
Feesdirekteur: Darryl David
![]() |
![]() |
Bekyk die program hier!
Feesimpresario Darryl David het weer ’n opwindende aantal sprekers genooi om op te tree by die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 tot 25 September 2022 in Cradock plaasvind.
Etienne van Heerden het in die Cradock-distrik grootgeword en verskeie van sy romans gebruik die dorp as ’n literêre ruimte. Dit is waarom Darryl David besluit het om Etienne van Heerden se naam aan hierdie fees te koppel.
Hierdie jaar gaan Van Heerden se jongste roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld, se vertaling boonop by die fees bekendgestel word. Die Engelse titel is A library to flee. Henrietta Rose-Innes, die vertaler, sal ook die fees bywoon.
Diegene wat vertroud is met Darryl David se feeste sal weet dat hy ’n diverse groep mense kry om oor hulle eie werk te gesels. Elke persoon kry die geleentheid om te skitter. So skuur nuwelinge skouers met skrywers wat al talle pryse verower het, en plaaslike inwoners praat soms direk na diegene wat reeds internasionaal bekend is.
Hierdie fees gaan geen uitsondering wees nie.
Die volgende sprekers het reeds bevestig dat hulle sal optree:
- Amos Nteta
- Chris Marais en Julienne du Toit
- Christi van der Westhuizen
- Clinton du Plessis
- Darryl David
- Doreen Atkinson
- Elise Bishop
- Etienne van Heerden
- Freda Froelick
- Heilna du Plooy
- Heindrich Wyngaard
- Hennie van Coller
- Henrietta Rose-Innes
- Izak de Vries
- Jean Meiring
- Jo Els
- Loit Sôls
- Marnus Hattingh
- Mphuthumi Ntabeni
- Sidney Gilroy
- Theresa Hardman
- Tony Jackman
Die Veldsoirée dra by tot die verryking van die Oos-Karoo se kulturele kapitaal. Vanaf 2022, byvoorbeeld, bied LitNet in samewerking met Die Tuishuise & Victoria Manor ook die jaarlikse LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap aan.
LitNet bied ook jaarliks in Cradock se buurdorp, Somerset-Oos, in samewerking met die Jakes Gerwel Trust, die Kommadagga Slypskool vir ontwikkelende skrywers aan.
Die Etienne van Heerden Veldsoirée is ’n inisiatief van Darryl David en word tegnies ondersteun deur Lisa Ker, die bestuurder van Die Tuishuise & Victoria Manor. Sy is ook die dryfveer agter die Schreiner Karoo Writers Festival wat in Cradock plaasvind.
Dirkie Visser, die eienaar van Buffelshoek Dirosie Lodge, en Pieter de Kock, die lodge se bestuurder, verleen ook bystand met die program.
Die Etienne van Heerden Veldsoirée word moontlik gemaak deur die enorme ondersteuning van Die Tuishuise & Victoria Manor en Buffelshoek Dirosie Lodge.
Enigeen wat die fees wil bywoon, word dus vriendelik aangeraai om een van hierdie twee instansies te nader vir akkommodasie.

Lisa Ker
048 881 1650
www.tuishuise.co.za

Pieter de Kock
060 433 4797
buffelshoek.gamelodge@gmail.com
Die meeste lesings gaan aangebied word by die Victoria Manor of by Buffelshoek Dirosie Lodge.
LitNet tree as mediaborg op om die soirée te ondersteun.
Izak de Vries is die logistiese bestuurder, navrae kan aan hom gerig word by izak@litnet.co.za.
Lees ook:
Program/Programme: Etienne van Heerden Veldsoirée 23–25 September 2022


Kommentaar
Ek sal dit graag wil bywoon.
Was al voorheen daar.
Sal ook graag wil bywoon. Het meer inligting nodig oor ķoste van verblyf en koste van lesings. Groete, Ria Greaves
Beste Ria. Die finale koste vir die fees sal binnekort gebubliseer word. Intussen sou jy die onderskeie verblyfruimtes kon nader vir kwotasies - die detail is in die perverklaring vervat. Dankie vir die navraag.