Die Afrikaanse Taalraad (ATR) verwelkom die aanstelling van Nico Botha, ATR-navorsingsgenoot, as voorsitter van die Kommissie van Khoi-San-sake.
Die aanstelling, ingevolge die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap, sal ondersoek instel na die formele erkenning van Khoi-San-gemeenskappe en tradisionele of verkose leiers.
Hierdie stap is van historiese belang vir Khoi- en San-gemeenskappe, mense wat oor die algemeen Afrikaanssprekend is, en skep nuwe geleenthede vir ’n opbloei van taal en kultuur.
Ons wens Nico Botha dus sterkte toe met hierdie taak.