Persverklaring: Uit die feesgids: Goed wat wag om te gebeur | Momentum Beleggings Aardklop 2023

  • 0
Momentum Beleggings Aardklop
3-8 Oktober, Potchefstroom

Uit die feesgids: Goed wat wag om te gebeur

(Debuut)

Hendrik keer vir die eerste keer in 15 jaar terug na sy ouerhuis. Die huis is verlate en hy besluit om in die donker kelder – waar hy sy kinderdae deurgebring het – te wag. Die kelder is leeg, maar die familie se geheime en geskiedenis hang in die lug, lê begrawe in die huis se fondamente. Hy speel met Lego, drink, en wag. Drie figure sweef in en uit – sy verharde suster, sy tenger ma, sy lewenslustige meisie. Soos hy al dieper in die bottel kyk, herrys spoke van geweld, verwyte en verslawing. Hy wag vir iets om te gebeur. Of iemand om hom te vind. 

Goed wat wag om te gebeur is ‘n herinterpretasie van Ibsen se Ghosts, wat handel oor die sondes van die verlede wat by ‘n familie bly spook. 

Met: Gideon Lombard, Antoinette Kellermann, Emma Kotze
Teks: Philip Rademeyer (na Rademeyer se The Graveyard)  
Regie en stelontwerp: Philip Rademeyer  
Beligtingsontwerp: Andi Colombo
Verhoog- en produksiebestuurder: Amber Fox-Martin
Vervaardiger: Momentum Beleggings Aardklop en Toyota US Woordfees
Moontlik gemaak deur: NATi

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Gradering: Geen o.16 (T/G) Waarskuwing: geslagsgeweld.
Tydsduur: 75 min.
Venue: Gimmies
Datum en tyd: 3 Okt. 09:30, 4 Okt. 20:00, 5 Okt. 09:30, 6 Okt. 13:00
Kaartjies: R190, R170 (Aardklop Hartsvriende)

Kaartjieverkope is reeds oop. 
Besoek ons webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za

Momentum Beleggings Aardklop
3-8 Oktober, Potchefstroom

Webblad: www.aardklop.co.za 
Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees
Instagram: @aardklopkunstefees
Twitter: @AardklopFees

#hierkomons

Navrae:  alexa@aardklop.co.za en wynette@aarklop.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top