Persvrystelling: Catrina Wessels baan weg vir Martin Steyn in Turkye

  • 0

Donker spoor, Martin Steyn se debuutroman, gaan in Turks vertaal word. Dit volg nadat die literêre agent Catrina Wessels die boek suksesvol aan die uitgewer A7 Kitap voorgelê het.

Donker spoor is Steyn se debuut. Die roman is ook bekroon met ’n ATKV-Woordveertjie in die kategorie spanningsromans.

Die boek is ook suksesvol in die VSA uitgegee deur Catalyst Press as Dark Traces. Steyn het die vertaling self hanteer.

Dark Traces is met ’n Kirkus-ster vereer. Dit is ’n enorme eer, komende van ’n tydskrif wat bekend is vir vlymskerp kritiek sedert 1933. Kirkus ken jaarliks ’n baie groot prys van US$50 000 toe. Boeke, soos Steyn s’n wat ’n ster kry, kom outomaties in aanmerking vir hierdie prys, wat beteken Dark Traces ding nou mee om die Kirkus-prys vir 2018. Die resensie maak positiewe melding van Martin se gebruik van Afrikaanse woorde soos klagtebakkie en oom wat in die VSA-teks behoue gebly het.

Nòg LAPA, nòg Steyn weet wat klagtebakkie en oom in Turks is.

Steyn se tweede boek, Skuldig, is ook met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon. Swartval, sy derde boek, was ’n baie donker roman wat verkragting en die gevolge daarvan bekyk het. Sy vierde roman, Losprys, verskyn in Oktober. Soos die titel aandui, handel dit oor die ontvoering van ’n rykmanskind.

* * *

Donker spoor en Dark Traces is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top