Persvrystelling: Oopmond – ’n getoor met gedigte en musiek

  • 0

Oopmond is ’n woord-en-musiek aangeleentheid soos min.

Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: twee spanne digters en ’n paar musikante, ’n maltrap seremonie/skeidsregter. En natuurlik, ’n pretbeluste, geïnspireerde gehoor.

Die digters en musikante ding as groepe mee teen mekaar. Die digters kry ’n tema (bepaal deur die gehoor) en het tien minute om ’n nuwe, impromptu gedig te skryf – wat direk daarna deur ’n span musikante getoonset word.

Die uiteinde? Twee splinternuwe songs en ’n handvol nuwe gedigte. Net so, daar voor jou oë en om jou ore. Tussendeur is daar warm-onder-die-kraag-toordery met woorde en oorspronklike musiek.

Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach-sentrum in Wellington is die skeppende span van Oopmond se nuwe tuiste waar hulle elke kwartaal hulle slag met woorde, gedigte musiek en toonsettings wys.

Moenie die laaste kwartaal van 2019 se Oopmond misloop. Die Skynmaagde, ’n “post-post-apokaliptiese band”, gaan ook daar wees saam met digters soos Toast Coetzer en Andries van Pretoria.

............

  • Wanneer: Saterdag 30 November 2019 
  • Tyd: 20:00 (met pizza’s en wyn en ander drinkgoed al van 18:00 te koop. 
  • Waar: Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach-sentrum in Burgrstrtaat 14 in Wellington 
  • Kaartjies: R100 per persoon 

............ 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top