
NB-Uitgewers nooi skrywers om ongepubliseerde manuskripte in Afrikaans in te skryf vir ’n opwindende jeugboekkompetisie in 2023.
Die kompetisie bestaan uit twee kategorieë: Eerstens vir manuskripte vir lesers 8 tot 12 jaar oud (tot ongeveer 20 000 woorde) en tweedens vir tiener- of jongvolwasseneverhale (tot ongeveer 50 000 woorde) vir lesers ouer as 13 jaar. Die prysgeld is R50 000 vir die wenner-kinderverhaal en R50 000 vir die wenner-jongvolwassene- of tienerverhaal.
Inskrywings word deur ’n paneel van lesers beoordeel. Die wenners se boeke sal deur NB-Uitgewers se drukname Tafelberg en Human & Rousseau gepubliseer word.
Die beoordelaars is op soek na oorspronklike, onweerstaanbare en hoogs vermaaklike Afrikaanse manuskripte. Selfs vir skrywers wat nie wen nie, is daar die moontlikheid van publikasie by NB-Uitgewers, sou die beoordelaars die manuskrip aanbeveel.
Verdere inligting, kompetisiereëls en ’n inskrywingsvorm is verkrygbaar by www.nb.co.za.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 November 2023. Die wenners sal in April 2024 bekendgemaak word en die boeke sal later in 2024 op die rakke wees.
Skrywers wat navraag wil doen, kan Astrid van Staden kontak by astrid.vanstaden@nb.co.za.


Kommentaar
Goeie nuus!