Persverklaring: Gratis kreatiewe kursus vir opkomende skrywers in Kimberley

  • 0
........
Die Jakes Gerwel Stigting en die Sentrum vir Kreatiewe Skryfkunde en Afrikatale aan die Sol Plaatje Universiteit bied vanaf 14 tot 16 Oktober vanjaar ’n gratis werkswinkel aan opkomende Afrikaanse skrywers, digters en dramaturge. Verskeie gevestigde en gevierde skrywers, digters, dramaturge en dosente sal deur die verloop van die kursus sessies oor die skryfkuns aanbied.
.........

Die Jakes Gerwel Stigting en die Sentrum vir Kreatiewe Skryfkunde en Afrikatale aan die Sol Plaatje Universiteit bied vanaf 14 tot 16 Oktober vanjaar ’n gratis werkswinkel aan opkomende Afrikaanse skrywers, digters en dramaturge. Verskeie gevestigde en gevierde skrywers, digters, dramaturge en dosente sal deur die verloop van die kursus sessies oor die skryfkuns aanbied.

Die doel van hierdie projek is om nuwe skrywerstemme te vind en stories, toneelstukke en gedigte te help ontwikkel wat ons letterkunde sal verryk en verruim. Daar word veral gesoek na stories oor gemeenskappe wat nog nie voldoende oopgeskryf is nie.

 Die Jakes Gerwel Stigting bied jaarliks intensiewe mentorskapsprogramme aan by Paulet Huis op KwaNojoli (voorheen Somerset-Oos) in die Oos-Kaap. Hierdie historiese huis het aan Jakes Gerwel behoort, en is na sy dood deur sy weduwee, Phoebe Gerwel, aan die stigting geskenk. Prof Gerwel was ’n intellektueel en brugbouer wat daarin geglo het dat opvoeding en die ontsluiting van alle Suid-Afrikaners se potensiaal die boustene is vir ’n gelyke samelewing.

“Ons is ernstig oor die bevordering van die letterkunde, juis omdat ons die waarde van woorde besef. Boeke kan genees, mense bymekaar bring en groter begrip vir mekaar skep. Die belangrikheid van skrywers in ons samelewing mag nooit onderskat word nie. Juis hierom gaan haal ons hulle nou ook in Kimberley,” sê Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting.

Belangstellendes moet teen 18 September 2026 ’n kort skrywersbio, volledige kontakdetail, en een van die theo@jgf.org.za e-pos: vyf gedigte, een kortverhaal (ongeveer 2000 woorde), ’n hoofstuk uit ’n roman, of ’n dramateks. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie, en daar sal geen individuele terugvoer oor die aard van die aansoeke gelewer word nie. Met opkomend word bedoel dat die skrywer of digter nog nie voorheen gepubliseer het nie.

Meer inligting oor die Jakes Gerwel Stigting is beskikbaar op www.jgf.org.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top