Naam: Gerhard Cruywagen |
|
’n Skrikkel, deur Gerhard Cruywagen |
|
Wat is jou "day job"? Ek is die creative director en stigter van Greenhouse Cartoons. As ek nie cartoons teken of animate nie, dan kyk ek movies. |
|
|
|
Is jou werk al gepubliseer? Ja, twee boeke vir Lapa Uitgewers: Die probleem met dinosourusse en Pasop vir die feetjies, asook ’n boek vir BK Publishing, Meetse a bophelo. |
|
|
|
Hoe het die illustrasie-gogga jou gehap? Toe ek agterkom mense lag vir my karakters, wou ek net meer en meer teken. Ek wou leer hoe om mense professioneel te laat lag vir karakters met groot neuse en skewe tande. |
|
In watter medium werk jy, en waarom verkies jy dié spesifieke medium? Potlood en Artline Calligraphy Pen vir lynwerk. Markers, waterverf, en soms digital vir inkleur. Dis vinnig en to the point, maar skep ook lekker atmosfeer en dimensie. Is daar spesifieke genres of tipes tekste wat jy die graagste illustreer? |
|
Ek kyk veral op na die cartoonists, illustreerders en animators van die 1940’s tot 1960’s. Bob Clampett, Tex Avery, Charles Schultz, Mary Blair, Chuck Jones, Ward Kimball, Albert Uderzo. Daar’s so baie. Mense saam met wie ek gereeld werk of teken, inspireer my ook. Theo Krynauw, Tim Mostert, Rudolph Boonzaaier is wenners in my boek. |
|
Lees jy graag, en indien wel, wie is jou gunsteling-skrywers? Ek lees graag op oor wetenskap. Richard Dawkins, Stephen Hawking, Sam Harris, Dan Dennett. Dan hou ek ook van fiksieskrywers soos Stephen King, Michael Crichton, Clive Barker, Cormac McCarthy. |
|
Wat is die een bestaande teks wat jy die heel graagste sou wou illustreer? |
|
Saam met watter skrywer, lewend of dood, sou jy die graagste wou werk, en waaroor sou die fiksionele boek handel waaraan julle werk? Ek sou graag saam met William Golding wou werk. Hy skets duidelike, ikoniese karakters. ’n Lekker balans tussen humor en tragedie. |
|
Het jy ’n ideale leser/gehoor in gedagte wanneer jy ’n illustrasie maak? Mense met ’n sin van humor. |
|
Is daar een illustrasie/illustrasieprojek uit jou loopbaan wat uitstaan as absolute gunsteling? |
|
Keer terug na die SA-illustreerders indeksblad.