Persvrystelling: Webinare vir die klaskamer

  • 0

Onnies, hier is ’n manier om akkreditasiepunte te verdien!

Verskeie instellings werk saam om webinare aan onderwysers, ouers en leerders te bring.

LAPA Uitgewers, Penguin Random House South Africa, die Afrikaanse Onderwysnetwerk, Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en LitNet span saam om hierdie webinare moontlik te maak.

Onderwysers moet veral daarop let dat hulle waardevolle akkreditasiepunte kan verdien tydens die seminaar op Woensdag 9 September.

Wêreldgeletterdheidsdag 8 September

Geletterheid word internasionaal op 8 September gevier.

Twee webinare word op daardie dag aangebied.

Hoe bevorder ons geletterheid by laerskoolleerders tydens en ná KOVID-19?

Ons vier hierdie dag deur in gesprek te tree met Reinette Lombard, Melinda van der Molen, Paulene Solomon en Wendy Maartens. Tydens hierdie webinaar gee hulle praktiese raad en hulpmiddels aan laerskoolonderwyser en -ouers om geletterdheid tuis en by die skool te bevorder.

Kom luister saam! Registreer hier.

Die gesprek is tweetalig.

How are we promoting literacy amongst primary school learners during and after COVID-19?

We are celebrating this day by talking to Reinette Lombard, Melinda van der Molen, Paulene Solomon and Wendy Maartens. During this webinar they will give practical advice and reading aids to primary school teachers and parents to ultimately promote literacy at school and at home.

Join us for free! Register here.

This is a bilingual conversation.

Bevorder lees in die hoërskool

Op Dinsdag 8 September om 17:30 span Yolandi Roux, Fanie Viljoen en Christien Neser hulle kragte saam om strategieë te bedink vir die bevordering van lees by hoërskoolleerders tydens en ná die grendeltyd. Kom deel in die gesprek vir hoërskoolonderwysers en -ouers met Hannes Barnard as gespreksleier.

Jy kan gratis registreer deur hierdie skakel te kliek.

Kry akkreditasiepunte: Gratis Webinaar Woensdag 9 September

Nadine Petrick, een van die resensente op die kykNET-Rapport-pryse se kortlys, deel haar wenke met onderwysers op Woensdag 9 September om 16:00.

Deel hierdie praktiese wenke moet jou leerders!

Onderwysers wat registreer kry boonop waardevolle SACE-akkreditasie wanneer hulle dié webinaar bywoon.

Registreer hier.

Lees ook

The use of technology by teachers for learners with learning disabilities 

A dog, a praying mantis and literary prestige: Instagram as role player in the Afrikaans literary system 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top