
Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was. In 2020 was die uitvoerende kunste onder geweldige druk weens die COVID-pandemie. Daarom wil ons steeds en veral vanjaar die kunste en ons kunstenaars vier en vereer.
“Die doel van die Fiëstas wat vanjaar toegeken word, is om aan die feeste, die kunstenaars en die feesgangers hoop te gee,” sê Karen Meiring, M-Net-direkteur: kykNET-kanale. “Dit is belangrik om die bedryf erkenning te gee, vir die manjifieke werk wat op innoverende maniere steeds op verhoë en aanlyn aangebied is. Daar is vanjaar geskaaf aan sommige kategorieë en nuwes is bygevoeg om met die veranderende landskap van die uitvoerende kunste tred te hou.”
In 2020 het die deelnemende feeste – Toyota US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaatfees en Aardklop – kreatiewe maniere asook formate gevind om steeds die kunste na gehore te bring. Die Toyota US Woordfees het plaasgevind voor die Nasionale Inperkingstydperk op 26 Maart aangekondig is, met meer as 300 (leefstyl en diskoers gesprekke uitgesluit) produksies wat opgevoer is. Hiervan was 87 debuut produksies.
Die ander feeste kon nie op die tradisionele manier plaasvind nie, maar het die geleentheid aangegryp om gehore op ’n nuwe manier te bereik. Die KKNK het hul eerste kortfilmprojek, Kortom, geloods, sowel as die Teksmark en Virtuele Galery aangebied, en Aardklop het die eerste Aardklop Aubade-konsert, in samewerking met die Afrikaanse Hoër Seunskool, aangebied. Met die Suidoosterfees se inryreater het gehore die geleentheid gekry om in die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm te kyk. Die Vrystaatfees het ook innoverende aanlynprojekte en -gesprekke aangebied.
Ter viering van die verskeie aanlynprojekte, het die Fiëstas-paneel besluit om ’n nuwe kategorie, naamlik Beste aanlyn feesprojek, te skep. Dié kategorie vereer alle projekte wat feeste aangepak het om die kunste te laat voortleef tydens grendeltyd.
“Vir die paneel gaan dit nie daaroor dat die Fiëstas noodwendig móét plaasvind nie, maar dat die kunstenaars wat erkenning verdien, bekroon móét word,” meen Herman van der Westhuizen, sameroeper van die Fiëstas-paneel. “In ’n jaar waar kunstenaars, en ook hulle agter die skerms, onder moeilike omstandighede moes skep, was die paneel veral beïndruk deur die kreatiwiteit en nuwe idees wat na vore gekom het. Ons salueer die feesbesture en almal betrokke.”
Die kykNET Fiëstas-toekenningsgeleentheid sal vanjaar weens die tans geldende Covid-19-regulasies slegs ’n televisie-uitsending wees. Dit vind nie, soos gewoonlik, voor ’n teatergehoor plaas nie.
Die 11de kykNET Fiëstas sal op 7 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.
Talle van die Fiësta-benoemdes en kunstenaars soos Corlea Botha, Lynelle Kenned, Devonecia Swartz en Elandré sal deel vorm van die televisie-uitsending onder regie van Hennie van Greunen en Pedro Kruger. Kykers kan uitsien na ’n aand vol vermaak en styl ter viering van die kunste.
En die benoemings is:
Beste akteur
Ben Pienaar – Match (Vrystaatfees)
Dean Balie – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)
Robert Hindley – Valsrivier (Toyota US Woordfees)
Stian Bam – Valsrivier (Toyota US Woordfees)
Beste aktrise
Anna-Mart van der Merwe – Valsrivier (Toyota US Woordfees)
Melanie Scholtz – Extra large, asseblief? (Toyota US Woordfees)
Nicole Holm – Tweespoor (Toyota US Woordfees)
Sandra Prinsloo – Spertyd (Aardklop)
Beste regie
Frieda van den Heever – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)
Janice Honeyman – Valsrivier (Toyota US Woordfees)
Marthinus Basson – Huppelkind (Toyota US Woordfees)
Nico Scheepers – Die engel by die dam (Toyota US Woordfees)
Beste teaterontwerp
Charl-Johan Lingenfelder – Musiekregie vir Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)
Chen Nakar – Stelontwerp vir Die vermoeienis van vlerke (Toyota US Woordfees)
Elana-Mari Snyman – Stelontwerp vir Die sonkamer (Toyota US Woordfees)
Nico Scheepers – Stel- en beligtingsontwerp, choreografie en manipulasie van die marionet vir Die engel by die dam (Toyota US Woordfees)
Beste nuutgeskepte Afrikaans teks, verwerking of vertaling
André Gerber – Die sonkamer (Toyota US Woordfees)
Frieda van den Heever en Dean Balie – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)
Saartjie Botha – Valsrivier (Toyota US Woordfees)
Veronique Jephtas – Hoe change hulle (Toyota US Woordfees)
Beste prestasie in klassieke musiek
Bryan Wallick (klavier), Frank Stadler (viool) en Peter Martens (tjello) – Beethoven Triple Concerto (KKNK)
Hidden Colours of the Free State (Vrystaatfees)
KSO – Mozart Wind Octets (KKNK)
Universiteitskoor Stellenbosch onder leiding van André van der Merwe – Etensuurkonserte en Gala-konsert (Toyota US Woordfees)
Beste prestasie in visuele kuns
Barbara Wildenboer – KKNK-feeskunstenaar (KKNK)
Carol Brown, Zinhle Khumalo, Angela de Jesus (kurators) – Folds & Faults: An Exhibition of Women Artists (Vrystaatfees)
Dineke van der Walt (kurator) – KKNK se Virtuele-galery (KKNK)
John Anthony Boerma (kurator) – Innibos Nasionale Handwerkkunskompetisie (Innibos)
Beste musiekgedrewe produksie: buitelug en podium
Early B – Toyota US Woordfees
Karen Zoid: 20 Jaar Pops – Toyota US Woordfees
Klopse jol – Suidoosterfees
The Variety Show that Skriks vir Niks – Suidoosterfees
Beste musiekgedrewe produksie: teater
’n Lieflike lawaai – Toyota US Woordfees
Die poet, wie’s hy? – Toyota US Woordfees
Karoo Suite 2: Karoonagte – Toyota US Woordfees
Van Broadway na Birdstraat – Toyota US Woordfees
Beste aanlyn feesprojek
Die dans van my heenkoms – Vrystaatfees
Beethoven Triple Concerto – KKNK
#TsekCorona, Hot Gates, A Child in a Faraway Land, Die weduwee se kruik, The World in Union – Suidoosterfees
Virtuele kunsgalery – KKNK
Beste feesproduksie
Beethoven Triple Concerto – KKNK
Die dans van my heenkoms – Vrystaatfees
Die poet, wie’s hy? – Toyota US Woordfees
Valsrivier – Toyota US Woordfees
Beste opkomende kunstenaar
Lynette du Plessis – Krummelpap, afval en Sunlightseepbaddens (Toyota US Woordfees)
René Cloete – Huppelkind (Toyota US Woordfees)
Robert Hindley – Valsrivier (Toyota US Woordfees)
Wian Taljaard – Wag, wat?, Kraai, Lycra en petticoats (Toyota US Woordfees)
Soos gewoonlik gaan daar drie legendes met lewensbydraetoekennings vereer word. Daar word vanjaar ook vir die eerste keer ’n nuwe kategorie bygevoeg, Die Fiësta Sinjatuur, waarin drie kunstenaars vereer sal word.
Die Blou Fiësta, ’n prys vir ’n uitsonderlike en verdienstelike werk wat nie in een van die ander kategorieë val nie, word ook weer toegeken. Hierdie toekennings word die aand van die toekenning bekend gemaak.
Nominations for the 11th kykNET Fiëstas
The kykNET Fiëstas awards annually honour exceptional work presented at arts festivals across the country during the previous year. In 2020, the performing arts were under enormous pressure because of the severe impact of the Covid pandemic on the festival circuit. The 11th kykNET Fiëstas will celebrate the arts and artists who persevered and helped carry us through this trying time.
The participating festivals – Toyota SU Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaatfees and Aardklop – had to find creative and innovative ways to present art to audiences.
“The purpose of the Fiësta Awards this year is to give hope – to arts festivals, artists and festivalgoers,” says Karen Meiring, M-Net Director: kykNET Channels. “It is important to honour artists, for the magnificent work that was still presented on stage and online.”
“The panel does not feel that the Fiësta Awards Ceremony has to happen, but we strongly believe that the artists who deserve recognition, have to be acknowledged,” says Herman van der Westhuizen, convenor of the Fiëstas panel of judges. “In a year where artists and all those working behind the scenes were forced to create and perform under difficult circumstances, the panel was especially impressed by the creativity and new ideas forged under this pressure. We salute the festival managements, and all involved.”
Due to Covid-19 regulations, the kykNET Fiësta Awards Ceremony will only be presented as a television broadcast this year. It will not take place in front of a live theatre audience as usual.
The 11th kykNET Fiëstas will be broadcast on 7 March at 20:00 on kykNET (DStv channel 144).
Many Fiësta nominees and artists like Corlea Botha, Lynelle Kenned, Devonecia Swartz en Elandré will be a part of this television production directed by Hennie van Greunen and Pedro Kruger. Viewers can look forward to an evening of stylish entertainment in celebration of the arts.
Some of the award categories were revised and a few new ones were added to reflect the changing landscape of the performing arts.
And the nominees are:
Best Actor
Ben Pienaar – Match (Vrystaatfees)
Dean Balie – Die poet, wie’s hy? (Toyota SU Woordfees)
Robert Hindley – Valsrivier (Toyota SU Woordfees)
Stian Bam – Valsrivier (Toyota SU Woordfees)
Best Actress
Anna-Mart van der Merwe – Valsrivier (Toyota SU Woordfees)
Melanie Scholtz – Extra large, asseblief? (Toyota SU Woordfees)
Nicole Holm – Tweespoor (Toyota SU Woordfees)
Sandra Prinsloo – Spertyd (Aardklop)
Beste Director
Frieda van den Heever – Die poet, wie’s hy? (Toyota SU Woordfees)
Janice Honeyman – Valsrivier (Toyota SU Woordfees)
Marthinus Basson – Huppelkind (Toyota SU Woordfees)
Nico Scheepers – Die engel by die dam (Toyota SU Woordfees)
Best Theatre Design
Charl-Johan Lingenfelder – Musical direction: Die poet, wie’s hy? (Toyota SU Woordfees)
Chen Nakar – Set design: Die vermoeienis van vlerke (Toyota SU Woordfees)
Elana-Mari Snyman – Set design: Die sonkamer (Toyota SU Woordfees)
Nico Scheepers – Set and lighting design, choreography and manipulation of the puppet: Die engel by die dam (Toyota SU Woordfees)
Beste New Afrikaans Text, Adaptation or Translation
André Gerber – Die sonkamer (Toyota SU Woordfees)
Frieda van den Heever and Dean Balie – Die poet, wie’s hy? (Toyota SU Woordfees)
Saartjie Botha – Valsrivier (Toyota SU Woordfees)
Veronique Jephtas – Hoe change hulle (Toyota SU Woordfees)
Best Achievement in Classical Music
Bryan Wallick (piano), Frank Stadler (violin) and Peter Martens (cello) – Beethoven Triple Concerto (KKNK)
Hidden Colours of the Free State (Vrystaatfees)
KSO – Mozart Wind Octets (KKNK)
Stellenbosch University Choir, conducted by André van der Merwe – Lunch-hour Concerts and Gala Concert (Toyota SU Woordfees)
Beste Achievement in Visual Arts
Barbara Wildenboer – KKNK Festival Artist (KKNK)
Carol Brown, Zinhle Khumalo, Angela de Jesus (curators) – Folds & Faults: An Exhibition of Women Artists (Vrystaatfees)
Dineke van der Walt (curator) – KKNK Virtual Gallery (KKNK)
John Anthony Boerma (curator) – Innibos National Crafts Competition (Innibos)
Best Music-driven Production: Open-air and Podium
Early B – Toyota SU Woordfees
Karen Zoid: 20 jaar pops – Toyota SU Woordfees
Klopse jol – Suidoosterfees
The Variety Show that Skriks vir Niks – Suidoosterfees
Best Music-driven Production: Theatre
’n Lieflike lawaai – Toyota SU Woordfees
Die poet, wie’s hy? – Toyota SU Woordfees
Karoo Suite 2: Karoonagte – Toyota SU Woordfees
Van Broadway na Birdstraat – Toyota SU Woordfees
Best Online Festival Project
Die dans van my heenkoms – Vrystaatfees
Beethoven Triple Concerto – KKNK
#TsekCorona, Hot Gates, A Child in a Faraway Land, Die weduwee se kruik, The World in Union – Suidoosterfees
Virtual Art Gallery – KKNK
Best Festival Production
Beethoven Triple Concerto – KKNK
Die dans van my heenkoms – Vrystaatfees
Die poet, wie’s hy? – Toyota SU Woordfees
Valsrivier – Toyota SU Woordfees
Best Up-and-coming Artist
Lynette du Plessis – Krummelpap, afval en Sunlightseepbaddens (Toyota SU Woordfees)
René Cloete – Huppelkind (Toyota SU Woordfees)
Robert Hindley – Valsrivier (Toyota SU Woordfees)
Wian Taljaard – Wag, wat?, Kraai and Lycra en petticoats (Toyota SU Woordfees)
As usual, three legends will be honoured with lifetime achievement awards.
Three mentorship awards will be made for the first time this year to three young artists who will get the opportunity to be mentored for a year in order to boost their careers. The Blue Fiësta – a prize for an extraordinary piece of work that does not belong in any of the other award categories – will also be announced at the ceremony. These awards will only be announced at the awards ceremony.


Kommentaar
"Soos gewoonlik gaan daar drie legendes met lewensbydraetoekennings vereer word" (???) Watter drie legendes?