
African Sun Media het tydens die Corona-viruskrisis 60 ekstra e-titels uit hul katalogus verniet beskikbaar gestel vir die publiek. Tans is 80% van al African Sun Media se e-titels verniet beskikbaar op verskillende e-platforms. Gaan kyk gerus hier om jou eerste e-boek te kry: .
Die aanbod sluit onder andere die volgende titels in:
- Aantekeninge by Koos Prinsloo deur Gerrit Olivier
- Amsterdam tot Zeeland: Slawestand tot Middestand? deur Hans Heese
- Die reis gaan inwaarts: Die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman deur Cas Wepener
- Die verhaal van die Griekse taal deur Gerrit van Wyk Kruger
- Die vlug van Gods verbeelding deur Allan Boesak
- Lig Wankelend deur Gerard Scholtz
- ’n Skrywer by sonopkoms: Hennie Aucamp 70 deur Lina Spies en Lucas Malan
- Taalkundige essays: ʼn Gerf uit die vroegskemer deur Frank Hendricks
En talle meer!
African Sun Media se e-titels is ook beskibaar van Amazon en Google Play Books.


Kommentaar
Ek sal baie graag van die titels wil probeer!