Persverklaring: Internskap by Naledi

  • 0

Naledi bied by die aanvang van 2024 ’n voltydse internskap aan vir ’n persoon wat pas afgestudeer is.

  • Die ideale kandidaat is iemand wat ten volle toegewyd is aan entrepreneurskap in die uitgewersbedryf.
  • Naledi soek ’n individu met ’n sterk passie vir uitgewery, besigheidsontwikkeling en ’n diepe belangstelling in skrywers, tekste, en huidige tendense.
  • Die kandidaat moet leergierig en opgewek wees, en beskik oor ’n sterk selfbeeld en uitstekende menseverhoudinge.

Die persoon moet gedurende die eerste jaar van opleiding byna geheel en al finansieel selfonderhoudend wees. Ons bied ’n langtermyn, volhoubare toekomsverwagting by Naledi.

Aansoeke: Stuur jou CV en aansoek na naledi@mweb.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top