Persverklaring: kykNET wil deel in jou sprokiesbruilof

  • 1

Staan jy met ’n maag vol vlinders op trou met jou sielsgenoot, minnaar en beste maat?

Hoekom dan nie julle liefde en dié dag waarop julle groot lewensavontuur begin saam met ons op kykNET vier nie?

 Ons sprokiesbruilof – ’n splinternuwe werklikheids-TV-program wat vroeg volgende jaar op DStv-kanaal 144 uitgesaai word – sal ’n rits gelukkige paartjies volg van die voorbereidings na die altaar en tot by die onthaalmakietie daarna.

En die aanbieder? Niemand anders nie as Sorina Erasmus. Ja, die Flooze, maar in ’n heel nuwe gedaante. 

As jy en jou verloofde ’n interessante storie het om te vertel en boonop vriende en familie het wat op TV sal skitter – stuur vir ons ’n uitnodiging en wie weet. Ons kom hou dalk saam met jou die sprokiesbruilof waarvan jy nog altyd gedroom het.

Besoek ons kykNET-webwerf vir meer besonderhede, inskrywingsvorm asook bepalings en voorwaardes: http://kyknet.dstv.com/2016/10/20/skryf-in-vir-ons-sprokiesbruilof/

 

 

  • 1

Kommentaar

  • yvette v tonder

    Uiters swak program, regtig kry iets wat meer kwaliteit het. Aanbiedster kan gerus hulp kry om prof te lyk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top