Persverklaring: RSG Radioteater, ’n Onverwagse krismisboks op Donderdagaand 7 Mei om 20:00

  • 0

Christo Davids (Foto verskaf)

’n Onverwagse krismisboks uit die pen van Christo Davids op Donderdag 7 Mei is ’n roerende werk uit die argief en is in 2013 as deel van RSG se eerste kunstefees uitgesaai. Die radiodrama speel af in die dae net voor Kersfees en fokus op ’n gebroke gesin.

Margie, ’n toegewyde verpleegster by Tygerberg Hospital, werk lang en uitputtende skofte om haar twee kinders, Zelda en Zak, te onderhou nadat haar man Henry haar jare tevore verlaat het. Zelda raak swanger ná ’n verhouding met George, ’n getroude man, wat druk op haar plaas. Zak word gearresteer vir die aanranding van ’n vrou aan wie hy dwelms verkoop het. In ’n ironiese wending word Henry, Zak se afwesige pa, sy prokureur, wat self intussen deur sy tweede huwelik is en nou alleen is. Hierdie omstandighede dwing die gesin om weer bymekaar te kom oor Kersfees, waar ou wonde, skuld en moontlike versoening na vore kom.

Margot Luyt het die regie behartig met Ivan Abrahams, Theresa Cloete, Dean Balie, Kim Cloete, Hein Poole, Sue Pyler-Slabbert, Johan Stassen en Deirdre Wolhuter in die rolverdeling.

*

’n Onverwagse krismisboks, deur Christo Davids, Donderdagaand 7 Mei in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top