Persverklaring: She had a name 365

  • 0

Op 25 November breek die begin van 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld aan, ’n  internasionale veldtog wat jaarliks deur menige aktiviste en organisasies ondersteun word. Die jaar is anders vir kunstenaar en aktivis Carin Bester wat teen 25 November reeds op dag 239 van ’n 365-dag veldtog teen vrouemoord sal wees.

She had a name 365 is 'n aaneenlopende opvoerende kuns stuk, waarin Carin elke 3 uur en 10minute ’n kort video opname maak waar sy die frase “she had a name” met die opeenvolgende nommer sê en dit op alle sosiale mediaplatforms plaas. Sy gebruik statistiek as wegspringpunt – volgens die Suid Afrikaanse Polisiediens se statistieke van die afgelope vyf jaar, is daar gemiddeld 2 763 vroue per jaar vermoor, dit wil sê ’n vroue moord elke 190 minute. Elke video-opname gaan dus gepaard met die moord van ’n vrou.

She had a name 365 benadruk dat daar meer as net 16 dae van aktivisme nodig is; deur haar 3-uurlikse video-opnames maak sy ’n skreiende manifestasie van die herhalende vrouemoorde  - ’n problematiese realiteit wat ons nie kan ignoreer nie.

Carin plaas ook ’n weeklikse video, wat ’n kombinasie is van die kort daaglikse video’s en daarmee saam gee sy inligting oor organisasies in Suid Afrika wat veg teen geslagsgeweld, ook hoe ons almal kan betrokke raak en ’n verskil maak.

Die frase “she had a name” is ’n vorm van rou, ’n erkenning van elke vrou wat haar lewe verloor het, ’n huldeblyk.

Dit is ’n herinnering dat die syfers wat ons sien, meer is as net ’n nommer was, maar ’n persoon, iemand wat ’n naam gehad het.

Vir my gaan die stuk oor meer as net rou. Dit beoog om meer mense te motiveer om betrokke te raak en aksie te neem teen geslagsgeweld. Weekliks word daar organisasies genoem en maniere hoe ons almal kan help. Dit daag ons uit om op te staan vir die wat nie meer kan nie en dan te veg vir ’n beter toekoms.

Elders sê Carin:

Doing this performance is hard, it’s heart-breaking knowing that every time my alarm sounds for me to do another video, statistically a womxn is murdered. Another life is taken away, due to anger, envy, hate, jealousy, toxic masculinity or who knows why …

***

Instagram https://www.instagram.com/shehadaname365/

Facebook:  https://www.facebook.com/shehadaname365

Twitter: @BesterCarin

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top