Riette Hugo se #litnetwoord2016

  • 1

riettehugo_woordvdjaar

Ek het die woord streelperseel ontdek en dit met akrobatiese tongtoertjies toegevoeg tot my gesprekke.
Dit was hoogs suksesvol; selfs tieners het dit herhaaldelik uitgespreek in my klasse – en daaroor gewonder.
Dankie, Minister wie-ook-al, dat jy daar naby die Gulp-betas jouself neergevly het op ’n perseel en gestreel is deur mense wat weet van speel.
Ek het dit nog verder gevoer en na aanleiding van die nimlike "affirmative -action shopping" wat Malema beoog, besluit Suid-Afrika word dalk ’n steelperseel.
En as ek gedwing word om met die vlugtende migrante van Noord-Afrika my huis te deel, word dit ’n deelperseel.

Riette Hugo

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top