Persverklaring: Die UJ-debuutprys vir Afrikaans en ander debuutpryse

  • 0

Met verwysing na onlangse foutiewe beriggewing in die media waarin die UJ-debuutprys vir Afrikaans en die Ingrid Jonker-prys ter sprake kom en ter opklaring van wenners van hierdie pryse:

Die UJ-debuutprys (Universiteit van Johannesburg debuutprys vir Afrikaans) is ’n institusionele prys en word sedert 2000 toegeken aan debutante van ’n bepaalde jaar en in enige genre. Die wenners sedert 2009 is: Loftus Marais (2009), Karin Brynard (2010), Nicole Jaekel Strauss (2011), SJ Naudé (2012), André Kruger (2013), Dominique Botha (2014), Stephanus Muller (2015), Roela Hattingh (2016), Bibi Slippers (2017), Jolyn Phillips (2018), Lodewyk G. du Plessis (2019), Ruan Kemp (2020), en Ryan Pedro (2021).

Die Ingrid Jonker-prys is ’n onafhanklike prys vir poësie ingestel in 1965 en die beoordelaars is telkens reeds gepubliseerde digters. Die voorsitter is tans die digter Marius Crous. Die Ingrid Jonker-pryswenners sedert 2009 is: Loftus Marais (2009), Melt Myburgh (2011), Hennie Nortjé (2013), Nathan Trantraal (2015), Hilda Smits (2017), Pieter Odendaal (2019), en Ryan Pedro (2021).

Hierdie pryse, en die ontvangers daarvan, moet nie verwar word met die prys wat as Ingrid Jonker: L’ Art Poétique bekend staan nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top