Persverklaring: L’art Poétique-digkompetisie se poësiepryse bekend

  • 2

Die wenners van die gesogte L’art Poétique-digkompetisie is in Kaapstad bekendgemaak.

Dié kompetisie is vir die eerste keer in 2019 toegeken en na Ingrid Jonker vernoem vir haar bydrae tot letterkunde, asook haar najaag van menseregte.

Zalman S Davis het dié kompetisie in 2019 op eie houtjie gestig met die hoop om digters ’n platform vir hulle werk te gee. Davis is ’n bekroonde uitgewer.

Die wenner van die 2021-kompetisie is Marius Coetzee met sy gedig “Tyd”. Die bekende misdaadskrywer, Christelle van Rooyen-Wessels en Tribal Echo-dromspeler en vrou van Frazer Barry, het onderskeidelik die tweede en derde plek verwerf.

Deelnemers wat die kortlys behaal het, is soos volg (in geen spesifieke volgorde nie):

  • Carla Botha
  • Willem de Swyger 
  • Steven Bresler
  • Floris Van Zyl
  • Marieta McGrath
  • Christo Meyer
  • Corné Kloppers 
  • Santjie Aucamp
  • Tilla Diedericks
  • Faeez Samuels
  • Peter Louw 
  • Elna Kruger 
  • Deserisé Cocklin-Viljoen 
  • Helena Mellet

Die wenners en deelnemers se werk word eersdaags in die kompetisiebundel opgeneem.

Die 2022-inskrywings open in Junie. Die deelnemers ontvang deelnemersertifikate, en die wenner ’n kontantprys, ’n publikasiekontrak vir ’n eie digbundel, ’n trofee en boekprys. Die tweede en derde plek-wenners ontvang onderskeidelik ’n kontantprys en sertifikaat.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top