Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se suidelike prysuitdeling het Woensdag 12 September op Stellenbosch plaasgevind.
Wessel Pienaar, ondervoorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, was die seremoniemeester by die geleentheid. Dit was voorwaar 'n uitdaging om die program aan te pas by RSG se regstreekse uitsending van die toekenning van die Hertzog-prys aan Adam Small.
Dion? Prinsloo het vroeër vanjaar die amp van hoof uitvoerende beampte by Jacques van der Elst oorgeneem.
Wannie Carstens, voorsitter van die SA Akademie, verwelkom die gaste.
Die Douw Greeff-prys is toegeken aan A Marais, MI Ferreira, M Booyse en A Botha vir hulle artikel "Die uitwerking van die onkruiddoder RoundupR op sommige populasies van grondmikrobes" wat verskyn het in SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. Anelia Marais het namens hulle die bedanking gelewer.
Marisa Botha is die ontvanger van die Elisabeth Eybers-beurs wat vanjaar volgens rotering toegeken is aan 'n jonger, belowende akademikus uit Suid-Afrika. Sy doen navorsing oor die oeuvre van Antjie Krog.
• Lees Marisa Botha se LitNet Akademies-artikel: “ek het ’n liggaam, daarom is ek”: Outobiografiese elemente in Antjie Krog se Verweerskrif
• Lees die LitNet Akademies-onderhoud oor hierdie artikel: Ena Jansen in gesprek met Marisa Botha
Videogreep: Die Eugène Marais-prys vir prosa is toegeken aan Sonja Loots vir Sirkusboere. Die huldigingswoord is gelewer deur Louise Viljoen. Die prys is in ontvangs geneem deur Loots se eggenoot, Pieter Malan.
• Lees Izak de Vries se LitNet Akademies-resensie-essay: Sirkusboere maak my pa se helde toeganklik
• Lees Chris van der Merwe se Biebouw-resensie: Sirkusboere: ’n Boeiende en vermaaklike historiese roman
Die Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur is gewen deur Theresa van Baalen (skrywer) en Joan Rankin (illustrasies) vir Aspris-krokkedis. Theresa van Baalen ontvang hier die prys, terwyl Joan Rankin dit reeds vroeër vanjaar by die noordelike prysuitdeling in Pretoria op 22 Junie ontvang het.
Die Elsabe Steenberg-prys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans is toegeken aan Amelia de Vaal vir Die lewe en werke van Kabouters en Die oproep van die Kabouters.
Ingrid Winterbach het die CL Engelbrecht-prys vir Letterkunde gewen met Die boek van toeval en toeverlaat.
Ingrid Winterbach se dankwoord:
'n Mens wil nog iets kan sê oor die ewige dinge – maar dit word steeds moeiliker.
Ons bemoei ons deesdae nie meer met die ewige nie, dit het 'n té relatiewe begrip geword. Dit het verdring geraak deur kennis van die eindigheid van alles – selfs van die uitdyende heelal.
Al wat oorbly, is om die lieflike woorde van die sterflike taal aan die agterpoot te probeer beetkry, voordat hulle soos meerkaaie, soos jakkalse, in die erdvakgat verdwyn.
Dorskuur en dorsnood, dos, douraam, doodsjordaan en doodvalsiekte. Begrafnisbanket en bedroewend. Edelmoedig en erbarming.
Erbarming, so lieflik, die woord, en net soos ewigheid, in onbruik verval.
Dis is vir my 'n besónderse eer om hierdie prys te ontvang. Baie dankie.
Die Stal-prys vir Kunstewetenskappe is toegeken aan Keith Dietrich.
Emsie du Plessis het die Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie ontvang vir haar bekwaamheid en produktiwiteit as teksredigeerder.
Videogreep: Margot Luyt het die Erepenning vir Radiohoorbeelde in Afrikaans ontvang vir Wat as – Gewone mense in ongewone liggame. Die huldigingswoord, geskryf deur Johan Coetser, is voorgelees deur Magdaleen Kruger.
Margot Luyt het in haar dankwoord die prys opgedra aan die gestremdes wat deelgeneem het aan die hoorbeeld, onder andere met die woorde: "Ek het 'n droom dat gestremdes deur almal in die oë gekyk word."
Rufus Gouws het die CJ Langenhoven-prys vir Taalwetenskap ontvang.
Videogreep: Zelda Jongbloed het die Markus Viljoen-medalje vir Joernalistieke Prestasie ontvang. Die prys word toegeken vir langdurige hoogstaande werk in die Afrikaanse joernalistiek. Hier lewer Tim du Plessis die huldigingswoord.
Zelda Jongbloed het in haar dankwoord verwys na haar moeilike posisie as joernalis in die "ou" Suid-Afrika: "Ek het besef as jong joernalis dat ek in die Afrikaner-man se kop moet klim om te oorleef."
Die Havenga-prys vir Tegnologiese Wetenskappe is vanjaar toegeken aan Marius Potgieter. Potgieter word gereken as 'n uitstaande ruimtefisikus in Suid-Afrika. Sy navorsing fokus op die voortplanting van kosmiese strale in die heliosfeer, die invloedsfeer van die son.
Peter Klatzow het die Huberte Rupert-prys vir Klassieke Musiek ontvang.
Hanneli Rupert het die prys aan Klatzow oorhandig. Hier luister sy en Wannie Carstens na die huldigingswoord deur Izak Grové.
Die Hertzog-prys is toegeken aan Adam Small vir sy drama-oeuvre. Die prys is in ontvangs geneem deur sy eggenoot, Rosalie Small, terwyl die huldigingswoord gelewer is deur Steward van Wyk. Hier luister Rosalie Small, Wannie Carstens en Steward van Wyk na die RSG-onderhoud deur Johan Rademan met Adam Small wat regstreeks uitgesaai is by die geleentheid.
• Lees Steward van Wyk se huldigingswoord
• Lees Adam Small se dankwoord
Rosalie Small ontvang die Hertzog-prys namens Adam Small by Wannie Carstens.
Die pryswenners na afloop van die geleentheid.