
Die afgelope jaar het die mat onder mense se voete uitgeruk. Ons moes gewoond raak aan ’n nuwe manier van lewe en vir menige was dit ’n tyd van swaarkry en sente omdraai.
Dankie, Lottoland is ’n nuwe program wat daarop gaan fokus om ’n hand uit te reik na dié wat dit die nodigste het. In hierdie reeks van dertien episodes gaan daar gefokus word op verskeie liefdadigheidsorganisasies; daar sal byvoorbeeld warm water aangelê word, of kos en beddegoed sal verskaf word.
“Maryke Haywood van Lottoland wou ’n verskil in mense se lewens maak,” sê een van die vervaardigers van die program, Johrné van Huyssteen. “Ek en my medevervaardiger, Francois Nolte, het toe saam met haar en haar span gesit om te kyk watter konsep vir TV kan werk. Die uiteinde was Dankie, Lottoland.”
In elk van die programme gebruik ons twee bekendes by ’n liefdadigheidsorganisasie wat hulle na aan die hart lê. Hulle besoek die organisasie, vind uit wat broodnodig is en dan om in die behoefte te voorsien. In die eerste episode van die reeks besoek Dewald Wasserfall en Simoné Pretorius Rock of Hope, ’n plek van veiligheid vir baba’s en jong kinders in Pretoria, en hulle maak ’n reuseverskil in dié organisasie se bestaan. Ander bekendes wat in die reeks ’n verskil gaan maak, is o.a. Francois van Coke, Duane Vermeulen, Mimi Mahlasela en Therese Bam.
“Ons het met hierdie projek net weer besef wat die waarde van die woord dankbaarheid is, veral in hierdie tye,” sê Johrné. “Daar is soveel oomblikke wat uitstaan. Dis ongelooflik om te sien wat mense se reaksie is wanneer daar vir lank nie lig op die horison was nie, maar nou word daar ’n uitkoms gebied.”
Dankie, Lottoland is nie net ’n droom wat vir Lottoland waar geword het nie, maar ook vir Johrné en Francois.
“Ons ken mekaar al 27 jaar,” sê Johrné. “Ons het saam studeer en toe later vir ses jaar saam Gons op kykNET en MK aangebied. Nou, ná bykans ’n dekade, werk ons saam as vervaardigers en kan ons ’n impak op mense se lewens hê. Wat ’n voorreg.”
Dankie, Lottoland begin op Saterdag 3 April om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Kommentaar
Ek is mal oor die program en ook oor die werk wat julle doen om mense se drome waar te maak en ook 'n verskil te maak. Dit is so, so awesome, regtig.
Hallo. Ons bly in die goudvelde en Allanridge is 'n dorpie hier by ons. Hul kinders is by ons in die skool, Brandwag in Odendaalsrus, maar die arme mense kry so swaar. Wil graag hoor of julle nie ook bietjie 'n kan help nie. Ek as onderwyser wil hul so graag help, maar kan nie regtig nie. Dit is regtig armoede op sy beste daar.
Baie goeie program, sal graag baat vind, awesomeness.
Awesomeness, program is baie goed.
Die program is 'n riem onder my hart. Dit is baie goed en ons Hemelse Vader voorsien. Wil net weet as jy weet van mense wat baie swaar kry, en alleenvader met 3 seuns, sonder werk en inkomste, hoe kan hulle gehelp word?
Beste Dankie Lottoland
Ek gee hierdie inligting deur vanaf Steinthal kinder- en Jeugsorgsentrum. Ons ervaar baie uitdagings daagliks met befondsing. Ek wil baie graag weet hoe kom ek in aanraking vir hulp by Fankie Lottoland. Ons sukkel met bedryfskoste en salarisbetaling. Ons het 45 werknemers indien.
Hi Christel, kan jy my bietjie meer vertel via whatsapp 079 882 5285, ek is nou nie deel van lotto land nie, maar wil graag kyk as ek kan help of mense kry om te help.
Dankie! Lottoland het my as polisieman weereens nuwe moed gegee. Ek en my vrou is reeds besig om na armes om te sien in ons gemeenskap. Ons het nie veel nie en gebruik tans van my salaris om ons medemens te help. Ons doen ook geestelike werk en help mense deur die genade van die Here om nie moedeloos en mismoedig te word nie. Ek en my seun bied selfs gratis gospelmusieklesse aan aan die kinders en jeugdiges. Want verniet het ek dit ontvang en verniet gaan ek dit gee. Dankie weereens vir die aanmoediging. Die program is fantasties. Namakwaland het glad nie ontspanning vir onse jeugdiges nie.
Julle is 'n stunning program wat mense weer insig en perspektief daarbuite gee. Min mense besef werklik wat daarbuite aangaan. Ons is self 'n NPO organisasie, Careson Angel, en wil graag hoor of dit moontlik is om 'n draai te gaan maak by Uncle Ben's Den, 'n sorgsentrum wat +-150 bejaardes en gestremdes versorg en geen staatshulp of subsidie kry nie.
Wil graag 'n skenking doen.
Dankie Lottoland
Die ACVV hier in George is 'n welsynsorganisasie wat omsien na 62 minder bevoorregte bejaardes. Hulle kry 1 bord kos 'n dag en verder maak ons staat op die gemeenskap vir skenkings en donasies, wat ook baie moeilik was die afgelope jaar. Sal graag met jul wil kontak maak as jul dalk iets kan beteken vir hierdie bejaardes in enige opsig. Groete Liezel.
Ek is mal oor julle program vir hoe julle 'n verskil in mense se lewens maak ek help. Twee huisgesinne; net om daai dankbaarheid te sien laat my goed voel, maar vandag het ek hulp nodig. Ek sukkel al drie jaar. Het 'n Down-sindroom seun. Hy het sy voortande op 37 verloor en het al 20kg verloor. Hy kan nie eet nie, ek het al by verskeie organisasies aangeklop. Niemand het fondse nie, my seun is werksaam by Epilepsy SA Springs. Ek wonder of julle kan help, asb. Ek is geskei.
Ons sou ook graag deel wou hê aan die wonderlike program vir ons mense op Excelsior by Pallecan Arts waar ons probeer om werk te skep en mense op te hef. Rina Els
Hi, waar kan ek aanklop vir hulp? Ek moet my huis restoureer en dit sal my R800 000 kos om hom klaar te maak. Ek is tans dakloos en my kind van 14 jaar wil so graag haar eie kamer hê.
Hi, ons is ook 'n organisasie wat dringend hulp nodig het.
Wil net graag hoor: My moeder is 82 jaar oud en het geen medies nie. Sy kan nie so iets beskostig nie. Sy het katarakte by haar oë en net miskien kan iemand haar ook help om beter te kan sien. Sy is woonagtig in Orkney, Noordwes. Ek is Retha, haar dogter, wat hulp vra namens haar asb.
Ek wil graag weet hoe gaan ek te werk as ek van iemand weet wat hulp nodig het vir 'n dogterjie wat tans 3 jaar oud is en gestremd is, asook blind. Die ouers kan nie vir haar al die toerusting soos bv 'n rolstoel wat in haar behoeftes voldoen, bekostig nie. Sy lê tans net of moet in die ouers se arms gehou word. Sy woon in Cradock in die Oos-Kaap. Kan jul haar dalk help?
Goeiedag, ek wil graag weet hoe ek met julle in kontak te kan kom? My pa was al die jare hardwerkend maar het laas jaar Junie 'n groot beroerte gehad, hy is deur diepe waters en ons kinders help waar ons kan, maar Pa gaan meer physio en spraakterapie nodig hê en hulle mediese fonds is uitgeput.
Kyk altyd "Dankie Lottoland", dan wens ek dat julle my ook so kan kom help. Ek en my ma bly in 'n eenslaapkamerplekkie. Dit is bietjie verwaarloos en kort regmaak. Ek het al bietjie reggemaak, maar het nie die geld nie. My pay is ook maar min. Ek is al skaam as daar iemand by ons kom kuier.
Kan julle asb help? Ons ouetehuis kort ’n nuwe baadjie, en ek ook. Ek sukkel elke maand om alles te betaal. Alles word AL duurder.
Goeie middag. Dankie, Lottoland. Ek wens julle kan ons ook help. Ons is besig met die kinders. Ons het hulle geleer brei. Hulle het al klaar hul sokkies gebrei. Ons nodig baie goed. Ons wil graag 'n verskil in die geneenskap maak en die kinders uit die straate uit hou.
Goeiemiddag, Dankie Lottoland, ons het so baie dinge om te doen. Ons begeerte is om kinderts te help om baie dinge te doen met hulle hande en graag 'n verskil maak vir die geneenskap en ons kinders uit die straat te hou.