Jakes Gerwel-huldeblyksviering
Saterdag, 10 November 2018
Greatmore-straat 66, Woodstock, Kaapstad
Let wel: Die program is gratis, maar belangstellendes moet vooraf vir die onderskeie items 'n sitplek bevestig. Stuur 'n e-pos aan theo@jgf.org.za.

Portrette van Jakes Gerwel
Met Reza Khota, Luis Gimenez, Valmont Layne, Dhatini Mzayiya en filmstudente van UWK: Nondwe Mpuma, Lebohang Mojapelo, Anaïs Nony, Swati Arora en Zuko Sikhafungana. In samewerking met die Centre for Humanities Research.

Reza Khota, Luis Gimenez en Valmont Layne skop die dag af met uitsonderlike musiek, terwyl die visuele kunstenaar, Dhatini Mzayiya, ’n spesiale portret van Jakes Gerwel teken. Na hierdie sessie sal die UWK-studente se dokumentêre werk oor Jakes Gerwel deur die loop van die dag vertoon word.
Musiek en tekening: 10:00. 30 min. Vierkant
Films: 10:00 – 20:00. Filmkamer
Jakes Gerwel deur my lens
Die welbekende fotograaf en kunstenaar, Rashid Lombard, stal van sy kosbaarste foto’s van Jakes Gerwel uit.
10:00 – 20:00. Vierkant
Grond & geskiedenis
Met Bill Nasson, Andries du Toit en Tembeka Ngcukaitobi; Henry Jeffreys (gespreksleier)

Hoe interpreteer ons die geskiedenis om die pad vorentoe met grondhervorming te verstaan? Die historikus en skrywer, Bill Nasson, Andries du Toit van PLAAS (Institute for Poverty, Land and Agrarian Studies) en Tembeka Ngcukaitobi, advokaat en skrywer vanThis land is ours, gesels met Henry Jeffreys hieroor.
11:00. 60 min. Hoofsaal
Yoh!
Met leerders van Grassy Park Hoërskool en Weltevrede sekondêre skool, en Pierre Greeff van Heuwels Fantasties
Leerders van Grassy Park Hoërskool, wat deel is van die Jakes Gerwel Stigting se narratiewe leerprojek, Yoh!, sal saam met Weltevrede sekondêre skool van hulle gedigte voorlees en van hulle rymkletse sal gehoor word. Pierre Greeff van Heuwels Fantasties verduidelik sy betrokkenheid by die projek.
12:30. 30 min. Vierkant
Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel
Met Hein Willemse, Imraan Coovadia en Mercy Kannemeyer; Melanie Verwoerd (gespreksleier)

Wat is die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel in die huidige sosio-politiese klimaat van Suid-Afrika? Hoe verbeel en dink die intellektueel van vandag ons verdeelde land, in vergelyking met leiers van die verlede, soos Jakes Gerwel?
13:30. 60 min. Hoofsaal
Warona
Met Sipho Mahlatshana, Mandiselli Maseti, Siphokazi Mpofu, Sipho Ngxola, Luyanda Nogodlwana en Asanda Rilityana. Regisseur: Thando Doni. In samewerking met die Centre for Humanities Research.

Die poppekasteaterstuk deur uKwanda Puppetry Collective ondersoek onder meer vrae oor geregtigheid op straat en die gemeenskap se reaksie op die dwelmkultuur in die Wes-Kaap. Kinders word al hoe meer bedreig, terwyl families soek na ander alternatiewe weë vir die volgende generasie.
15:00. 60 min. Vierkant
Die etiek van bevoorregting – hoe leef ons eties?
Met Jay Naidoo (verwelkomings deur die UWK-rekor en vise-kanselier, prof Tyrone Pretorius)

Suid-Afrikaners is, as gevolg van die groeiende gaping tussen die bevoorregtes en die benadeeldes, meer verdeeld as ooit vantevore. Hoe leef ons eties-bewus in ’n land met soveel armoede? Hoe moet ons as bevoorregtes leef om ’n regverdige toekomstige samelewing te help bou?
16:30. 60 min. Hoofsaal
Jakes Gerwel-lesing – Om ’n post-Apartheid toekoms te verbeel
Met Achmat Dangor (verwelkomings deur Goolam Aboobaker, trustee van die Jakes Gerwel Stigting)

Die internasionaal-erkende skrywer, Achmat Dangor, lewer die Jakes Gerwel-lesing met die tema “Om ’n post-Apartheid toekoms te verbeel.”
18:00. 60 min. Hoofsaal
Gedigte & musiek
Aangebied deur Lingua Franca
Met Khadija Tracey Heeger, Sipho Ndebele, Thando Fuze Poet, Jason Jacobs, Afeefa Omar, Khanyiso Mabodla, Pakama Mlokoti, Abalobi en Pieter Odendaal. Musikante: Lumanyani “Unity” Mzi, Babalwa Makwethu, Zama Qambi, Aphiwe Nyezi, Thandeka Mfinyongo en Tina Hashe
Hierdie samewerking tussen gedigte en musiek, waarin die gesproke woord vervleg word met dinamiese Afro-futuristiese klanke, skep ’n unieke Suid-Afrikaanse poëtiese en musikale ervaring.
19:30. 90 min. Vierkant
Seremoniemeester
Heindrich Wyngaard
Vennote
Universiteit van die Wes-Kaap, Centre for Humanities Research, Die Wes-Kaapse Regering se Departement van Kultuursake en Sport, Lingua Franca, uKwanda Puppetry Collective



Kommentaar
Ek wil graag bywoon. Jakes was my dosent, rektor en vriend. Diep denker en intellektueel. Baanbreker!