Kom deel in ’n oggend van musiek, stories, lag, huil en skaamtelose nostalgie saam met Hannes Bosman en Igno van Niekerk op Saterdagoggend 9 November 2019, om 10:00 by NALN.
Die Vriende van NALN-vereniging se algemene jaarvergadering vind blitsig plaas tydens die geleentheid o.l.v. Paul Colditz (voorsitter).
- Bywoning en verversings is gratis.
- CD’s en boeke is te koop.
Parkering is beskikbaar langs die NALN-gebou uit Miriam Makebastraat. Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is geleë op die h/v Pres. Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein.
- Skakel gerus in by die Vriende van NALN se Facebook-blad: https://www.facebook.com/vriendevannaln?fref=ts.
............
Nooi asseblief u vriende om aan te sluit by die Vriende van NALN-vereniging vir 2019.
- Lewer ’n aktiewe bydrae as ’n gewone lid, student of instansie, of hernu gerus u lidmaatskap @ R50 per jaar.
- Die lidmaatskapvorm is hierby aangeheg [Vriende van Naln lidmaatskapvorm 2019] en is ook saam met die grondwet beskikbaar by NALN se webwerf: http://www.fssacr.gov.za/internet/index.php/NALN (punt 10).
- Of stuur ’n boodskap aan vriendevannaln@gmail.com en ontvang dié twee dokumente.
............
- NOTA: Die voorvoegsel van die webadres verander vanaf November 2019 na www.sacr.fs.gov.za


