
Die FAK se Kaapkantoor nooi graag die FAK-vriende in die Suid-Kaap uit na ’n huldigingsgeleentheid vir CJ Langenhoven om hom 150 jaar ná sy geboorte, in 1873, te herdenk by sy woning, Arbeidsgenot, in Oudtshoorn. Bring gerus u familie en vriende saam.
Kom luister na ’n praatjie oor die lewe en werk van Langenhoven en wandel deur Sagmoedige Neelsie se woonhuis en werkskamer wat vandag ’n Nasionale Gedenkwaardigheid is en leer ken sy menswees en nalatenskap in die vertrekke – en moenie van Herrie die olifant vergeet wat jou in die tuin ontmoet nie.
In Augustusmaand vier ons ook Taalmaand en onthou die groot rol wat CJ Langenhoven gespeel het in die ontwikkeling van Afrikaans en sy omvangryke literêre nalatenskap. Bring gerus jou gunstelingspreuk van Langenhoven saam na die geleentheid.
Wanneer: Sondag, 13 Augustus 2023
Waar: Arbeidsgenot, Oudtshoorn
Tyd: 14:00
Koste: Toegangsfooi en koffie ingesluit
Volwassenes: R30
Leerders: R20
Die program sluit ook ’n kranslegging by sy graf in. Lede van organisasies wat die geleentheid bywoon, is welkom om ook namens ’n organisasie ’n eie krans te lê by die graf.
Vooraf inskrywing en EFT-betaling teen Donderdag 10 Augustus 2023 word vereis vir logistieke doeleindes.
Skryf in by die skakel https://forms.gle/GYUFr52TQ7uK3voH8 teen die sperdatum.

