Gister se Twitter-storm het gewys waarom ons #blaclivesmatter moet ondersteun.
De Kock se besluit om nie te kniel nie, is een ding. Die gal wat sy wit ondersteuners gebraak wys egter waarom daardie gebaar by ’n volgende wedstryd broodnodig sou wees.
Ek veroordeel die krieketbase se besluit
Die besluit van ons krieketowerhede om alle spelers te dwing om te kniel, moet veroordeel word, want die oomblik wanneer jy protes in die meesternarratief verander, gee jy die einste protes in effek die doodsteek.
Gister se debakel wys hoe verkeerd die krieketbase is, want nou is De Kock die slagoffer en die hele rede waarom daardie knie-aksie in die eerste plek bestaan, word vergeet.
Deur spelers se reg op protes te verander in ’n opdrag, het hulle die idee agter #blaclivesmatter skade aangedoen.
Die reg op protes vs die meesternarratief
Ek het onlangs ’n interessante stuk navorsing raakgelees. Moin Syed, Monisha Pasupathi en Kate C McLean het probeer vasstel hoe stories mense se gedrag kan help verander, of nie. Meesternarratiewe word dikwels goed bedoel, in hulle oë:
Master narratives provide a template for how to tell a story, a good story about what it means to be a part of a particular cultural community; a story of one’s life and how it fits with the cultural definition of success. (https://osf.io/wa3r7/download)
Die narratief word geskep om mense te help om hulself en hul omgewing te verbeter. Die sielkunde agter die vertel van stories is juis dat mense hulle gedrag uiteindelik moet aanpas om hulself en die samelewing gesonder en beter te maak.
Ons sien tans hoe sportspanne wêreldwyd die knie buig en so die gees van #blaclivesmatter omarm. Dit is pragtig. Dit vertel ’n mooi storie.
Donald Trump se aggressie jeens #blaclivesmatter was egter ook ’n wonderlike hupstoot vir die beweging. Dit is die punt. Moenie protes in ’n meesternarratief verander nie.
Syed et al, wat juis die positiewe in die begrip meesternarratief soek, sê:
1) Master narratives are fundamentally about ethics in that they outline and convey culturally held ideas about the nature of a good life; 2) While all master narratives are grounded in ethics, not all master narratives are moral; and 3) Despite proposition 2, master narratives can come to exert moral force.
Vir my is daar ’n verskil tussen “moral force” en “moral pull”.
Trump het enorm baie gedoen om #blaclivesmatter aantreklik te maak, juis omdat hy dit geopponeer het.
Die probleem is dat enige meesternarratief, hoe goed die bedoeling ook al is, in wese nie ruimte laat vir grys gebiede nie. ’n Populêre artikel deur Matt Sheenan stel dit so:
These stories create a single story in the mind of the audience about that population, absent of complexity, diversity and nuance, and as a result, reinforce stereotypes and biases. (https://medium.com/science-of-story-building/science-of-story-building-master-counter-narratives-1992bec6b8f)
Daarom is die sosiale media ’n kragtige wapen teen meesternarratiewe. Die klein mens se verhaal word sentraal gestel teen die mag van die owerheid, aldus Sheenan:
Black Twitter regularly shares personal stories to combat stereotypical news coverage of police violence toward the black community through campaigns like #iftheygunnedmedown and #sayhername.
Dis waar ons dierbare krieketbase hulle voete deeglik in die dinges geplaas het. Hulle ongenuanseerde magsug het van De Kock ’n slagoffer gemaak. Die stereotipe dat die wit man onder druk is in Suid-Afrika, is bevestig. Wit Twitter het ’n orgasme gehad.
Wat is #blaclivesmatter en waar kom dit vandaan?
Op die webruimte van #blaclivesmatter staan:
#BlackLivesMatter was founded in 2013 in response to the acquittal of Trayvon Martin’s murderer. Black Lives Matter Global Network Foundation, Inc. is a global organization in the US, UK, and Canada, whose mission is to eradicate white supremacy and build local power to intervene in violence inflicted on Black communities by the state and vigilantes.
Interessant genoeg is die soort openlike rassisme en nasionalisme wat ons in Suid-Afrika so gereeld op Black Twitter sien, iets wat die beweging teenstaan:
We are a collective of liberators who believe in an inclusive and spacious movement. We also believe that in order to win and bring as many people with us along the way, we must move beyond the narrow nationalism that is all too prevalent in Black communities.
Mooi ideale. As wit spelers soos Heinrich Klaasen kniel en sy vuis in die lug steek, gaan dit oor meer as solidariteit met sy kaptein. Dit gaan oor die erkenning dat ons nog baie moet doen.
Vir ’n wit man is dit net so nodig om openlik solidariteit te toon met #blaclivesmatter as wat dit vir enige man noodsaaklik is om homself ’n feminis te noem.
#SuidAfrikaOnsMoetNogVerStap
Ek weet nie waarom die De Kock nie wou kniel nie.* Ek dink egter dis jammer dat ’n dom besluit deur die krieketbase nou van hom ’n held gemaak het.
As ’n mens die sosiale media gevolg het, sou ek dink dat De Kock nou op sy knie moet gaan, sy vuis moet lig en in Afrikaans skryf: Ek is jammer oor my ondersteuners se reaksie, hulle het my gewys dat #blaclivesmatter nodig is.
* Redaksionele nota: De Kock het ná hierdie berig veskyn het, ’n verkarling uitgereik. Sien die skakel hieronder.


Kommentaar
Die Handves van Regte is opgeskryf in hoofstuk 2 van die grondwet. Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening is ook 'n basiese reg van Quinton de Kock. Vreemd hoe hierdie reg negeer word wanneer dit van die heersende meesternarratief verskil.
Dankie, Izak
Ek het al baie gewonder oor dié saak. Dit lyk my daar word na weerskante toe moedswil vermoed, so asof Quinton de Kock nou skielik, met voorbedagte rade, besluit het hy is 'n kampvegter vir een of ander Groot Saak, terwyl Krieket SA die Ridder met die Wit Kolf is. En die twee Kampe se ondersteuners dig nou al hulle eie snert sommer aan hom toe en kry moed uit sy storie.
My vraag: Wat as dit maar net doodgewoon die storie van Quinton de Kock is, die wonderkind van wêreldkrieket, wat volgens my een van die beste krieketspelers is wat Suid-Afrika nog opgelewer het? En dalk die grootste kan word? Doodgewone rustige, kalm, effens afsydige Quinny de Kock met die Jack Russells en die visstokke, wat homself sonder enige voorbedagte rade of groot ideale in 'n vreeslike tameletjie ingewikkel het? Iemand wat die kollig buite die grenslyne van die krieketveld haat en media-onderhoude nie gou genoeg kan afhandel nie? Wat sy lewe wil lei soos wat hy sy krieket speel - onortodoks, op sy eie manier, sonder om hom te steur aan konvensies en gebruike en maniere van doen? Wat doodgewoon 'n 28-jarige jongman is wat op krieketgebied 'n ster van wêreldgehalte is, maar op sosiale gebied onseker is oor wat hy dink en voel, maar nie weet hoe om dit uit te druk nie? Iemand wat dit haat as hy in 'n keurslyf ingedruk word en gedwing word om aan bepaalde norme te voldoen? Of dalk net nie een van die hedendaagse slagspreuk- en logo-brigade is, wat elke groot saak in 'n goed bewoorde tweet kan saamvat nie?
Ek wonder maar net wat hy gaan oorhou van dié besigheid. Dalk wou hy op die ou end maar net krieket speel.
Dis maar die goed wat ek wonder. Nie dat ek weet nie.
Maar dit kan nie vir hom maklik wees om skielik so uit krieketdrome geruk te word nie.
Waar pas die ‘kniel’ se Christelike aspek by hierdie artikel in?
Ag genade tog! Weer 'n lang relaas om stukrag en ondersteuning te gee aan die obskure BLM- (Black Lives Matter) beweging wat eintlik maar in sonde "ontvang en gebore" is. Hierdie obsessiewe, skuldgedrewe kompleks van bepaalde groeperinge in die samelewing asook individue soos de Vries, sluit aan by groot dele van die media wat na Quinton de Kock se teenkanting om die knieval te doen, te verwys as "erg omstrede".
Ek dink nie ek wil sover gaan as om te sê... "met respek" nie, want wat my betref het hierdie 'jammerlikes' die kat aan die stert beet. Hulle verwar die term "omstredenheid" met BEGINSELS en besef duidelik nie dat dit 'n polities gedrewe aksie van kwaadwillige, geïndoktreneerdes is met idiotiese agendas om hulle selfopgelegte 'martelaarskap' op so wyse te probeer verdoesel nie. Sonder om die diktatoriale aksie van Krieket SA op meriete te beoordeel word die 'witvlag' by voorbaat knievallend deur diesulkes gehys.
Ek skaar my veel eerder aan die kant van iemand met ruggraat soos de Kock wat hom nie laat voorskryf wat hy mag en nie mag doen nie en wie se reg om so te doen, veronderstel is om deur die Grondwet beskerm te word. Welgedaan Quinton!
Izak, nee. Die reaksie van sy ondersteuners wys nie dat BLM nodig is nie. Anders sou swak regeringsprestasie bewys waarom regstellende aksie onnodig is.
Dit is eenvoudig: jy het die reg om gay en proud te loop, of om meer van honde as katte te hou. Jy kan in God glo of Mohammed en die reëls volg wat jy voel jou geloof beslis. Jy kan selfs kies om deel te neem aan 'n debat op sosiale media. Waarom sou jy nie kon kies watter aksies/groepe/partye/gelowe jy wil bevorder of volg nie? As jy voel jy wil nié die knie buig nie, dan hoort jou besluit gerespekteer te word.
Dalk is die reaksie oor dit 'n wit man is wat weier, eerder 'n bewys dat wanneer jy 'n besluit maak wat nie pas by wat BLM verwag nie, ontaard dit in 'n rasseherrie en dit raak oud. Black Twitter, Black Lawyers Association, National Allience of Black School Educators om net n paar te noem.
Dalk is die gemiddelde wit man reeds op sy knieë gedwing en wil hulle opstaan en is dit die bedreiging. Gun hom sy keuse.
Ek gaan nie jou brief, wat jou denkwyse is, veroordeel nie. Elke mens het 'n plek onder die son. Elke mens het die reg tot 'n opinie. Wat my egter stof tot nadenke gee, is wanneer jy nie saam met die mense wat die BLM-ondersteun saamstem nie, is jy Trump ondersteuner, ver regse of wat ook al. Gelukkig lei nie almal van ons aan 'n minderwaardigheidskompleks nie, dus steun ek nie die beweging of waarvoor hul staan nie. Sterkte vir jou en jou opinie. Hoop regtig waar nie jou sienswyse stel jou eendag erg teleur nie.
Gemorsjoernalistiek van Izak van Zyl af. Skaam jou, ek buig net my knieg voor die Heilige God. Hierdie onderneming van julle het sopas 'n leser verloor. Weereens: gemors!
Nobody but nobody can be or should be forced to conform under pressure or demand. Freedom of association is the most essential aspect of our constitution and should be respected irrespective. Racism in sport and society are practised in so many other ways, but if our players (people) are forced to adhere under pressure, it is a form of violence against them. Less we forget THIS IS SOUTH AFRICA and we can't be expected to conform to other people's demands on demand.
QDK: YOU OWE NOBODY AN APOLOGY: they owe you an apology and that includes SA Cricket.
Raasbekke - julle almal.
Doen behoorlike navorsing, veral Reinet oor haar 'witman', dan sal jy sien dat jy die kat aan die stert beet het.
Nie eens KSA het hul "ducks in a row nie".
Dis suiwer baadjiedraer-politiek in sport, hulle kyk vas in die BLM-ding en sien nie QdK se trane nie.
Waar is die ICC?
Will Carling se "Old Farts" kom by my op.
Dis die einde van die gebruik van wit balle en klere in krieket. Dis van nou af alles net in swart. Anders is dit 'n "white supremacy" spel en pas dit nie by die BLM in nie.
Die BLM en George Floyd is vir my sinoniem.
Die BLM was redelik onaktief tot met die dood van Floyd en daar kaap die BLM die hele proses.
Olimpiese atlete en mense kan kniel maar los die uit wat daar teen gekant is.
Die lewe bestaan uit keuses en die Grondwet gee ook 'n keuse.
Mnr De Vries,
Met jou stelling "... Vir ’n wit man is dit net so nodig om openlik solidariteit te toon met #blaclivesmatter as wat dit vir enige man noodsaaklik is om homself ’n feminis te noem ..." sit jy die pot baie ver mis. Jy praat definitief nie namens my of baie ander witmans nie. Dat rassisme uitgedien is, weet almal. Dat jy vereis dat witmans moet buig voor 'n beweging wat baie rassiste (swart-op-wit, ook ja) misbruik om witmans af te kraak, is te dik vir 'n daalder. In SA is sistemiese swart-op-wit rassisme aan die orde van die dag en daar is talle voorbeelde om dit te bewys. Gaan jy vir ons swart-op-wot rassisme ook aan die groot klok hang? Of is jy een van die wat dink dit bestaan nie. Soveel so, dat witmense 'n WHITE LIVES MATTER-veldtog hoort te begin in SA. Jy sal dit seker nie ondersteun nie. Mens moet oppas dat jou liberale onderrok nie te ver uithang as jy sulke artikels skryf nie. Bedek hom met die bo-rok van balans.
Gits. In skole deesdae moet die onnies dieselfde baadjies of hemde dra vir foto's en so aan. Geen keuse nie, want dis vir eenvormigheid. Deelneem aan openinge waar gebede gedoen word, al glo hulle nie, maar met respek vir ander. Geen keuse.
In die park hardloop die jappies en ry fiets, almal in duur oefenklere, en ek voel uit met my tannie-bont ou langbroek en pienk hoed, maar wat.
Neem deel aan sport, aanvaar die reëls, trek die klere aan en wys mens is jammer oor apartheid. Die Nazi-kampe en so aan - deur die eenvoudige knieval. In die NG-kerk het niemand anyway gekniel nie.
Nou skoon deurmekaar oor waar ek was.
O.
Pas aan vir vrede.
Dalk oor 100 jaar is daar knievalle vir gay mense wat gely het.
Die persoon wat onder all lives matter 'n comment gelos het - ek wens ek kon vir jou 'n bier koop. Knapgat-comment, dankie.
Dink maar net, ja al gaan dit hier oor die De Kock-voorval, dat nederigheid en diplomasie mense ver bring in die handel en wandel. As die ander sien mense jy het berou dan kyk hulle heel moontlik baie meer verdraagsaam na jou en joune