Persverklaring:  “ʼn Kans in Afrikaans!” praat met US oor regverdige taalbeleid

  • 3

ʼn Kans in Afrikaans! het 'n uitnodiging tot 'n private gesprek deur die visekanselier van die Universiteit Stellenbosch aanvaar.  Hiermee wil ons ons 'n bydrae lewer tot 'n regverdige taalbeleid.  Dit is ons standpunt dat die US se aanbod en kapasiteit in Afrikaans op ʼn gelyke vlak met Engels gehou word en dat dit saam met Engels en Xhosa uitgebrei word.  

ʼn Verhoogde toelating van spesifiek bruin Afrikaanse studente sal kwalik tot ʼn bruin “enklawe” en "oorkonsentrasie" by die Universiteit kan lei.  Hierdie groep word, volgens Statistiek Suid-Afrika, skromelik onderverteenwoordig in hoër onderwys.  Die US en ander universiteite behoort hulself te verbind tot die vernouing van die enorme gaping deur die skep van 'n bemagtigende ruimte as teenvoeter vir remmende Engelseentaligheid.

ʼn Kans in Afrikaans! se deure staan oop en ons sal te eniger tyd met die US en enige ander rolspelers in gesprek tree.  Ons sal ook voortgaan met ons veldtog vir toegang vir Afrikaanse studente en vat graag hande met almal wat ware meertaligheid en taalgelykheid by universiteite ondersteun.  Taalbesluite kan eenvoudig nie van bo-af afgedwing word nie, maar moet onderhandel word met almal wat daardeur geraak word.    

Die doelwit van ʼn regverdige bedeling vir taal en toegang by die US sal reguit praat verg.   ʼn Kans in Afrikaans! sal aanhou om dit te doen  ̶  in belang van ons land se grootste bate:  sy mensepotensiaal.

 

Danie van Wyk
Sameroeper
weskaap@saoot.org.za/083 3823565

 

Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

 

  • 3

Kommentaar

  • Avatar
    Johannes Comestor

    'n Private gesprek sal waarskynlik niks nie of min bereik. 'n Openbare debat sou baie beter gewees het. Daar moet nie net vir die belange van bruin Afrikaanssprekendes geskerm word nie. Blanke Afrikaanssprekendes het 'n baie meer gevestigde reg op Afrikaansonderrig aan die US.

  • Avatar
    Wilhelm Fourie

    Blank en bruin (en ander!) Afrikaanssprekendes kan net saam iets bereik. Dis ons morele plig om saam te werk.

  • Avatar
    Breyten Breytenbach

    Alle sterkte toegewens, Mnr van Wyk! (Julle sal net seker moet maak julle kom met dieselfde kleingeld en aantal selfone en so daar uit as waarmee julle ingaan.)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top