Persverklaring: Vlooi vier sy verjaardag en is terug op die planke |  Press release: Kipper and his friends are back!

  • 0

Foto uit die Vlooi-produksie: verskaf; foto van die boekomslag van Oxford University Press ter illustrasie gebuik, aangesien die produksie ter sprake Vlooi en die geheim is  (bron: https://www.oxford.co.za/book/9780190421120#.Yv83exxBzIU)

Dis weer tyd vir Vlooi en sy vriende! 

Elke Augustus is spesiaal as Vlooi en sy maats kinders van oor dwarsoor Wes-Kaap (plekke tot so ver as Saldanha, Swellendam en Bredasdorp) by die Kunstekaapteater vermaak. Vanjaar is ekstra-spesiaal, want Vlooi vier sy 20ste jaar op die verhoog. Boonop moes ons die verjaarsdagviering al twee keer uitstel as gevolg van Covid, en ons het ons borrelende gehoorlede so baie gemis!

Onder die knap hande van regisseur Marinda Engelbrecht en teksskrywer Margit Meyer-Rödenbeck word die Storieboomreeks vir die verhoog verlewendig. Aangesien Vlooi talle skole se voorgeskrewe leesreeks is, is dit werklik ’n wonderlike ervaring vir die grondslagfase om die karakters in lewende lywe in die Kunstekaap te aanskou. Jaarliks kom kyk ongeveer 20 000 kinders tussen die ouderdomme van vyf en tien jaar na nog ’n avontuur van Vlooi. Twintig jaar gelede was Vlooi maan toe, en daarna het hy die seerowers oorwin, die rommelkoningin en die reus reggesien, die Ysman van aardverwarming gered, op die reënboog gegly en die Koninginby gered. 

Die Vlooi Produksies, wat ook al vereer is met ’n Fleur du Cap-toekenning, het oor die afgelope twintig jaar talle bekende akteurs in die geselskap gehad, soos Susanne Beyers, Joanie Combrinck, Pedro Kruger, Cintaine Schutte, De Klerk Oelofse, June van Merch, Leon Kruger, Deon Lotz, Carel Nel, Liande Valentyn, Crystal Donna Roberts, Esther von Waltsleben, Dean Balie, Marlo Minnaar, Kyle Seconna, Nicole Holm, Martelize Kolver en Ivan Abrahams.

Vanjaar se geselskap is ewe indrukwekkend met Elanza Swart, wat vir die 7de jaar die rol van Vlooi vertolk, Francois Toerien, Karli Heine, Lynelle Kenned, Robert Hindley en Eldon van der Merwe. Coenraad Rall behartig die musiekregie en Elana Snyman die stel en kostuums.

Op watter avontuur neem die towersleutel ons in Vlooi en die geheim? Om nou die storie te verklap, sal seker die geheim weggee … Maar wat ons wel weet, is dat Vlooi, Biebie en Wim julle hulp gaan nodig hê, want Koning Herwin het beheer verloor oor sy koninkryk en Prinses Dauphine het geheimsinnig verdwyn.

Vlooi en die geheim begin 15 Augustus by die Kunstekaap teater. Daar is elke dag 2 vertonings om 09:30 en 11:00 onderskeidelik. Die datums van die Afrikaanse vertonings is: 15–19 Augustus; 29 Augustus–2 September, en 5 September. Die Engelse produksie, Kipper and the secret, word aangebied van 22–26 Augustus, en van 6-8 September. Die prys van kaartjies vir blokbesprekings van 10 en meer is R60 per persoon, en enkelkaartjies kos R80 elk. Vir enige navrae of besprekings, kontak Louise by marinda.vlooi@gmail.com

Vlooi en die geheim word aangebied in samewerking met Kunstekaap en Oxford University Press.


 Kipper and his friends are back!

August is that special time of the year when Kipper and his friends entertain children from all over the Western Cape (from places as far as Saldanha, Swellendam and Bredasdorp) at the Artscape Theatre. This year is extra special, because Kipper is celebrating its 20th year on stage. On top of this, Covid made us postpone this birthday celebration for two years in a row, and we cannot tell you how much we have missed our bubbling friends in the audience!

This Oxford Reading Tree series is produced by the very capable duo of Marinda Engelbrecht, director, and Margit Meyer Rödenbeck, script writer. Kipper is the prescribed reading series at many schools, and it is therefore a wonderful experience for the foundation phase to see these characters performing live on stage. In the order of 20 000 children between the ages of five and ten years attend the theatre on an annual basis to watch another Kipper adventure. Twenty years ago Kipper went to the moon. He then conquered the pirates and he overcame the Litter Queen and the giant, he saved the Ice Man from global warming, he glided along the rainbow and he saved the Queen Bee.

The Kipper Productions, which also received a Fleur du Cap award, have over the past twenty years included highly acclaimed actors. amongst others, Susanne Beyers, Joanie Combrinck, Pedro Kruger, Cintaine Schutte, De Klerk Oelofse, June van Merch, Leon Kruger, Deon Lotz, Carel Nel, Liande Valentyn, Crystal Donna Roberts, Esther von Waltsleben, Dean Balie, Marlo Minnaar, Kyle Seconna, Nicole Holm, Martelize Kolver, Ivan Abrahams etc.

Actors included in this years production are equally formidable with Elanza Swart in the role of Kipper for the 7th time, and Francois Toerien, Karli Heine, Lynelle Kenned, Robert Hindley and Eldon van der Merwe completing the cast. Coenraad Rall is the musical director and Elana Snyman will be responsible for the set and costumes.

On what adventure will the magic key take us in Kipper and the secret? To spill the beans now will probably give away the secret … But we do know that Kipper, Biff and Chip will indeed be in need of your help, because King Recyclé has lost complete control over his kingdom, and Princess Dauphine has mysteriously disappeared.

Kipper and the secret commences at the Artscape theatre on the 15th August. There will be two performances every day at 09:30 en 11:00 respectively. The dates for the Afrikaans performances are: 15–19 August; 29 August–2 September, and on 5th September. The English production, Kipper and the Secret, will be staged from 22–26 August, and from 6-8 September. The price for block bookings of 10 and more will be R60 per person, and single tickets will be R80 each.

For inquiries or bookings, please contact Louise at marinda.vlooi@gmail.com

Kipper and the Secret is produced in conjunction with Artscape and Oxford University Press.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top