Persverklaring: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2023

  • 0

Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2023

(Digdebute met ’n ISBN)

Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2023.

Voltooi asb die aangehegte inskrywingsvorm en besorg dit saam met drie eksemplare (nie PDF-weergawes) van die digdebuut wat in die jare 2021 of 2022 verskyn het en volgens die reglement vir die Ingrid Jonker-prys in aanmerking kom, aan:

Die Ingrid Jonker-pryskomitee
c/o Prof Marius Crous
Main Building Office 4-401
South Campus
Nelson Mandela University
Gqeberha
Tel. 041-504 3791 / 2227

Stuur dit asseblief per koerier.

E-pos asseblief ook die inskrywingsvorm aan die sameroeper van die komitee, Marius Crous, by: marius.crous@mandela.ac.za

Die sluitingsdatum vir voorleggings is 5 Junie 2023.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top