Persverklaring: Skryf in vir kykNET se Wie word ’n miljoenêr?

  • 47

Die wêreld se grootste en gewildste vasvraprogram ’Who Wants To Be A Millionaire’ is terug in Suid-Afrika. Die Afrikaanse weergawe, Wie word ’n miljoenêr?,  sal later vanjaar op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Inskrywings is tans oop.

"Ons is baie opgewonde en geweldig trots daarop om die wêreld se gewildste vasvraprogram na kykNET te bring. Kykers kan uitsien na dieselfde 'Who Wants To Be A Millionaire'-ervaring wat miljoene mense wêreldwyd geniet. Ons kan nie wag om aan te kondig wie die aanbieder van kykNET se Wie word ’n miljoenêr? gaan wees nie,” sê Cecil Barry, vervaardiger van Wie word ’n miljoenêr?.

Staan jou algemene kennis uit en stof jy almal uit tydens ’n vasvra speletjie? Skryf in, want wie weet, dalk is jy goed genoeg om ’n allemintige R1 miljoen los te slaan.

Inskrywings sluit 6 Augustus 2021.

Diegene wat deurdring na die tweede ronde sal genooi word om ’n meervoudige keusetoets in Johannesburg of Kaapstad te skryf en ’n onderhoud te doen met die produksiespan. Sou dit nie moontlik wees om hierdie in persoon te doen nie, sal die opsie van ’n Zoom-onderhoud beskikbaar wees. 

Besoek kykNET se webwerf (https://kyknet.dstv.com) om die bepalings en voorwaardes te lees en om in te skryf.

Wie het gesê jy kan nie oornag ’n miljoenêr word nie? Komaan. Vat ’n kans! Vinnigste vingers eerste.

 

 

  • 47

Kommentaar

  • Herman de Witt

    My algemene kennis is van boonste gehalte, sal graag wil deelneem en 1 miljoen rand wen.

  • Ronel Castelyn

    Hi julle.
    So my kêrel se geheue en kennis is van top gehalte en sal baie ver kom op die program in my oë.
    Hoe kan ons inskryf vir seisoen 2?

  • Danika Rossouw

    Ek wil graag my pa inskryf - Pieter Rossouw. Sy algemene kennis is baie goed. Wanneer is die volgende datum om in te skryf?

  • Sal graag 'n kans wou waag op hierdie program!
    Deelname lyk soos 'n fees, wie weet, straks is daar nog 'n meevallertjie?

  • Marinda Wylie

    Hoe skryf ons in vir tweede seisoen? Algemene kennis sal die ding kan doen. Laat weet assblief.

  • Ockie Cronje sal baie graag wil kom. Hy's regtig baie skerp. 'n Boer van Delmas. Sal hom graag wil sien deelneem.

  • Hannes van Rensburg

    Ek sien inskrywings vir 1ste reeks het klaar gesluit. Wanneer kan mens inskryf vir 2de reeks, asseblief?

  • Goeie dag. Ek wil graag my pa inskryf. Sy naam is Werner Koekemoer, sy bynaam is Koekies. Hy hou baie daarvan om vrae te antwoord, soos op "Wie word 'n miljoener?"

  • Amelia Van Zyl

    Riaan, my ma wil inskryf. Hy speel elke keer saam vanaf die huis en moet sê hy kom nogal ver. En jou eerste vrae doen hy gewoonlik in 3 tot 4 sekondes. Geniet jou program en lag ook altyd lekker.

  • Ek is 'n kranige aanhanger van die program en ek volg al die reeks vanaf ek dit in Engeland begin kyk het. Ons gesin van 5 geniet graag om die reeks saam te kyk, saam te raai en te bepaal wie sou wen. My oudste is op universiteit en die ekstra geld sal handing te pas kom.

    • Inskrywings vir hierdie program het reeds op 6 Augustus 2021 gesluit en is dus nie meer beskikbaar nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top