Taalbewustheidsweek: 13 - 17 September 2021
Op Dinsdag 14 September vanaf 10:00 – 13:00 bied die vakgroep Afrikaans vir Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde, in samewerking met NB Uitgewers, ’n aanlyn skrywersdag aan.
Druk onder op hierdie skakel of op die meegaande advertensie vir meer besonderhede oor die program en biografiese inligting van sprekers en registreer asseblief vir die onderskeie sessies deur die aanlyn vorm in te vul. In hierdie sessies word waardevolle inligting gedeel en boonop sal daar trekkings vir boekpryse wees.
Sessie 1 = Woordeboeke (Delana Fourie van Pharos) – die aanbieding is in Engels. Sy sal gesels oor die tweetalige woordeboek vir die Grondslagfase, asook oor die Setswana- en Sesotho-woordeboeke
Sessie 2 = Die kortverhaalbundel Ingonyama en ander maats met leeueharte (Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht en Cecilia Steyn – die aanbieding is in Afrikaans)
Sessie 3 = Short stories Going wild and other stories (Helen Moffett) – die aanbieding is in Engels
Sessie 4 = Die trilogie Jungu Josh (Constant van Graan) – die aanbieding is in Afrikaans
Sessie 5 = Prenteboeke in die klaskamer (Henk Viljoen van NB Uitgewers)