Persverklaring en uitnodiging: Landskep by die Breytenbachsentrum

  • 0

land – 

1land
    I s.nw., lande; landjie.
    1 (slegs i.d. ekv.) Oppervlak v.d. aarde waar dit nie deur water bedek is nie;          teenoor see of water en lugAan land bring, gaan, kom. Oor land reis, trek.

skep (w), ge- 1. Iets uit niks voortbring. 2 Genereer. 3. Lewe gee. 4. Voortbring uit eie vinding.

  1. Kunsvorm, kunsgestalte gee.

skep
    I ww., het geskep; byv. en byw. skeppende, skeppend, geskepte, geskep.
    

2skep ww.,  1 Iets nuuts voortbring of laat ontstaan, dikw. uit bestaande grondstowwe, elemente of bestanddele; 

(Verklarende Afrikaanse Woordeboek ; Labuschagne & Eksteen)

/www.woordeboek.co.za

 

Jed Kritzinger en Trudy Oosthuizen, twee uiteenlopende kunstenaars, stal eersdaags uit by die Breytenbach Galery in Wellington.

Jed, befaamde argitek van Kaapstad, het jare lank in Londen gewerk. Tydens besoek aan Switserland ontdek hy die kunstenaar, Walter Mafli.  Malfi se werk het hom so inspireer,  dat hy na jare weer begin skilder het.

Die seun van Ladysmith in KwaZulu-Natal se eerste landskap was een van die Drakensberg. Vandaar sy voorliefde, steeds, vir landskappe. Maar die argitek in hom het ook geboue in sy landskappe begin skilder. Dit het weer gelei het tot sy weerspieëling van stedelike landskappe.

Jed Kritzinger se olieskildery word gekarakteriseer deur breër, losser kwashale, met sterk grafiese lyne, soos gesien deur sy argiteksoog.

Trudy het redelik onlangs haar toetrede gemaak tot die wonderwêreld van keramiek. Sy moes eers vyf beroepe beoefen voor sy kon oorgee aan die skeppende vryheid van klei. Na ’n kort intreekursus in ’n poging om basiese tegniek te leer, besluit sy om haar eie kop te volg en regterbrein die oorhand te gee. Maak nie saak hoe die keramiekoond se god haar gestraf het oor haar impulsiwiteit nie, sy het die skerwe opgevee en weer eksperimenteer. Haar skeppings wissel van muurborde tot potte  tot beeldhou. Sy is bekoor deur ruwe teksture, aardse, visueel prikkelend,  die dekoratief. Haar werk het doelbewuste onafgewerkte teksture en sy verkies om te speel met die onvoorspelbaarheid van oksides en kleursels.

Elke item het ’n storie of inspirasie en sy skep intuïtief uit ’n bron van verwondering en sensualiteit.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top