Persverklaring: Gespreksreeks fokus op Wellingtonners se passies

  • 0

’n Nuwe gespreksreeks, "Dis my ding, Wellington" word van stapel gestuur by die Breytenbachsentrum op Wellington. Dit sal die kollig plaas op Wellingtonners se passies en projekte, en hulle kans gee om te gesels oor die kreatiewe idees, hartsgoed of stokperdjies waarmee hulle hulself besig hou.

Die reeks skop op Woensdag 17 Mei af met ’n gesprek oor hoe die Breytenbachsentrum self in 2007 tot stand gekom het. Sedertdien het dit die kulturele hart van Wellington geword, en skep ’n ruimte vir kreatiwiteit in verskillende vorme. Dis onder meer ook die tuiste van ’n tweedehandse boekwinkel, ’n kunsgalery, die Bôrdienghuis Teater, die Breytenbach Boekklub, ’n filmklub en die jaarlikse Tuin van Digters-fees geword.

Die drie oorblywende stigterslede, Eugenie Wiggins, Johan Conradie en dr. Manie Rust, sal meer vertel oor die pad wat hulle gestap het om die Breytenbachsentrum tot stand te bring, en wat hulle destyds daartoe gedryf het.

Toegang is gratis. Bespreek asb by 061 156 5386.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top