Score my 'n gwai – Marlize Hobbs en Nathan Trantraal gesels oor Marlize se jongste boek

  • 3

Titel: Score my ’n gwai
Skrywer: Marlize Hobbs
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798162548

 

Koop Score my ’n gwai by Kalahari.com.

Haar keel is verskriklik seer, en sy is jammer as sy bietjie afdwaal van die punt af gedurende die onderhoud, want sy het genoeg medikasie in haar om ’n klein perd dood te maak. Sy is nou pas ontslaan uit die hospitaal na sy longontsteking opgedoen het. Ek sê vir haar haar stem klink husky, dis sexy, sy moet die siekte afskud en die stem hou. Sy lag en sê, nee, dis eintlik haar normale stem. Ek vra haar wat sy aan gedink het terwyl sy daar in die hospitaal gelê het. Werk sê sy. Ek vra of sy haarself eerstens as ’n skrywer sien – my vraag is met betrekking tot haar day job, maar ek vergeet om die konteks te gee en sy misverstaan die vraag en sê nee, sy sien haarself eerstens as ’n mens, ’n vrou en ’n ma.

“Om te skryf is ’n eensame ding en dis oukei om soms eensaam te voel maar dan wil jy uit ’n state van connectedness uit slip into daai loneliness, die eensaamheid kan nie eerste wees nie, jy makeer ’n plek om na terug te keer as jy klaar geskryf het.”

Nathan Trantraal praat met Marlize Hobbs, skrywer van Flarde, wat in 2006 met die Eugène Marais-prys, die RAU-prys en Jan Rabie/Rapport-prys bekroon is, oor haar nuwe roman, Score my ’n gwai.

Marlize, ek lees op die internet dat jy baie rebellious is – is dit waar? Jy seem nie vir my baie rebellious nie. Jy is ’n ma en jy klink gelukkig getroud. Of dink jy in Afrikaanse literatuur, as jy ’n bietjie eerlikheid in jou het dan is jy eintlik ’n rebel?

Ek dink mens moet oor die algemeen tog so versigtig wees, om eerlik te wees, om uitsprake te maak, veral as jy ’n skrywer in Afrikaans is; maar ek steur my nie veel aan voorskrifte nie. As kind was ek baie meer rebels as nou, maar ek het meer rede gehad as nou. In standerd vyf was ek die hoofdogter by hierdie klein skooltjie en die hoof het ons vertel dat ons ouers almal hel toe gaan, want hulle is nie weergebore nie en het nie 'n weergebore datum nie. Toe ruk ek daai hoofdogterwapentjie van my lelike geel skooluniform af en gooi dit op sy lessenaar en sê: ek kan nie langer die hoofdogter van hierdie skool wees nie!

Dit was maar net die begin ...

Ek het skoolgegaan en grootgeword onder die ou regime. Ek het daai regse bliksems gehaat met alles in my. Die gedwonge struktuur, die manier waarop hulle wou hê mens moet dink soos hulle. Ek bedoel op skool mag ons nie oor die grasperk geloop het nie, maar die onderwysers het en ek het toe vir die Afrikaans-onderwyser gesê dis onregverdig, hy sny spoor oor die grasperk elke dag, maar ons mag dit nie doen nie. Die man het amper 'n oorval gekry. Hy het so rooi in sy gesig geword ... Toe hulle prefekte kies, toe vra hy my: “Hobbsie, so waar is my biltongbroodjies?” Ek het hom net so gekyk en in die klas in geloop ...

Dis hoe dit gewerk het daai tyd, nou nog. Ek koop niemand se guns nie. So, ja, daar is n rebelse streep in my: ek haat die ou bedeling meer as wat ek die kak van die ANC haat en dit sê báie. Ek het onderwysers gehad wat geglo het dis oukei om lyfstraf toe te pas deur mens op jou boude met hulle hande te slaan. Ek is so bly daai dae is verby, want enigiemand wat hul hand vir Lente lig, sal kak, hoor vir my. En hierdie nuwe regse groepe gee my ’n kramp. As ek swart of coloured was daai tyd, sou ek die boere van ’n kant af opgefok het. Ek sou presies geweet het wat om met ’n boks matches te doen. Hulle sou my waarskynlik gehang het.

In my ervaring kan om te skryf soms wees soos om ’n séance te hou, waar jy al die ou, bad memories oproep uit daardie subconscious waar jou brein hulle gebêre het. ’n Vriend van my wie ’n psigoloog is, het eenkeer vir my gesê dat dis oukei om sekere goed nie te onthou nie. Dis ’n natuurlike survival instinct. En met dit in gedagte, wou ek eerstens vra of dit vir jou pynvol is om te skryf. En as jy kan glo dat jou brein geprogrammeer is om sekere bad experiences te vergeet, en om te skryf ’n soort excavation is van daardie ou goed, kan jy sê dat dit onnatuurlik is?

Daar was klomp goed wat ek totaal vergeet het. Net soms, in die nag, wanneer ek slaap en droom, het ek met hierdie heavy sadness wakker geword en fisiese pyn ervaar. Maar soos mens deur die dag beweeg, vervaag daai nagmerries en jy fok voort. Jy gaan aan. Toe, in 2009, val ek in die badkamer en ek skeur die ligamente in beide knieë, asook die kraakbeen in die regterknieg. Die pyn was so erg dat ek uitgepaas het. En toe ek bykom, toe onthou ek álles. Ek het toe 'n gedig daaroor geskryf en dis ook waar die guts om vry te skryf vandaan kom. Genoeg is genoeg, jy weet. Natuurlik is dit onnatuurlik om te gaan krap aan goed wat jou brein kies om nie te onthou nie; maar jou lyf onthou en subconscious vergeet niks – so jy leef, maar daar is altyd iets wat pla, al kan jy nie vir seker weet wat dit is nie. Maar nou sit jy met 'n moerse ding: skielik is al jou memories oop en bloot daar en dit voel of hierdie goed net gister met jou gebeur het ... Jy kan nie ophou vuil en siek en gefok in die kop voel nie, maar die lewe gaan aan. Somehow moet jy cope, somehow moet jy oorleef.

Op daardie stadium was my verhouding van toe op 'n baie bad spot en ek het Lente gehad om aan te dink ... Ek dink as dit nie was vir Lente nie, het ek selfmoord gepleeg toe. Na ek deur dit gewerk het, met 'n fantastiese shrink in Potch, wat my nooit gedwing het om te onthou nie en verstaan het van terapeutiese distansie, het ek gaan sit en Score my geskryf.

Die gebreekte diamantpatroon teen die muur

Ek het ’n ding oor teëls wat nie reg gelê is nie:
wanneer dit nie die patroon teen die muur volg nie,
pla dit my ... dit pla my so erg
dat ek aanhou kyk daarna, asof ek dit met my oë
kan reg dwing: veral as dit groen teëls is.
 
Ek het eenkeer my geheue losgeval in ’n badkamer.
Ek kon hoor hoe die ligamente in my knieë skeur
grrr – grrr ...
Toe paas ek uit.
Toe ek bykom was ek verwese en twaalf jaar oud.
 
Ek het op die groen badkamer vloer gelê
met sy lyf en die reuk van whiskey
en Chesterfield wat in my mond blaas en hyg.
Ek het daar gelê en gekyk na die badkamermuur
wat diagonaal soos diamante geteël was;
en daardie een stukkie waar die teler ’n fout gemaak het.
Waar die diamantpatroon gebreek was.
Miskien was die teëls te min of het hy verkeerd beplan
of nie mooi gedink wat hy doen nie
of miskien het hy net nie omgegee oor die patrone wat gevolg moet word nie.

Toe steek daar ’n ding soos die skerp punt van ’n gebreekte teël
diep in my: Jirre, dit was so seer –
ek het nog nooit weer daardie pyn gehad nie
toe fok my kop uit en alles word swart

toe ek bykom, is hy weg en die muur is nog steeds so verkeerd geteël ...
Jare later, toe val ek in daai badkamer met dieselfde lelike groen teëls.
Toe ek bykom met die verskriklike pyn in my knieë
wat my asem wegslaan, sodat ek moes skerp intrek
asof ek slegte nuus gehoor het en na asem snak ...
toe het ek skielik weer twee dinge onthou:
daardie dag in die groen badkamer toe dit my so gepla het
dat die teler die diamantpatroon gebreek het
en die keer toe ek sestien was, wat ’n sielkundige vir my gesê het:
jy sal altyd met kruppelbene deur die lewe gaan

– Marlize Hobbs (ongepubliseerd)

Die motief van die spieël in Score my ’n gwai ... ek wonder daaroor. Is dit vir jou swaar om jouself te sien weerspieël op die blaai?

Met Flarde kon ek glad nie die boek weer lees nadat ek dit geskryf het nie. Dit het my te diep geraak. Met Score my ’n gwai het ek die dag wat ek die boek gekry het, gaan sit en deur dit gelees. Ek was verstom hoe raak ek geskryf het, hoe eerlik, so sonder selfbewustheid, asof ek maar net 'n storie aan myself vertel. Ek kon nie glo ek het dit geskryf nie. Daar was plekke in die boek waar ek fisies naar geword het toe ek dit so van buite af lees. Die spieëlbeeld het teruggeblits tot in my siel ... wat herinner aan Nietzsche wat gesê het dat as jy in die abyss kyk, kyk dit terug in jou. 

Foto: Craig Swartbooi (BlackBoy Photography)

“Pertykeers as Miesa die wêreld so gekyk het, kon ek sien hoe die wêreld haar terugkyk tot binne-in haar hartsgoete.” – Siena Maamogwe

Dit kan baie tricky word om te skryf oor ’n karakter wie geluk vind in die lewe, mense het baie min tyd vir geluk in ernstige fiksie. Die hoofkarakter het ’n moeilike lewe, maar dis tóg ’n storie met ’n soort happy ending. Het jy enige onsekerheid gevoel daaroor terwyl jy aan die boek geskryf het?

🙂 Jafok, happiness is nie iets waarmee die mensdom goed deal nie, jy weet. En happiness kry oor die algemeen eers werklik waarde as daar ook sadness was. Maar selfs in Flarde, aan die einde, groei daar vlerke uit die krom skouers van die hoofkarakter ... word sy vry. Dit sal baie eensydig wees om net oor slegte goed te skryf. My strewe in die lewe is 'n soektog na balans. Ek is nie bang om oor geluk of die soeke na geluk te skryf nie, want dit is 'n veel dieper tema as ongeluk en hartseer. Dit is inderdaad 'n kuns en 'n kreatiewe manier van leef, om geluk op soek en die vermoë te hê om dit te kan ervaar. Ek het wel 'n sekonde stilgestaan en myself afgevra of dit afbreuk aan die intensie van die verhaal gaan doen as die karakter geluk vind; maar dit het gou oorgewaai: in eerlikheid nou, die lewe is nie net sleg nie en mens moet dit ook weerspieël in jou skryfwerk.

Die karakter Miesa word sexually abused. In my eie werk het ek al geskryf oor violence en domestic abuse en mense kom agterna en vra jou is dit jou pa in die boek? En dan, omdat jy weet meeste van die tyd kom daardie vraag maar net uit so ’n soort van perverse voyeuristic urge, dan sê ek altyd in my mees sarkastiese tone. Nee! Dis my vriend se pa. As jy oor abuse skryf, dink jy dis ook die moment wat jy besluit jy is gereed om sulke soort vrae te beantwoord?

Ek haat enige persoonlike vrae. Van altyd af. Ek voel mens moet iets vat vir wat dit is: feit is, hierdie goed gebeur. Maak dit saak of dit met my gebeur het, presies soos ek dit vertel? Nee, dit maak nie saak nie, want onthou dis fiksie. Maak nie saak hoe real dit voel nie, ek het baie gelieg en verbeel in die boek ook, soos met Flarde. Dit gaan daaroor om die werklikheid te vat en dit iets meer of minder te maak as wat dit is; om kreatief te werk te gaan met die werklikheid. Ek het nie gedink aan dié soort vrae toe ek geskryf het nie – Score my het soos 'n stroom uit my gevloei, ’n vloed wat ek nie kon keer nie; dit het net gebeur. Sommige dele is waar, ander is nie ... Kyk, ek voel ’n veer of lesers dink dis ek of nie; dit verander niks aan my persoonlike realiteit nie.

Ek dink dat dit soort van mean is, bordering on evil om iemand sulke vrae te vra. Is jy meer open vir dit?

Ag, jy kan my enige vraag vra, ek sal dit antwoord soos ek lus het om dit te antwoord. As jy dit vra omdat jy evil is of omdat jy mean is of omdat jy bloot net bleddie nuuskierig is, vra maar. Soos jy mag vra wat jy wil, so mag ek antwoord soos ek wil.

Daar is ’n element in jou skryfwerk wat mens nie toelaat om jammer te voel vir die karakters nie. Dis iets wat ek baie respek het voor. ’n Soort van defiance in die stem wat die storie vertel. Is dit opsetlik so? Of verbeel ek my?

Dis baie doelbewus. Dis wie ek is. Ek het deernis met mense, maar ek voel nie jammer nie. Mens kan jammerte nie eet nie, jy kan dit nie rook nie, jy kan nie koffie maak daarmee nie – dis 'n uiters useless emotion. As jy iets wil voel, moet dit opgevolg word deur aksies, deur dinge vir ander beter te maak. Ek het oor en oor teruggegaan en self ge-edit om seker te maak daar is nie pienk-boekie-melodrama en bybelversie-update-gevoelens in nie. Dit moet gestroop wees van stroperigheid.

Foto: Abigail Photo Art

Ek het al van jou digkuns gelees. Dis gut-wrenching en beautiful en ek hoop jy publiseer dit eendag gou. Daar is eintlik min verskil tussen die styl van die gedigte en jou prosa, maar dis omdat ek voel jou prosa is baie poëties. Is dit iets wat jy bewus is van? En jy het ’n way daarvan om moments te distill en nie te veel woorde en beskrywings te gebruik nie. Vir my een van jou sterkste kwaliteite. Hoe besluit jy wat om te hou en te los?

Wanneer ek lees, word ek sommer naar as iemand te veel byvoeglike naamwoorde gebruik. 'n Storie vertel hom-/haarself. 'n Storie moenie ellelange gedagtegange en bladsye vol droewe digterlikheid hê nie. As ek party van die gedigte van hogere letterkundiges lees, dan voel ek so verwyderd van dit ... ek het nog nooit so diep gevoel nie. Miskien lack ek 'n sekere soort diepte. Maar soos jy skryf in Chokers en survivors, so wil ek skryf ... sommer net soos dit is. Daai vat meer talent, glo my, dit is maklik om melodramatiese style aan te leer en te skryf; dit vat guts om 'n ding net soos dit is, sonder al daai fieterjasies, te vertel.

In die dele waar ek oor moederskap skryf, oor die liefde tussen Miesa en Naledi, het ek baie van my gevoelens vir Lente deurgegee en ek moes bitter versigtig trap om nie soetsappig te raak daar nie. Want ja, wat ek vir Lente voel, is al soetsappig en moederlik en vol deernis. Ook waar ek oor Jasmyn skryf, moes ek myself inhou, om nie die betekenis van hierdie liefde pienk te maak nie. Ware liefde is gestroop. Dit is wat dit is. Dis wat my vrou my geleer het. Sy is my grootste mentor in die lewe en sy maak grappies selfs onder die ergste omstandighede, want ja, ons is survivors en daar is nie plek vir melodrama en shit wanneer mens besig is om die lewe te lééf nie.


Wie is jou eerste critic?

Ek is, dan my vrou. Ek kan tien bladsye met gemak delete. Dit vat niks van my nie. Ek is lankal nie meer precious oor stuff wat ek skryf nie.

Is jy baie critical van jou eie werk?

Ja, ek stel ’n hoë standaard aan myself. Ek is ook baie versigtig om nie staat te maak op die feit dat ek 'n gematigde talent vir woorde het nie. Dit moet vát, anders is dit nie die moeite werd nie.

Hoe voel jy as jy ’n boek klaar geskryf het?

Verwese.

’n Laaste belangrike vraag. Wanneer ek skryf, eet en rook ek verskriklik baie, en meestal drink ek tee. Wanneer ek iets goed skryf, rook ek twee sigarette na mekaar en maak ’n koppie tee – dis nie iets wat ek oor dink nie, dis ’n soort outomatiese reward system. Het jy ’n soortgelyke system?

Ja ja ja! Ek suip koffie en ek rook baie. En wanneer ek iets neergepen het wat my trots op my eie werk maak, staan ek op, maak koffie en gaan sit iewers anders en rook. Ek gee dan ook myself ’n break om te recover van dit wat ek pas reggekry het.

Lees 'n resensie van Score my 'n gwai.

  • 3

Kommentaar

  • Marianne de Jong

    Joseph Beuys het opgemerk:  "Ek dink in elk geval met my knie". ('Ich denke so wie so mit dem Knie")

  • Geweldige leesstof! Oop, eerlik en 'n wakker-hou-boek! Het die onderhoud gelees na ek die boek gelees het. Die onderhoud baie goed gedoen! Verstaan nou soveel meer! Geluk aan skrywer en  Nathan Trantaal!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top