She came, she shone, she conquered

  • 2

Min dinge kan ’n stad soos Kaapstad tot stilstand bring, maar Robyn Rihanna Fenty – beter bekend as Rihanna, of RiRi, het Woensdag 16 Oktober gesorg dat 50 000 Kapenaars soos miere uit alle rigtings op die nuwe Groenpunt-stadion toesak.

 

Die confession

Kom ek wees sommer eerlik: alhoewel ek ’n aanhanger van Rihanna se musiek is, traak haar persoonlike doen en late my min en ek spandeer nie ure lank om haar tweets en Facebook posts te lees nie. Nietemin besluit ek en drie vriende om ons tog wel oor te gee aan die musikale ekstase. Na ’n pynlose en gerieflike rit op die MyCiti-bus vanaf die Civic na die stadion bevind ek my te midde van duisende RiRi-behepte aanhangers. Obviously het ek nie die memo oor die dress code gekry nie – funky demin cut-off shorts, ’n midrif-hempie, enkelstewels en ’n skuinsgedraaide snapback pet.

Die build-up

Ons gee onself oor aan die worsmasjien – wys kaartjies by punt A, deursoek handsak by punt B, kry toegangsbandjies by punt C (“Nee jammer, geen koeldrank of snoepgoedjies word toegelaat nie”), en ’n paar minute later word ons vrygelaat om rond te dwaal en foto’s te neem. Foto’s van jouself voor die stadion, op die trappies van die stadion, die view, jou vriende, jou funky outfit, jou vriende se outfits, jy en jou vriende, ’n selfie …

Na ’n uur staan ons in die General Admissions-area en bespreek taktiek terwyl ons die outrageous outfits en karakters bekyk. Die plan is om stadig maar seker vorentoe te beur, wanneer daardie mense wat al van 16:00 af drink, noodgedwonge die kleedkamers moet besoek. So gaan ons voetjie-vir-voetjie nader aan die Golden Circle kom.

Die opening act

Ons wonder hardop wie die konsert gaan open, en terwyl ons oor moontlikhede bespiegel, verskyn twee mans agter ’n tafel - die banner wat voor hulle draaitafel hang, lees: @WEAREGTA. Hoe ironies. Die duo is afkomstig van Miami en het vir bietjie meer as ’n uur die skare lus gemaak vir dans. Die duo weet wat hulle doen en het al die nuutste club bangers aan die skare gelewer.

Na ’n vinnige “Thank you, Cape Town, you’re awesome” is die duo van die verhoog af en nou is ons gereed vir die hoofgereg …

Toe nou nie – dit is eers toe dat verhoogpersoneel begin om die verhoog vir Rihanna se vertoning voor te berei, en ek kyk my vriende so en vra: “Is die doel van ’n opening act dan nie om die kunstenaar kans te gee om reg te maak en al die kinks uit te werk nie?”

Na ’n uur en ’n half van staan en kyk hoe mense ’n verhoog prep, word die verhoog in donkerte gehul, lasers piets die aandlig en gooi groen en pers kolle oor die skare.

Die Main Attraction

… And then she arrives.

Sy is die verpersoonliking van die word swag (Wikipedia omskryf dit onder andere as “the way one represents oneself”). Geklee in ’n leopard print onesie en bypassende basketball-pofbaadjie, swart sneakers, rooi katnaels, ’n armvol armbande, ’n haarstyl wat ten beste beskryf kan word as ’n mengsel tussen die maanhare van ’n leeu en ’n perdstert, en natuurlik, om als af te rond, ’n donkerbril.

Een ding was duidelik: Kapenaars lééf Rihanna. Van haar openingsliedjie tot haar laaste kon jy hoor hoe die skare woord vir woord die liedjies aan haar terugsing. My spot was bietjie knap om regtig saam met die musiek te dans, maar ten tye kan ek myself net nie help nie en ek gooi my linkerhand op en wieg dit op die maat van die musiek.

My eerlike opinie: die konsert was nie ’n meesterstuk nie. Die afwesigheid van costume changes, dramatiese sets en choreografie was ’n teleurstelling. Ek is realisties en besef dit is bitter moeilik om te dans, sing en met jou skare te connect. Maar in so ’n geval laat jy die dans aan jou dansers oor en jy fokus op sing (jy is, after all, ’n sanger) en interact met die skare. Rihanna of haar bestuurspan kon die agtergronddansers meer betrek het – daardie spul het na my mening ’n free ride gekry – selfs ek kon daardie verbeeldinglose danspassies doen. In fact, dit is die standaard-roetine wat jy elke naweek in Casa Blanca kan sien teen ’n breukdeel van die koste.

Die highlights

’n Paar keer betrap ek my waar ek net in doodse stilte na Rihanna op die grootskerms staar en ek bekyk die megaster van maanhaar tot toon. Sy is beslis mooi en selfversekerd, smeulend en charismaties. Een of twee keer speel ’n onskuldige glimlag oor haar gesig en dit is duidelik dat sy nie kan glo dat 50 000 Kapenaars aan haar lippe hang nie, totaal oorweldig deur haar presence.

Rihanna sluit die konsert met haar treffer “Diamonds” af en drapeer die Suid-Afrikaanse vlag oor haar skouers. Kunstenaar en skare groet mekaar, Rihanna en Kaapstad vir oulaas saam en ons hef ons hande omhoog en neurie saam: “So shine bright, tonight you and I, we’re beautiful, like diamonds in the sky, eye to eye, so alive, we’re beautiful, like diamonds in the sky. Shine bright like a diamond, shine bright like a diamond ...”

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 2

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Die outeur van hierdie stuk kan gerus vooraf besluit of sy in Afrikaans of Engels gaan skryf. Om die twee tale so te meng, is nie prysenswaardig nie,

     

    Johannes Comestor

  • Ek stem saam met Johannes - die 'mixery' laat my effe verward.

    Ek wil egter sê dat ek nogal van die beskrywing van die hare waardeer het - dit het my Maandag gemaak -’n haarstyl wat ten beste beskryf kan word as ’n mengsel tussen die maanhare van ’n leeu en ’n perdstert - uitstekend, ek kan my net verbeel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top