
Harry Kalmer, bekroonde skrywer, dramaturg en wenner van die Barry Ronge-prys vir fiksie, bied ’n splinternuwe tweedag-skryfkursus op 15 en 24 September in Pretoria aan, en op 13 en 20 Oktober in Johannesburg.
“Wanneer dit by skryf kom is daar reëls, gereedskap en vaardighede wat almal kan aanleer en gebruik. Oor twee dae gaan ons hierdie dinge ontdek en verken. Dis ’n praktiese slypskool wat jou sal help om jou storie beter te vertel,” sê Kalmer. “Die kursus is geskik vir beide ervare skrywers en beginners en sluit nuwe benaderings en oefeninge in wat ek ontwikkel het sedert ek die kursus in 2010 begin aanbied het. Dit bevat ook elemente uit my langer ses-week kursus wat ek in Engels aanbied.”
“Ons sal praat oor waar stories vandaan kom en praat oor die vrees vir skryf, publikasie en selfs sukses. Beginne en eindes, die belangrikheid van verbeelding en persoonlike ervaring word ook bespreek. Of jy nou ’n beginner of ’n ervare skrywer is, dié twee dae is ontwerp om te inspireer en te motiveer.”
Die kursus vind daagliks van 09:00 tot 16:00 plaas. ’n Ligte middagete en koffie/tee is ingesluit.
Vir navrae en meer inligting, kontak kalmer@netactive.co.za.

