earth. 
     
    Humanity is also given the  fruits of the earth to eat, but not meat, and is thus vegetarian. 
     
    This era extends  to the time of the flood. After the flood, the god renews his blessing of  fruitfulness to the survivors but now permits them to eat meat. 
     
    Yet they are  under new laws regarding homicide, the violence that led to the flood, and  laws concerning the non-consumption of blood with meat. 
     
    An "eternal"  covenant is established with humanity in the form of a divine promise,  confirmed by the sign of the rainbow, not to bring another flood on the earth.  In both of these periods the term for deity is simply the generic term Elohim,  "god."Abraham, at the end of the tenth generation after the flood, begins a new  era with a new "eternal covenant" for his descendants. 
     
    The sign of this  covenant is the rite of circumcision for all males, which is an obligation for all  those who wish to remain within this covenant. To them are extended the  promises of nationhood and land as with J, as well as the blessing of fruitfulness  from creation. 
     
    To Abraham is revealed the divine name of "God  Almighty" (El Shaddai) and all the patriarchs know the 
    deity by this name and  share this covenant.
     
    Ek sluit af met die volgende: 
     
    The Blackwell Companion to Judaism (Jacob Neusner and Alan Avery-Peck)
     
    Kindle Location 876-88:
     
    The essential point, then, is that many of these scriptural writings were  composed as part of an exercise in self-definition, in a conscious attempt to  invent an "Israel" that had an ancient history, it constitution, a land, and a  wisdom ethic. 
     
    It is therefore legitimate to see in the Pentateuch not only various  accounts of the ideal society (compare Numbers, Leviticus, and Deuteronomy  for quite different visions), but an "official" history that draws these together,  attaches them to the name of a great lawgiver, and embeds them in a history  that takes the society/people of Israel from the creation of the world to its life  under the great world empires of first Assyria, then Babylonia, then Persia,  and finally Greece.
     
    That the history told in the books of Moses is largely unreal, as modern  scholarship has discovered, is irrelevant to its purpose, which is to define an  Israel that can be perceived as a reality by its rulers and then, no doubt, exported  to the remainder of the population. at least in outline, through the organs of oral  exchange (market, city square. public assembly, etc.). 
     
    In the same way, that the  books of the prophets contain much that no prophet ever uttered (and also, in  a few cases, that is attributed to prophets that never existed) is equally irrelevant  - indeed, it does not matter whether there ever was a discrete institution such as  "prophecy" in Israel or Judah. rather than a variety of forms of intermediation.  
     
    That David and Solomon did not do (much less write) what was attributed tothem does not matter either, for the attachment of these stories, psalms, and  proverbs to legendary figures of the past is, for ancient societies, perfectly  natural.
     
    The origin of the Jewish scriptures, then, cannot be explained in terms of a  history that the scriptures themselves have produced, for that history is not a  real history at all, and to try and interpret it as such means to miss the very  essence of what these writings are trying to do: create an Israel through writing  about the past (Genesis to Kings) or the present (the wisdom literature), or the  future (some of the prophetic writings).
     
    Bogenoemde is dan die fondasie van my denke oor hierdie onderwerpe en is einde ten laaste geplaas na daar aangvoer was dat ek net vaagweg na die geskiedenis verwys. Bogenoemde beskou ek as redelik algemeen onder ingeligte lesers te wees en het daarom nie die nodigheid gesien om in hierdie detail in te gaan nie. 
     
    Met dit as agtergrond verduidelik dit ook, hoekom ek nou van die gesprek afstap wat Kobus De Klerk betref, want wat kan daar gebied word deur hom wat nie alreeds bekend is in bogenoemde tekste nie en sy argumente volkome weerspreek. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Chris, 

     
    Verskoning vir die magdom verwysing wat in 'n aparte brief geplaas is. 
     
    Die rede daarvoor was om 'n finale 'opsomming' te probeer bied van hoe die boeke waarna ek verwys saam gelees kan word. 
     
    Aangesien ek nou van die onderwerp wil afstap het ek nie gepoog om dit te probeer vertaal en as 'n enkele eenheid probeer aanbied nie, maar eerder gepoog om die belangrikste idees te isoleer. 
     
    Daarom dan weer verskoning vir die magdom aanhalings. Die nerd in my is in volle swang. Die Israel Finkelstein en Neil Asher Silberman (The Bible Unearthed - Archaeology's New Vision of Ancient Israel and the Origin of Its Sacred Texts) is op my Kindle en het ek 'n wyle terug tot en met Hoofstuk Twee gekom. 
     
    Hulle argumente oortuig en kan ek nie nou uit vuis onthou wat minimalisme wat behels nie en sal so doen. Die kan ek opkyk maar my Kindle is nou besig om te laai. 
     
    Ek het gekyk vir die Neusner wat jy gekry het om te sien of dit op Kindle beskikbaar is. 
     
    Dit is nie en dit vat so lank om boeke van buite te laat kom, dat ek nie weet wanneer ek dit onder hande gaan kry nie. 
     
    Ek het dalk 'n ekwivalente boek, met 'The Children of Abraham: Judaism, Christianity, Islam: A New Edition (Princeton Classic Editions) [Kindle Edition] By F. E. Peters, John L. Esposito. 
     
    Ek wil my verstout en die volgende stelling maak. 
     
    Daar is werklik nie meer nuwe ontdekkings wat gemaak kan word nie, die verloop en betekenis van hierdie tekste is redelik duidelik en bly ek verbaas dat Kobus De Klerk dink 'n ingeligte leser sal deur sy skrywes oortuig word. 
     
    Ek aanvaar dat daar wel lesers hier is, vir wie daardie argumente haalbaar sal wees. 
     
    Aangesien hierdie konsensus so oorweldigend is kan ek nie werklik langer oor hierdie onderwerp hier debatteer nie. 
     
    Die enigste belang wat ek nog het in dit is die eindelose ontledings van wat dat alles kan beteken en hoe dit gesien moet in 'n groter konteks. 
     
    Ek wil nog 'n brief vir jou skryf oor jou vraag, 'Het die duiwel gelieg', dit was die laaste wat my oog gevang het voor ek buite aksie was. 
     
    Dit is dalk waardeloos maar dit verduidelik tog sekere denke, maar voel ek altyd hierdie gesprekke is 'n twis oor hoeveel engele daar op 'n naaldekop staan gemaak kan word en wil ek eerder iets anders gaan lees. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Jy en jou kommentators ken eenvoudig nie die Christelike geskiedenis nie…

    Die Christendom ís eg Joods! Die HERE Jesus Christus as Mens is as Jood gebore uit ’n eg Joodse moeder én is streng ingevolge die Joodse Godsdiens opgevoed én die heel eerste mense wat as Christene bestempel kan word, was algar suiwer Jode én die Christendom was aanvanklik op die Jodedom gerig om hulle te laat terugkeer na die ware Godsdiens as oorblyfsels van die uitverkore Israeliete, soos báie duidelik deur die HERE Self bevestig is – sien Mattheus 15:22-28 – meer duidelik kán dit nie gestel word, as wat dit daar in vers 24 staan, nie.

    Die HERE Jesus het Hom dus hoofsaaklik toegespits juis op die Jode, die judaiste, om hulle tot bekering en insig te bring. Groot getalle Jode hét tot bekering gekom en hulle was die dissipels en hul gesinne. Massas Jode het die HERE Jesus se dienste bygewoon en tot bekering gekom. Dit is hoe die Christelike Godsdiens as terugkeer na die oorspronklike ware (Hebreër / Israelse) Godsdiens, met soveel welslae gegroei het! – Lees die Evangelies met soveel entoesiasme soos wat jy die ketters lees en jy sal dié dinge opmerk en ophou om jou onkunde openbaar te maak.

    Nie-Jode wat die HERE Jesus in dáárdie tye genader het, is óók egter gehelp, vanweë hulle geloof en dit blyk óók duidelik, soos deur die profeet Habakkuk geprofeteer is (Habakkuk 2:4; Mattheus 9:2, 22, 29; 15:28; 17:20; 21:21; Markus 2:5; 5:34; 10:52).

    Dit is eers veel later, veral met Paulus se bediening, met die uitbreiding van die reikwydte van die Christelike Godsdiens in opdrag van die HERE Jesus Christus net voor Sy Hemelvaart (Mattheus 28:19), dat die Christendom na alle nasies uitgebrei is, júís vanweë die hardkoppigheid van sommige judaiste om hulle te bekeer – en dít is juis die tema van die bekende en beroemde Maaltyd-gelykenisse (Mattheus 22:1-14; Lukas 14:16-24).

    Die kronologiese verloop van die werklike geskiedenis word júís eerbiedig met wat ek weergee. Kyk gerus maar net na die Christen Bybel. Daar staan waar die Christelike Afgodediens sy oorsrong had - by Genesis en Adam.  Dit is tog die Christen Bybel waaraan die essensie van die Christelike Godsdiens en veral die ontstaan daarvan, geken word? Kan jy dit betwis? Uiteraard nie. Maar jy vind dit goed om dit te probeer ignoreer en dít is oneerlik en bevooroordeeld.

    Nie ’n enkele kommentaar wat jy gee, spreek direk aan wat ek weergee nie – niks daarvan kán weerlê wat ek in soveel detail verduidelik nie. Al wat jy heeltyd sê is dat ander geskiedskrywers nie daarmee akkoord gaan, nie, wat ook nie so is nie, want ek vind selfs ondersteuning in dié wat deur jou aangehaal word, soos uitgewys, wat nog te sê van gerekende en báie bekende skrywers van die teologiese kweekskole waar die Christelike Godsdiens bestudeer en onderrig word, waaraan jy nie eens wil raak nie – so, wáár is die sogenaamde ‘eksterne geskiedkundige bronne’ wat die bevoegdheid óf insig óf kennis het om te weerlê wat ek weergee?

    Niks wat jy aangehaal het, weerlê op enige manier dít wat ek weergee, nie. Dit is egter heeltemal te verstane – ’n klomp sekulêre en agnostiese kommentators en hul napraters (waarvan jy mos darem sekerlik een is) wat probeer om die geskiedenis, die ontstaan en die verloop van die mees Spirituele Godsdiens van álle eeue, te probeer kritiseer en evalueer sonder om die geringste ag te slaan op, of vaardigheid te vertoon, ten aansien van die rekwisiete Spiritualiteit.

    Níks wat ek hierin weergee, byvoorbeeld, kan objektief deur jou weerlê word nie en derhalwe is jou sarsies aanhalings in alle rigtings regtig van geen waarde nie – jy is nou net besig om jouself te herhaal omdat jy nie weet wat werklik aangaan en waarmee jy werklik moet deel, nie. Jy verstaan eenvoudig blykbaar nie waarvan ek praat nie en dit is báie duidelik uit jou antwoorde en pogings. Dit word byvoorbeeld gedemonstreer met jou aanmerking dat die Jode en Israel nie ’n Ou Testament had nie. Só oppervlakkig is jou benadering, omdat jy as agnostikus gewoon nie in staat is om diepte, dimensionaliteit, te begryp nie – ook nie van woorde en terme, nie. Jy besef skynbaar nie dat die Ou Testament 'n hedendaagse term is om te verwys  na die antieke Heilige Skrifte wat juis deur die Hebreërs,  Israeliete en later Jode (uiteraard algar verwante) in die beoefening van die ware Godsdiens gebruik is, nie en dat dít inderdaad die betekenis en implikasie is wanneer ons vandag verwys na die Ou-Testamentiese boeke, nie.

    Daar is ’n massiewe aantal werklike kundige Christelike navorsers en vakkundiges wat met jou renegaat weergawe van wat bekend staan as die Pentateuch en die profete boeke, veral, verskil, mense wat hulle lewens wy aan die studie, navorsing en onderrig daarvan, maar oor hulle studieresultate is jy tjoepstil – dit is pure oneerlikheid, of is dit die resultaat van jou agnostiese onbegrip? Was mense wat eeue lank tot vandag toe navorsing gedoen het, algar onnosel en net jou generasie agnostiese en sekulêre kommentators is reg? Jy kan die oneerlikheid in só ’n benadering net eenvoudig nie ontken, nie, maar ek is seker jy sal probeer.  

    Hierdie onbegrip en gebrek aan kundigheid en insig is immers ook wat ek reg aan die begin van hierdie gesprek duidelik gemaak het, omdat jy net eenvoudig nie dié dinge sonder Spiritualiteit kán baasraak, nie.  – watter sin het die bespreking met jou? Jy wil nie iets leer nie. Ek het nie op hierdie stadium die verwagting dat jy my gelyk sal gee, nie – dit sal beteken dat jy jou agnostiese benadering sal moet prysgee vir die Waarheid. Jy is daarvoor klaarblyklik nog nie gereed nie.

    Die gesprek is wel nuttig vir mense wat begryp wat aangaan.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Jy is reg, KdK sal altyd 'n gehoor hê vir sy weergawe. Die taktiek van apologete is om die gesprek in die toilet te hou met kort slagspreuke wat die gelowige fundamentalis sus in sy of haar geloof. Daar is die wete by apologete dat konsensus alreeds bereik is daar buite, en alles word in die stryd gewerp om dit te weerhou van die gelowige. KdK is maar net een van duisende wat op die internet hulself in hierdie rol uitgee as 'kenners'. Hulle wil stry oor wat die beste manier is om die kar teen die bult uit te stoot en probeer argumenteer dat om eenvoudig petrol in te gooi nie 'n aanvaarbare oplossing is nie.

    Baie dankie vir jou bydrae hierbo.

    Chris

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Interessante opmerking, die van net die petrol wat ingegooi moet word. Dit vertel baie van jou/julle.

    Wat jy maar net weer demonstreer is die onkunde dat die kar nie net op petrol sal funksioneer nie,maar dat die vergasser en die res van brandstofstelsel ook in plek en funksioneel moet wees. Trek dit nou deur na Godsdiens. Maar omdat jy nie 'n motorwerktuigkundige is nie, dit is te verstane dat jy net na die petroltenk sal kyk om die 'probleem' op te los - dit kan maklik van buite die kar gesien word en is derhalwe al wat jy opmerk en sover jou onkundige verwysingsraamwerk sal strek en dus ook al wat deur jou in ag geneem word. Trek dit nou deur na die Godsdiens - jy is 'n opperste leek  ten aansien van alles wat onder die verflaag lê.

    Ons as gelowige kundiges is daardie motor se werktuigkundiges en weet wat onder die enjinkap aangaan omdat ons weens ons gawe van kundigheid weet dat daar onder dei enjinkap en agter die petroltenk 'n fassinerende en uiters belangrike infrastruktuur is wat maak dat die petrol nuttig verbruik kan word.

    So is dit ook met die Godsdiens - en die rede waarom julle so sukkel (maar vanweë jul ingrypende onkunde en beperkte verwysingsraamwerk, besef julle nie eens wat julle mis nie. Vandaar dat julle julle lewens om peuter met die kleur van die petroltenk, asof dit die kruks van de saak is - alles op die oppervlak. Daarom ook dat daar soveel opinies is soos daar van julle is wat daaroor kibbel. As mens julle kommentare so gadeslaan, is dit bepaald julle wat so stry oor die kleur van petroltenks terwyl die ware gelowige weet wat aangaan.

    Kobus de Klerk

  • Hello Chris, 

     
    Bogenoemde word beaam en met 'n fundamentalis kan daar nie redeneer word nie. 

     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • CorneliusHenn

    In hierdie sinnebeeld wat hy vir homself geskep het, volhou Kobus de Klerk toe tot op die einde toe met sy alom berugte godslasterlike hoë dunk van homself: "Die kenner [Kobus de Klerk] sal egter die motors se binnewerke nagaan en dadelik sien dat dit nie altyd dieselfde is nie, want dit het heeltemal 'n ander fabrikaat enjin en ratkas en aandrywing stelsel, hoewel die basiese vorm en kleur ooreenstem, want die een het by die ander geleen".

    In vermaning en direkte teenstelling tot Kobus de Klerk se eiewaan, staan daar geskrywe: Bedrieglik is die hart [binnewerke] bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, die HERE, deursoek die hart [binnewerke], toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge (uit Jeremia 17). En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte [binnewerke] deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree (uit Romeine 8).

    Ja, net God ken ons harte (binnewerke) - geen mens ken eens sy eie nie.

    Mag Jesus Christus onse HERE, die enigste Kenner van onse binnewerke, self ons harte versorg en heel, en ons verlos van die bose, sogenaamd kenners, van ons binnewerke.

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Arme Cornelius,

    Jou eie aanhaling waarmee jy 'n ander so graag wil bykom, weerspreek jou direk - kyk na die laaste deel daarvan.

    Maar dit is omdat jy lippediens verrig aan die Naam van die HERE vir jou eie lasterlike en afvallige religieuse poespas dat die Heilige Gees baie duidelik nie in jou binneste besig is met leiding nie. Jy laat Hom (die Heilige Gees) doelbewus nie toe nie - trouens, jy erken nie eens Sy bestaan werklik nie, want jy ontken die bestaan van die drie-Enige God. Dit weet ons mos nou almal, na jou openbare geloofsverklaring.

    Die Woord waaruit jy egter aanhaal, is jy duidelik nie 'n vriend van nie en het die Woord ook nie lief nie (Johannes 14:23-24), want jy verloën daardie Woord en die HERE daarvan en die Gees is die Gees van daardie Woord, vir Wie jy misken en verloën. Daarom dat jy die snert en lasteringe kwytraak wat jy gedurig kwytraak en dat jy waarskuwings plaas hier daarmee wat so duidelik direk teen jouself gemik is, terwyl jy nie die insig het om dit in te sien nie.

    Maar wees gewaarsku, jy wat so agter die onkunde van jou eie hart (en wat jy ook op almal ander wil projekteer) probeer wegkruip sodat jy daarmee kan doen soos jy lus kry - die einste Woord wat jy probeer aanhaal weerspreek jou en waarsku jou dat jy verantwoording sal doen vir elke, iedere ding wat uit jou hart kom en oor jou lippe borrel - sien Mattheus 12:34-37.

    Die ware gelowige praat juis nie uit sy eie hart nie, maar bely en getuig van die dinge wat deur die HERE deur die Gees daarin bewerkstellig word en bly so 'n persoon glad nie onkundig nie - onkunde omtrent sake Gods is 'n gruwel vir God (Jesaja 5:13; Hosea 4:6) - omdat God die gelowige uitnooi om deur Hom direk kennis te bekom (Jeremia 33:3). Daardie kennis wat die gelowige van God bekom is goeie kennis en daar skort niks mee, nie.

    Maar wat sal jy nou ook daarvan weet.
     
    Tragies... hoe jy aan-en-aan kletter en nie weet wat jy doen nie.

    Terloops, die kar- vergelyking handel met die kennis van die Godsdiens. Is jy nie veronderstel om darem ten minste jou eie religie wat jy as Godsdiens voorhou, te ken en verstaan  nie? Sekerlik nie - dit is so 'n deurmekaarspul wat jy vir jouself saamgeflans het dat jy self sekerlik nie daar sin van kan maak nie, nou dink jy almal ly aan jou siel se siekte.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    KORREKSIE

    By my kommentaar hierbo van 2013-04-26 @10:44, die sesde paragraaf van bo af, staan daar

    "Die kronologiese verloop van die werklike geskiedenis word júís eerbiedig met wat ek weergee. Kyk gerus maar net na die Christen Bybel. Daar staan waar die Christelike Afgodediens sy oorsrong had",

    terwyl dit moet lees

    "Die kronologiese verloop van die werklike geskiedenis word júís eerbiedig met wat ek weergee. Kyk gerus maar net na die Christen Bybel. Daar staan waar die Christelike Godsdiens sy oorsprong had".

    My verskoning - ek weet nie hoe dit gebeur het nie. Dalk het ek 'n tikfout gemaak en die self-korreksie funksie van die speltoetser het in werking getree. Wys op die noodsaaklikheid om mens se tikwerk eers sorgvuldig na te gaan voordat dit uitgestuur word...

    Kobus de Klerk

  • Nee Kobus, uiteindelik is die waarheid uit....

     
    Het 'spitituele intelligensie' jou in die steek gelaat? 
     
    :>)
     
     
  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk,  

     

    Dis baie duidelik uit jou groot waan hierbo, dat jy ander se Godsdiens in terme van jou intellektualisme veroordeel.  

     

    In teenstelling tot jou intellektualisme, is die "binnewerke" van ALLE Godsdiens op aarde, die hart, die gees van die mens in diens en eer daarin tot ons ALMAL se Almagtige Lewende Skepper.  

     

    Jy en al jou slim meelopers, misken egter die hart van ander in hul diens aan onse Skepper, deur veral jul sogenaamde "spirituele intelligensie", daaroor te hef.  

     

    Daarby onderskei julle julself, nes die Fariseërs en skrifgeleerdes van ouds, met jul sogenaamde "ware geloof", "ware Bybels", "ware Evangelie", ensovoorts...  

     

    Jesus Christus onse HERE, het na julle soort as adders, slange verwys.  

     

    Jesus Christus het nie sagkens of empaties met die "spiritueel intelligentes" gehandel nie (soos Chris en Trienie van my verwag het teenoor "Dolf" te wees nie).  

     

    'n Mens kan dit egter verstaan.

     

    Toe ek geduldig raak en "Dolf" op sy baltante onthutstheid te antwoord, toe buit hy dit in 'n soort infernale triomf, as my swakheid.  

     

    Ek sal nie weer twyfel oor jul huiskerkbende uit die hel se bedoelinge hier nie.  

     

    Kobus de Klerk, jou hele spul twak hierbo, staan duidelik verantwoord in Matteus 23...  

     

    Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie. Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie... Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, [spiritueel intelligentes] want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, [spiritueel intelligentes] want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self... Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, [spiritueel intelligentes] want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, [spiritueel intelligente] maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, [spiritueel intelligentes] want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid... Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?  

     

    Kobus de Klerk, jou blinde Fariseër [spiritueel intelligente], wyk Satan!  

     

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Ek besef daardie opmerking van jou hierbo na aanleiding van my fout is tong in die kies en skertsend, maar jy sal moet versigtig wees want daar is mense humorloos en desperaat genoeg,  wat jou ernstig sal opneem en vir hulle sal so 'n aanmerking van jou, jou net so desperaat soos hulle laat voorkom, hoewel jy dit nie so bedoel nie...

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus
     

    Dankie dat jy baie duidelik kon sien dit was tong in die kies....

     
    Dit was presies die bedoeling. 
     
    Daar was mos verskil, elkeen het sy stellings op die tafel gesit, en ek haat jou mos nie? 
     
    Daarom dan tot die volgende debat....
     
    Baie dankie
     
    Wouter

     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top