Pretoria ...

  • 0

Die gesmous met Pretoria se naam – die wat dit wil behou en die wat dit verander – moet in die nuwe jaar end kry. Ek glo stellig dat ek een van die min mense is wat hier op SêNet kan spog dat ek gebore en getoë is in die Jakarandastad.

Uit my kinderdae onthou ek vele dinge van Pretoria. Die gefluit van stoomlokomotiewe wat rangeer by Pretoria-stasie. Die uitstappies dieretuin toe. Lewe in die destydse Marabastad onder meer.

In my tienerjare het ek en my skoolmaats die stad gaan verken. Gewoonlik op dae wat daar stokies gedraai is. Paul Krugerstraat, die Transvaal Museum, Kerkstraat, Sunnyside, Arcadia om ’n paar te noem.

Pretoria – soos dit in daardie dae was –het ’n spesiale bekoring ingehou. Die gevestigde woonbuurte was grootliks in die Moot. Die rykmanswoonbuurte was Brooklyn, Waterkloof, Menlopark en Lynnwood.

Barclay-plein was die eerste groot winkelsentrum in Pretoria. Die SA-Spoordiens het spesiaal op weeksdae ’n vier-wa voorstedelike trein bedryf. Net om leerlinge van Affies, Boys High, Girls High en Meisies Hoër Cullinan en Rayton toe te vervoer.

Indien ek al my herinneringe van die stad sou neerskryf, sou dit dae duur.

Vandag is Pretoria nie wat dit destyds was nie. Dit het sy siel verloor. Waar mense nederig, kalm en respekvol was, is dit vervang met ’n gejaagdheid na die niks. Daar is geen wedersydse respek meer nie en so meer.

Destyds was Arcadia Shepherds, Pretoria Callies, Blue Bells en Pretopria Sundowns (hoofsaaklik bruin en Indiër-spelers) die sokkerspanne.

Op die rugbyveld was Noord-Transvaal se Carlton-liga die land ver vooruit.

Die koerante het Oggendblad en Die Hoofstad ingesluit.

Met soveel goeie herinneringe toon dit dat Pretoria as stad op jou hart uitgekerf moet wees.

Die gepolitiek vir of teen naamsveranderinge word juis grootliks gedryf deur mense wat nie opregte Pretorianers is nie.

Al verander die naam na Tshwane kan Pretoria nie uit my hart gehaal word nie.

Bly dit dieselfde beteken dit dat rassiste hul sin gekry het.

Yuri

 

  • 0

Pretoria

  • 0

Mense kan maklik omgekrap word oor kleinlike dinge. Neem byvoorbeeld die onlangse staking in Pretoria. Dus was ek heeltemal omgeboul toe ek nou die dag Pretoria-stasie toe is om sake af te handel.

Intersite, die eienaar van ons stasies, het die bus-terminus verskuif en opgeknap. Net so is die parkering opgegradeer en daar is nog konstruksie aan die gang om die plek gereed te kry vir 2010.

Dit is jammer dat Intersite nie van die geleentheid gebruik gemaak het om 'n publisiteitsveldtog te loods nie. Maar welgedaan, manne.

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top