Persverklaring: Drie van die bestes | Momentum Beleggings Aardklop 2023

  • 0

’n Samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede – in een produksie op die verhoog. As solokunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg: Germandt Geldenhuys, bekend as akteur en vir sy kragtige tenoorstem, Mathys Roets met die rustige, fluweelstem en Danie Niehaus as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer.

Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a cappella-sang en samesang wat hulle ’n gedugte kombinasie maak. Saam sorg hulle vir ’n ongelooflike musikale reis.

Mathys Roets vertel hoekom hy dink hierdie resep so goed werk:

“Ek dink dis die eerlikheid. Ons speel net waarvan ons hou. Ons probeer nie iets aan die gehoor verkoop wat ons dink populêr sal wees nie. Ons kan iets eenvoudig soos Bobbejaan klim die berg in stemme doen of ou universiteitstreffers sing en die gehoor reageer elke keer. Die uniekheid in kombinasie van stemme en hoe ons mekaar kan volg op die verhoog, is wat die produksie laat werk.”

Germandt Geldenhuys is die nuutste lid van dié ensemble en is baie opgewonde oor die geleentheid om saam met Mathys Roets en Danie Niehaus te kan werk:

“Dit was een van die grootste seëninge wat oor my pad gekom het. Ons drie maak so lekker musiek saam op die verhoog, maar kom ook baie goed oor die weg van die verhoog af. Ek leer só baie by hulle - Danie en Mathys het dekades se ervaring in die musiekbedryf en op verhoog, maar op die ouend van die dag is ons net drie “like-minded” mense wat saam musiek maak.”

Om die volledige onderhoude te sien, kan lesers die QR-kode na Aardklop se splinternuwe Youtube-kanaal volg of by dié skakel gaan draai: https://www.youtube.com/@Aardklop

Lentedag aflsag! Op Donderdag 31 Augustus en Vrydag 1 September kry jy 30% Lentedag afslag op hierdie produksie! Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting. Volprys R200, maar dan slegs R140!

Met: Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys 

Genre: Kontemporêre musiek
Taal: Afrikaans, Engels, Italiaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 70 min.
Venue: Totius Saal
Datum en tyd: 4 Okt. 19:30, 5 Okt. 13:00
Kaartjies: R200, R180 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Kaartjieverkope is reeds oop.

Besoek ons webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top