Persverklaring: Francois van Coke & vriende 2023 in Kaapstad!

  • 0

Francois van Coke & Neon Dreams (Fotograaf: AJ Howard)

Francois van Coke & Vriende 2023

Kaapstad / Grand Arena / 16 September

Kaapstad! AMP Events en Francois van Coke bring die sterbelaaide Francois van Coke & Vriende 2023 na sy tuisdorp op 16 September by Grand Arena, GrandWest.

Hierdie konsert verkoop elke jaar vanaf 2018 uit by SunBet Arena in Pretoria, so kom sien self hoekom hierdie konsert só gewild is.

Francois van Coke & Vriende is nie net goeie vriende en medekunstenaars nie. Hulle is ook medeskrywers van jou gunsteling Afrikaanse alternatiewe treffers. Dis nou al tradisie dat Francois elke jaar nuwe liedjies saamskryf, opneem en vrystel met ‘nuwe’ vriende in aanloop na hierdie uiters gewilde konsert.

Ervaar vanjaar se nuwe samewerkings op die verhoog met Loufi, Zaan Sonnekus, Neon Dreams en Tasché, plus ander gehoor-gunstelinge soos Elandré, Van Pletzen, Fokofpolisiekar, Jack Parow en meer!

  • Plek: Grand Arena at GrandWest
  • Datum: Saterdag, 16 September 2023
  • Prys: Vanaf R295
  • Kaartjies:
  • Facebook: FvC&VriendeKAAPSTAD

Die Vriende op Grand Arena se verhoog hierdie jaar:

  • Neon Dreams
  • Fokofpolisiekar
  • Elandré
  • Zaan Sonnekus
  • Loufi
  • Tasché
  • Jack Parow
  • Van Pletzen
  • Hunter Kennedy
  • Van Coke Kartel
  • Die Heuwels Fantasties
  • Die Gevaar

Bring JOU vriende!

Francois van Coke is besig om sy En Vriende II kortspeler snit-vir-snit vry te stel in aanloop na die gewilde  konsert by Grand Arena (GrandWest) in Kaapstad op 16 September.

Francois het presies dieselfde gedoen in September 2018 met die En Vriende EP.

Die volgende snitte vanaf En Vriende II is reeds uitgereik:

1.) Francois van Coke & Zaan Sonnekus:

2.) Francois van Coke & Tasché: As ek weg is

3.) Francois van Coke & Neon Dreams: The Real Thing

4.) Francois van Coke & Loufi:

5.) Francois van Coke feat. Hanu de Jong: O, My Donner

En Vriende II word in sy geheel vrygestel op 14 September.

Dié nuwe musiek saam met Neon Dreams, Loufi, Tasché en Zaan Sonnekus kan gesien word op Francois van Coke & Vriende se verhoog.

SKAKELS:

Webwerf: francoisvancoke.co.za / Twitter: @FrancoisVanCoke / Facebook: francois.vancoke / Instagram: francoisvancoke

AMP Events:

Twitter: @AMPSAEvents / Instagram: amp_events / Facebook: AMPEventsSA

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top