
Ek het vir vier en tagtig jaar gewonder oor my Skepper en ek het gevra, maar ek het nie die antwoorde verstaan of gehoor nie. So, ek het aanhou soek na antwoorde op:
- Waarom het ek ’n verlosser nodig?
- Verlos te word van wat?
- Waar kom die sonde vandaan waarin ek gebore is?
- Hoekom?
En ek het 15 lande deeglik besoek en baie boeke gelees en met baie mense en teologies skole gekorrespondeer en ek het uiteindelik duidelikheid gekry. Die student het gevra, soos ek kan vra:
- Wat is ’n koei en wat is ’n boom?
- Antwoord my, wat is die Heilige Gees?
- What is Spirit?
Ek het uit die oogpunt van die wysbegeerte en filosofie my antwoorde neergestip en my uiters interessante loopbaan van soek en vind beskryf. Nie ’n preek vir ander nie, maar ’n stap-vir-stap-proses wat ek gevolg het.
Vyf hoofstukke wat eerstens aan my gewys het hoe my geestesdenke my beïnvloed. Toe twaalf “heiligste gedagtes” wat my ’n beter benadering sou leer. Daarna ’n dosyn oefeninge in luister tot herkenning en gebruik van die binneste stemme, dan die voorbeeld wat ek kon gevolg het van iemand wat dit makliker as ek reggekry het en uiteindelik my stappe verkort.
Die Afrikaanse weergawe is nog net in e-boek formaat beskikbaar, tot ek dit binnekort weer sal laat druk. Die drukkers glo nie dat Afrikaanssprekendes Filosofie lees nie, so ek het die boekie tans net in Engels beskikbaar.
The Light Dancer
200 bladsye, A5

