Persvrystelling: Miljoene vir studie in Afrikaans

  • 3

"Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns stel vanjaar weer miljoene rand beskikbaar vir beurse aan nagraadse studente in enige vakdissipline. Studente wat vir ’n meesters­graad of doktorsgraad by enige universiteit in Suid-Afrika wil inskryf, kan aansoek doen," het die uitvoerende hoof van die SA Akademie, Dionē Prinsloo, vandag gesê.

Die beurswaardes beloop tot R120 000 vir doktorsgraadstudie en tot R60 000 vir meestersgraadstudie. Voltydse en deeltydse studente kan aansoek doen. Die enigste voorwaarde wat die Akademie stel, is dat die uitkoms van die nagraadse studie in Afrikaans aangebied word.

Hoewel universiteite in Suid-Afrika sterk verengels, glo die Akademie dat daar steeds plek is vir gevorderde studie in Afrikaans en dat studente wat dit verkies sover as moontlik in staat gestel moet word om hulle nagraadse studie in hulle moedertaal te voltooi – in hierdie geval Afrikaans – het Prinsloo gesê. Met hulle gevorderde studie dra die studente ook by tot die uitbreiding van Afrikaans as vaktaal. Die SA Akademie aanvaar dat daar genoeg Afrikaanstalige akademici in die land is wat nagraadse studente in Afrikaans wil en kan begelei.

Aansoeke vir die die akademiese jaar 2018 sluit einde Augustus. Navrae kan gerig word aan Melanie Rens by die SA Akademie (melanie@akademie.co.za). Inligting ook beskikbaar by www.akademie.co.za.

  • 3

Kommentaar

  • De Villiers Hauptfleisch

    Geluk SA Akademie- moenie dat ons studente gestop word om in Afrikaans te leer en te presteer nie!

  • Lester Travor Forbes

    Goeienaand Melanie,
    Ek het my honeursgraad in fisiese wetenskappe, wiskunde en tegnologie in 2014 voltooi. Wil graag meer inligting hê aangaande die beurs wat julle aanbied.

    Groete
    Lester Travor Forbes

  • Hartlike goeie dag,

    Beplan om in te skryf vir meesters in ekonomiese ontwikkeling by Stellenbosch Universiteit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top