Is julle dan die digters
wat staande sal bly
wanneer skryf ook vergaan
omdat mense soos vlieë
om ons vrek
van ’n onbekende
mensgemaakte virus
sal julle steeds kan sonnet
kwatryn en haikoe
tussen as, stof en sterwendes
wanneer asems opdroog
wanneer woorde weerloos verdamp
en mense soos diere in kampe
gekwarantyn moet krioel
is julle die mense wat ’n verskil kan maak
of moet ons maar eerder aanhou bid?



Kommentaar
Puik.
Briljant!