
Nanette van Rooyen (Foto verskaf)
Nanette van Rooyen wen die Sandy Schoeman-prys met haar kortverhaal “Die fluistertaal van blomme” waarin emosie, simboliek en taal meesterlik gekombineer word om te wys hoe dit voel om iemand stadig te verloor en tog steeds lief te hê.
Nanette van Rooyen het haar meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns onder leiding van Etienne van Heerden voltooi.
Haar debuutkortverhaalbundel Om te vlerk is met die RAU Mardene Marais-prys vir debuutwerke bekroon.
Haar tienerroman Ek was hier het die eerste prys in die LAPA Jeugromankompetisie in 2012 verower.
Haar tweede jeugroman Die sewentiende veer is in 2017 ook met ’n prys in die LAPA Jeugkompetisie bekroon.
Intussen is talle van haar kortverhale opgeneem in bundels soos Douspoor, Sweef en Die melkweg het ’n ster laat val.


Kommentaar
Hartlik geluk!
Veels geluk, Nanette!
Fantastiese skrywer!
Sy toor met woorde.
Veels geluk, Nanette!
Dis nie ‘n meevallertjie nie. Dis erkenning vir ‘n groot skrywer. Jy verdien die tjips!
Hartlik geluk!
Fantasties! Baie, baie geluk!
Welgedaan, Nanette. Baie bly vir jou.
Baie geluk, Nanette. Dit is wonderlik!
Vatso, Nanette!