
Kom boeksnuffel by Vriende van NALN se opedag op Saterdagoggend 10 Junie 2023 om 08:30–12:00 by die Boekemark in die Ketelkelder. Ria Müller se stel ou Huisgenote en koerante is beskikbaar in NALN se ouditorium. Dit is oortollige materiaal – sy het reeds ’n volledige stel Huisgenote aan NALN geskenk. Pragtige NALN 50-feeskolwyntjies is te koop saam met ’n koppie stomende koffie of tee.

