Persvrystelling: SA Akademie se eerste virtuele bekroningsplegtigheid

  • 0

U hoef nie ’n Facebook-rekening te hê om te daarna te kan kyk nie. U gaan so te werk:

  • Maak die Akademie se Facebookblad op 30 Julie 2020 om 18:00 oop.
  • As u op die Facebook-adres klik en dit maak nie oop nie, kan u alternatiewelik die volledige adres kopieer en dit op Google se soekspasie plak en die Akademie se blad so oopmaak.
  • Klik op “Posts” links op die blad en wag op die bekroningsvideo wat ongeveer om 18:02 sal verskyn. Dit mag dalk nodig wees om effens af te rol op die bladsy en wanneer u die video vind, klik dan net op die pyltjie links onder op die video sodat dit begin speel.

Daar is vanjaar weer, soos gewoonlik, twee bekroningsplegtighede wat op die volgende datums plaasvind:

  • Die Noordelike plegtigheid vir pryswenners wat hoofsaaklik in die Noorde van die land woonagtig is, ontvang hulle pryse virtueel op Donderdagaand 30 Julie om 18:00.
  • Die Suidelike plegtigheid vir pryswenners wat in die Suide van die land, asook in Bloemfontein en Kimberley woonagtig is, vind ook virtueel op Donderdagaand 10 September om 18:00 plaas.

Die video’s sal ná die uitsendings op die Akademie se Facebookblad permanent by “Videos” te sien wees.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top