Persverklaring: Kompleks – twee heelalle, vier harte, een siel

  • 0

Kompleks, die nuwe dramareeks wat op 22 September begin, is eiesoortig. ’n Reeks op vele vlakke met ’n sterk rolverdeling en ’n ewe sterk span agter die skerms.

“In letterkunde word verwys na bildungsromans. In Nederlands word dit ’n vormingsroman genoem. Louis Pretorius, wat die reeks geskryf het, noem dit ’n coming of age storie.

“Dis ’n ligte drama en ’n coming of age story in die klassieke styl van reekse uit die 90’s soos Dawson’s Creek en My so called life,” sê Louis wat saam met Albert Snyman ook vir reekse soos Die boekklub en Fynskrif verantwoordelik was. “Die reeks het sy ontstaan uit tienerwees en die onvermoë om te sê wat mens werklik voel; ’n kollektiewe geheue uit ons almal se grootword in die 90’s wat na 2019 verplaas is.”

Die storielyn is veelvlakkig. Aan die een kant die storie van twee tieners, maar aan die ander kant hoe besluite wat ons neem ons lewe kan beïnvloed. Volgens Louis is die reeks nie net gemik op jongmense nie, maar op almal wat hulle hart al verloor het.

Die een heelal is die wintervakansie van 2019. Sean en Mika (gespeel deur Arthur Falko en Melissa Myburgh) se vriende is weg met vakansie en hulle is alleen by die huis. Sean se ouers, gespeel deur Milan Murray en Stian Bam, leef in stilte, terwyl Mika se ouers (Therese Bam en Paul du Toit) op skei staan. Deur ’n sameloop van omstandighede ontmoet die twee tieners en alles verander. Tussendeur lukrake gesprekke, planete soek en ’n gedeelde liefde vir musiek, begin ’n verhouding wat beide se lewens sal definieer. 

In ’n ander heelal, soortgelyk aan die eerste een maar tog anders, is dit die begin van 2019. In hierdie heelal is Sean en Mika heelwat ouer. Sean (Armand Aucamp) is ’n aktuaris en sy vriende dink hy’s alleen. Mika (Roeline Daneel) is ’n weduwee en haar dogter dink sy is alleen. Dan ontmoet Sean vir Belinda (Greta Pietersen) en Mika vir Tristan (Ivan Botha). Albei oorweeg dit om die liefde nog ’n kans te gee, maar in hul agterkoppe is ’n wintervakansie van baie jare gelede en die vergete droom van ’n vriendskap. 

Die twee wêrelde word oorbrug deur Koos Kombuis wat as verteller van die reeks optree. Deon Meiring is vir die temalied verantwoordelik en sy, sowel as Kombuis se treffers, word deur die loop van die reeks gebruik. Verteltegnieke soos die hoor van die tieners se gedagtes, gesplete skerms, en abstrakte beelde om emosies uit te beeld, gaan sorg vir ’n unieke kykervaring. 

Ander spelers in die reeks sluit in Crystal Donna Roberts, Stephren Saayman, Wian Taljaard, Nicol Steyn, Keeno Lee, Daniah de Villiers en Nancia Dorland.

  • Die reeks, wat onder streng maatreëls tydens inperking verfilm is, bestaan uit nege halfuur-episodes en begin op 22 September om 20:30.

.............

Kompleks – two universes, four hearts, one soul

Kompleks is a new drama series with many layers, a quirky look at young love and in the hands of a talented team in front and behind the cameras. Louis Pretorius, who wrote the series, calls it a coming of age story.

“It is a light drama in the classical style of 90’s series such as My so called life and Dawson’s Creek,” explains Louis who, together with Albert Snyman, was also responsible for series such as Die boekklub and Fynskrif . “The series was born out of memories of being a teenager and the inability to express how you feel.”

On the one hand the story of two teenagers is told, on the other side it looks at how the decisions we make can influence our entire lives. The series is not only for young people, but for anyone who has lost their hearts at some stage.

In one of the universes it is the winter holiday of 2019. Sean and Mika (played by Arthur Falko and Melissa Myburgh) are two teenagers. They are at home and their friends are away. Sean’s parents (played by Milan Murray and Stian Bam) exist in silence, while Mika’s parents (played by Therese Bam and Paul du Toit) are about to divorce. Then by pure chance - which includes a wasp and a dog leash - the two teenagers meet, and everything changes. Through random conversations, planet hunting, and a shared love for music, a relationship starts that will define their entire existence. 

In another universe, similar to this one yet different, it is the beginning of 2019. In this universe Sean and Mika are much older. Sean (Armand Aucamp) is an actuary and his friends think he is lonely. Mika (Roeline Daneel) is a widow, and her daughter thinks she’s lonely. Then Sean meets Belinda (Greta Pietersen) and Mika meets Tristan (Ivan Botha). Both decide to give love another chance, but in the back of their minds is a winter holiday many years ago and the forgotten dream of a friendship. 

The two universes are brought together with Koos Kombuis as the narrator of the story. Deon Meiring is responsible for the theme song and his, as well as Kombuis’ songs, are used throughout the series.

Story telling techniques such as hearing the teenagers’ thoughts, split screens, and the use of abstract imagery to portray emotions, will ensure a unique viewing experience. 

The series also stars Crystal Donna Roberts, Stephren Saayman, Wian Taljaard, Nicol Steyn, Keeno Lee, Daniah de Villiers and Nancia Dorland.

  • The series, that was shot under strict rules and regulations during lockdown, comprises of nine 30 minute episodes and starts on 22 September at 20:00 on kykNET (DStv channel 144).
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top